Klofies se sterk vir Goudveld op sportdag
Daar bestaan geen twyfel dat Goudveld-Hoërskool se vertonings vanjaar van die spel van sy briljante losskakel, Tristen September, gaan afhang nie. September was weer op sy stukke, maar kon nie sy span van ’n loesing van 14-58 teen Waterkloof van Pretoria op sy tweede sportdag in Welkom red nie.
Wees egter gewaarsku dat daar nie veel uit die feit gelees kan word dat Welkom-Gimnasium vir Klofies met 25-15 in ’n wedstryd met slegs drieë op Loftus Versfeld geklop het nie. Die span van Pretoria het in die wedstryd sonder al sy atlete en krieketspelers gespeel.
Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad sal heelwat selfvertroue uit sy sege van 54-10 oor Sand du Plessis op dié sportdag put. Rooiskool het rustyd reeds ’n voorsprong van 35-0 opgebou.
Die span van Kroonstad se binnesenter, Martin Heyns, het ’n hele paar keer vlymskerp deur gapings in Sannies se verdediging geslyp. Die agtsteman, Dian de Beer, het in sy eerste wedstryd vir die eerstespan uitstekende gevaar en drie keer agter die doellyn gaan kuier. Hy het ook op ’n keer op ’n lopie vanaf sy span se eie tien tree afgesit om net kort van die doellyn gestuit te word.
Voortrekker van Bethlehem het sy seisoen met ’n glimlag begin deur Jim Fouché op sy tuisveld in Bloemfontein met 29-24 te klop. Die Trekkers gaan vanjaar gewis ’n span wees om mee rekening te hou in die Noord-Vrystaat.
JF se langeraat slot, Ernst Nebe, het gewys dat hy vanjaar nog ’n paar kragtige vertonings kan lewer. Die vleuel Flippie Jonck beskik oor die vermoë om geleenthede wat na sy kant toe kom uit te buit.
HTS Sasolburg het op Goudveld se sportdag nie veel probleme ondervind om Winburg met 52-10 af te ransel nie. President Steyn is sover die seisoen in die diep kant ingegooi. Hy het teen HTS Welkom met 12-35 sy rieme behoorlik styfgeloop.
Hoërskool Kroonstad (Blouskool) het op Gouties se sportdag sy seisoen met ’n sege van 15-7 oor Ficksburg afgeskop. Blouskool sal in die vakansie na Parys toer waar President Steyn en Brandfort ook vir oulaas aan hul taktiek vir die liga sal slyp.
Bloues se agtsteman, Piet van der Merwe, en flank Danie Meiring het voorlangs goed vertoon. In die agterlyn het die heelagter, Jaco van Zyl, en senter Mervin Touzel gevaarlik gelyk wanneer die bal lug gegee is.
Daniëlskuil het op Hartswater se sportdag vir Koffiefontein met 38-0 verslaan, terwyl Kalahari van Kuruman met 47-5 oor Blinkklip van Postmasburg baas was.
Puntemakers:
Waterkloof 58: Drieë: PJ Krugel (2), Duhann Gunter, Lund Roos, Ruan Allers, Alex Kok, Ruben Veldsman. Doelskoppe: Gunter (3), Ulrich Maritz (2). Strafdoel: Gunter. Goudveld-Hoërskool 14: Drieë: Tristen September, Lorenzo Cloete. Doelskoppe: September (2).
Voortrekker 29: Drieë: Jonathan Allison, Wessel van Huysteen, Sakkie Mollentze, Pieter van Zyl. Doelskoppe: Ruan van Niekerk (3). Strafdoel: Van Niekerk. Jim Fouché 24: Drieë: Stefan Coetzer, Willie van der Berg. Doelskoppe: Henco Venter (2).
AHS Kroonstad 54 (35): Drieë: Dian de Beer (3), Martin Heyns (2), Marinus Aucamp, Ivan Otto, Zack van Niekerk. Doelskoppe: Chappies van der Walt (7). Sand du Plessis 10 (0): Drie: Timothy Jones. Doelskop: William Bloem.
HTS Sasolburg 52: Drieë: Jovan Koeries (2), Cheslyn Jafta, Dealine Jafta, Ryan Davids, Kamo Motaung, Naigan Wolmarans, Adin Damons. Doelskoppe: Danwin Thomas (6). Winburg 10.
Hoërskool Kroonstad 15: Drieë: Jacques van Biljon, Hanro Coetzee, Danie Meiring. Ficksburg 7.
President Steyn 12: Drieë: Janco Nel, Andor van Brakel. Doelskop: Niel Smith. HTS Welkom 35.
Hennenman 27 (12): Drieë: Richard Badenhorst, Albé Venter, Juhze Piechaczek, Fanie Pretorius, Xolani Gongo. Doelskop: Venter. Paul Erasmus Senekal 10 (10).
Riebeeckstad 34 (12): Drieë: Docter Makubu (2), Nathan Fourie, Themba Malindi, Dibakiso Tladi, Johan Marais. Doelskoppe: Fourie (2). Hoërskool Bloemfontein 5.
Reitz 42: Drieë: Geyer Terblanche (3), Neil van der Merwe, Dawie Lombaard, Jacques-Louis van der Merwe. Doelskoppe: Neil van der Merwe (6). Generaal Smuts 0.
Landboudal 8 (3): Drie Handré Engela. Strafdoel: Tiaan van Wyk. Hottentots-Holland 35 (14).
Wilgeriver 12 (5): Drieë: Cobus Erasmus, Ruan Pretorius. Doelskop: Erasmus. Hoërskool Sasolburg 0.
Bothaville 36 (10): Drieë: Reinhardt Grobler (2), Morné Dodds (2), Hanco van Aswegen, Carlo Kleynhans. Doelskoppe: Kleynhans (3). Parys 0.
Waterkloof 58: Drieë: PJ Krugel (2), Duhann Gunter, Lund Roos, Ruan Allers, Alex Kok, Ruben Veldsman. Doelskoppe: Gunter (3), Ulrich Maritz (2). Strafdoel: Gunter. Goudveld-Hoërskool 14: Drieë: Tristen September, Lorenzo Cloete. Doelskoppe: September (2).




