SuperSport Schools Plus

Keurders wag nie op Stannard om te herstel

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-06-20

Die Vrystaatse Hoërskole-rugbyvereniging (VHRV) se keurders het ’n moeilike besluit die week geneem deur Niell Stannard nie vir die Cravenweek-toernooi van 14 tot 19 Julie in Middelburg (Mpumalanga) te oorweeg nie.

Stannard is tot Dinsdag kans gegee om van sy kniebesering te herstel. Die ortopeed dr. Gerhard Greeff het ’n stuk kraakbeen verwyder en Stannard behoort weer teen 1 Julie reg te wees om op die veld te draf. Die keurders het egter besluit dat hulle nie kan waag om tot dan te wag nie en moes ook hulle spanlys vir die toernooi dié week by Saru bevestig.

Mike Andrade sal dus sy plek op binnesenter behou en Saterdag teen die Griffons op sy tuisdorp, Brandfort, op die veld draf. Dit is Andrade se eerste wedstryd op sy tuisdorp sedert hy in 2013 na Grey-kollege geskuif het.

Daar is verskeie tweestryde wat bepalend in die kragmeting kan wees, maar die stryd tussen die twee skrumskakels, Jaywinn Juries (Griffons) en Shirwin Cupido (Vrystaat) behoort een van die hoogtepunte van die wedstryd te wees.

Die Perses se twee blitsige vleuels, Nazo Nkala en Jonathan April, se stryd teen die meer fisieke Dale Koopman en Patrick Mbangi van Vrystaat behoort ook hope vuurwerk op te lewer.

Die Perses kon laas in 2005 daarin slaag om die Vrystaat in die jaarlikse kragmeting te klop. Die span van die Noord-Vrystaat was toe 39-19 in die Noordwes-stadion in Welkom baas. Die Vrystaatse span is daardie jaar ’n groot slag in die wedstryd toegedien toe die losskakel, Frans Steyn, beseer is en toe nie op die Cravenweek in Bloemfontein in aksie was nie. Steyn het vroeër daardie jaar al die nasionale o.19-span verteenwoordig.

Die volgende jaar was dié kragmeting op Brandfort gehou en het die Griffons se losskakel en kaptein, Alex Vorster, ’n nekbesering opgedoen wat hom verhoed het om aan die Cravenweek in Johannesburg deel te neem.

Vorige kragmetings: 

2013Vrystaat61Griffons3For more Click Here
2012Vrystaat36Griffons17For more Click Here
2011Vrystaat57Griffons18For more Click Here
2010Vrystaat47Griffons10For more Click Here
2009Vrystaat57Griffons14For more Click Here
2008Vrystaat52Griffons34For more Click Here
2007Vrystaat82Griffons7For more Click Here
2006Vrystaat41Griffons12For more Click Here
2005Griffons39Vrystaat19For more Click Here
2004Vrystaat62Griffons5For more Click Here
2003Vrystaat23Griffons15For more Click Here

Die spanne is: 

Vrystaat: Louwtjie Steenkamp, Patrick Mbangi, Julian Jordaan, Mike Andrade, Dale Koopman, Dwayne Wessels, Shirwin Cupido, Alex Jonker, Victor Maruping, De Wet Bezuidenhout, Ruben Schoeman, Jurie Burger, Janu Botha, JC Janse van Vuuren, Ruben Terblanche. Plaasvervangers: Greydon Wenn, Gela Khanya, IG Prinsloo, Kian Skippers, Dian Badenhorst, Llewellyn Hein, Jeandré Christian.

Griffons: Ezrick Alexander, Nazo Nkala, Siyamamkela Ngxesha, Boeta Vermaak, Jonathan April, Luan James, Jaywinn Juries, Francois Stemmet, Henry Searle, JP Kalp, Erik Knoetze, Wesley McMaster, Armand van Wyk, Toffie van Zyl, Fanie Vermaak. Plaasvervangers: Nick Fortuin, Neo Mohapi, Niel Janse van Rensburg, Nathan Kemp, Jason Olivier, Kobus Kleyn, Tokkie van Zyl.

Die volledige bepalings van die dag is: 

A-veld – 08:30: Vrystaat Kiewiete t. Sandveld; 09:50: Suid-Vrystaat t. Oos-Vrystaat; 11:10: Vrystaat Arende t. Griffons Flaminke; 12:30: Vrystaat Arende XV t. Griffons-platteland Akademie; 13:50: Vrystaat Akademie t. Griffons Akademie; 15:10: Vrystaat o.18 t. Griffons o.18.

B-veld – 08:30: Suid-Vrystaat o.16 t. Oos-Vrystaat o.16; 09:45: Vrystaat Kiewiete o.16 t. Sandveld o.16; 11:00: Vrystaat o.16 XV-tal t. Griffons o.16B; 12:15: Vrystaat o.16 t. Griffons o.16; 13:30: Vrystaat LSOB o.16 t. Griffons LSOB o.16; 14:45: Vrystaat LSOB o.18 t. Griffons LSOB o.18.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.