Francois Klopper van Trekkers speel Bul-kontrak los
Voortrekker van Bethlehem se vaskopstut, Francois Klopper, het Dinsdag vir homself ‘n junior Blou Bul-kontrak met sy spel tydens die Blou Bulle se Prestige Rugbyfees op Loftus Versfeld in Pretoria losgespeel. Die Trekkers het wel hulle wedstryd teen EG Jansen van Boksburg met 10-30 verloor, maar Klopper het die Jakarandastad met ‘n bree glimlag verlaat.
Die Jansies se puik losskakel, Ruben Beytell, was self op sy stukke. Hy het twee keer met sy skerp breekslae die span van Bethlehem se doellyn oorgesteek. Beytell was ‘n lid van die SA Skole-sewesspan wat Saterdag ‘n internasionale toernooi in Windhoek gewen het.
In die hoofwedstryd van die dag het Garsfontein vir Diamantveld met 25-5 gewen. Die span van Pretoria se struktuur so vroeg in die seisoen het beindruk.
Sy buitesenter, Diego Appollis, is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys. Appollis het sy span se eerste drie gedruk na die losskakel, Barrie Schoombie, onderskep het. Die plaasvervanger-skrumskakel, Keagan Johannes, het toe hy die veld betree het ritme aan Garsies se agterhoede met sy flinke aangeewerk gegee.
Van die nege wedstryde tydens die dag het vier gelykop geeindig. Geen stelskoppe of skepskoppe is tydens die kragmetings van 25 minute per helfte toegelaat nie.
Puntemakers:
Garsfontein 25 (5) – Drieë: Diego Appollis, Juandré Scheepers, Juandré Breytenbach, CJ Steinhobel, Campwill Willemse. Diamantveld 5 (0) – Drie: Marco van Straaten.
Monument 30 (15) – Drieë: Morné Brandon (2), Stefan le Roux, Franco Schutte, Tumi Manoyane, Dian Oosthuizen. Welkom Gimnasium 10 (5) – Drieë: Wian van Staden (2).
EG Jansen 40 (25) – Drieë: Ruben Beytell (2), Franco van Eeden (2), Reinhardt Venter, Hugo Claassen, Jonathan O’Neill, Dominic McArthur. Voortrekker (Bethlehem) 10 (5) – Drieë: Francois Klopper, Marcel Engelbrecht.
Menlopark 30 (15) – Drieë: Jeppe High School for Boys’ 30 (20) – Drieë: Mangaliso Ntimba (3), Muzilkazi Manyike, James Msimango, Mohau Mohlahleli.
Potchefstroom Gimnasium 30 (20) – Drieë: Arno Gustafson (2), Willie Steenkamp, Edrich Cronje, Vernon Charslund, Kobus Swanepoel. Zwartkop 30 (5) – Drieë:
Kemptonpark 10 (5) – Drieë: Ettienne Poultney, Darryn Luyt. Goudveld-Hoërskool 10 (0) – Drieë: Craig Colby, Mpho Makata.
Ben Vorster 10 (5) – Drieë: Shima Molepo, Frans Pool. St. Alban’s College 10 (5) – Drieë: Cornal Korf, Aiden Ridgeway.
Pretoria THS 30 (15) – Drieë: Thabisho Mbatha (4), Tshiamo Mashilwane, Lehlohonoo Nyelele. Curro Heuwelkruin 25 (10) – Drieë: Reece Wynn, Dylan Cato, Hanco van Staden, Renier Gerber, André Kotze.
Pretoria Boys’ High 25 (10) – Drieë: Mpho Kubheka (3), Kagiso Woodbridge, Alex Viljoen. Oos-Moot 20 (10) – Drieë: Edmund Ludick (2), Emile Bester, Renier Vos.
- Athletics Rankings 2026 | Girls u19 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Girls u17 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Boys u17 - 2026-02-05




