SuperSport Schools Plus

Kroonstad groet Saterdag een van die voorste rugbyadministrateurs in die Noord-Vrystaat

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-04-06

ChristoSwartKroonstad groet Saterdag een van die voorste rugbyadministrateurs in die Noord-Vrystaat. Christo Swarts (49) van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad is Sondag skielik weens ‘n hartaanval oorlede. 

Swart word Saterdag om 11:00 uit die NG Kerk Suid-Rand in Kroonstad deur ds. Hannes Els begrawe. 

Hy was sedert 2011 die Griffons se -liga sekretaris wat ook beteken het dat hy op die Griffons se Hoërskole-rugbyvereniging (GHRV) se uitvoerende bestuur gedien het. “Hy was ‘n entoesiastiese rugbyman en baie pligsgetrou,” het Kassie Kasselman, voorsitter van die GHRV, gesê.

Swart was van 2009 ‘n keurder vir die Griffons se Grant Khomo-span en was ook vanf 2011 die spanbestuurder van die span na die nasionale o.16-week. Hy het ook in 2016 die o.16B-span van die Perses gebrei. 

“Christo se papierwerk was altyd van hoogstaande gehalte. Wanneer ons by registrasie aangemeld het, het ons omtrent net deurgeloop, terwyl meeste van die groter unies moes skarrel om hul papierwerk in orde te kry,” het Nico Pretorius, skoolhoof van Bothaville wat vir vyf jaar saam met Swart op die Perses se Grant Khomo-bestuurspan was, gesê.

Volgens Pretorius het Swart altyd spesiale moeite met die beplanning vir die span se afdag gedoen. “Hy het dit baie spesiaal vir die seuns gemaak en altyd gesorg dat die seuns af van die veld spesiale herhinneringe van toernooie kon oorhou,” het Pretorius gesê. Swart was ‘n toerisme onderwyser en het altyd op toer gesorg dat sy spanne die besienswaardighede in die gebied waar hul op toer was besoek het.

HalfmasVlae ChristoSwart het olik begin voel tydens so besoek Sondag aan die Natal-span tydens Rooiskool se toer na Vryheid se jaarlikse Nashua-week. Hy het gekla oor ‘n pyn op sy bors en dat hy sleg voel. Hy is na ‘n dokter in Paulpietersburg geneem waar hy ‘n hartaanval gekry het.  

Swart en sy vrou, Suzette, is verlede jaar in Desember getroud. Hulle sou na die rugbytoernooi in Vryheid vir ‘n kort wegbreek die Krugerwildtuin besoek het. Swart was vir amper 20 jaar by Rooiskool betrokke. 

Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad is Dinsdag as kampioen van die week gekroon toe hy Kingsway oortuigend met 44-8 afgestof het. Die vlae het van Maandag af halfmas by die toernooi gewaai na die afsterwe van Swart. 

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.