SuperSport Schools Plus

Kempies vermorsel Jeugland

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-05-28

Hoërskool Kempton Park se 1ste rugbyspan het Saterdag geskiedenis gemaak deur Jeugland vir die eerste keer met meer as 50 punte op hul tuisveld te troef toe die besoekers 54-10 gewen het.

Kempies wat Jeugland al telkemale met 50 of meer punte gewen het, moes tot vanjaar wag om dit vir die eerste keer op hul bure se tuisveld te kon regkry.

Vanaf die afskop was dit duidelik dat Jeugland met negetiewe taktiek gaan probeer om Kempies se spelpatroon te ontwrig. Kempies se kaptein en losskakel Sydney du Plessis het vroeg in die wedstryd met ‘n strafskop geslaag. Du Plessis het die skare in die 26 minuut weer op hul voete gehad met ‘n briljante individuele drie. Jurie Snyman het kort voor rustyd met ‘n strafskop vir Jeugland geslaag. Kempies het geantwoord met ‘n strafskop van hul eie wat die rustydtelling op 11 teen 3 in Kempies se guns gebring het.

Nadat daar halftyd hard gepraat is deur die afrigters het Kempies behoorlik vlam gevat en Jeugland van hul voete gespeel. Jeugland het nie antwoord gehad vir Kempies se totale 15-man aanslag nie. Sewe drieë in die tweede helfde het gewys dat Kempies se agterspelers met goeie balbesit enige span aan flarde kan hardloop.

Puntemakers:

Vir Kempies:
Drieë: Sydney Du Plessis 2, Devon Marè 2, Hanno van Tonder, Ben Wepener 2, Kelvin Groenwald
Cons: Marnus Gruber 4
Pens: Sydney du Plessis 2

Vir Jeugland:
Drie: Sheldon Turner
Con: Jurie Snyman
Pen: Jurie Snyman

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.