Kan Florida in Puk Sport-reeks gestuit word
Dit gaan keer kos om die nuweling in die NWU-Pukke se Sportreeks, die Hoërskool Florida, se hande van die trofee af te hou. Florida het in sy eerste wedstryd in die reeks ‘n weghol-oorwinning van 81-5 oor Hartbeespoort behaal.
Die span se heelagter, Tino Swanepoel, het 41 van sy span se punte aangeteken. Hy het vyf van sy span se 13 drieë afgerond, terwyl hy ook met sewe doelskoppe geslaag het. Die kortste lopie waarmee die Leeus se Cravenweek-vleuel afgerond het was ‘n ongelooflike 60 meter.
Florida het verlede jaar nog aan die Tuks-reeks deelgeneem.
Die seisoen is nog in sy babaskoene, maar die Hoërskool Alberton se binnesenter, Jonathan Potgieter, het reeds ses drieë vir die seisoen agter sy naam.
Potgieter het gister in sy span se eerste wedstryd in vanjaar se NWU-Pukke Sport-reeks drie keer agter die doellyn in sy span se gemaklike sege van 51-7 oor Hoërskool Brits. Potgieter het ook verlede week in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Oosterlig ‘n driekuns behaal.
Alberton se losskakel, Francois Myburgh, het ook 21 punte tot sy span se oorwinning met twee drieë, vier doelskoppe en ‘n strafdoel bygedra.
Secunda het ook ‘n indrukwekkende sege van 48-7 oor Linden in dié reeks behaal. Die verdedigende kampioen het verlede jaar die titel verower deur die Hoërskool Alberton met 23-15 in die eindstryd te klop.
Standerton se naelskraapse sege van 15-14 oor Riebeeckrand is ook noemenswaardig.
Bastion het Dr. Malan van Meyerton met 37-15 in hulle kragmeting verslaan.
Hans Moore van Benoni het Hoogenhout met 38-24 geklop. Die span se senter Ruan Steenkamp het 18 punte tot sy span se sege bygedra. Hy het twee keer die doellyn oorgesteek en ook met vier doelskoppe geslaag.
Puntemakers:
Florida 81 – Drieë: Tino Swanepoel (5), Brandon Roberts (2), Nog Een (2), Juandré van der Merwe, Brink Bosman, Viljoen Botes, Francois Trollip. Doelskoppe: Swanepoel (8). Hartbeespoort 5 – Drie: D’artagnian Bole.
Secunda 48 – Drieë: Eben Windt (2), Renaldo Alberts (2), Tyrone Ferreira (2), Reghardt Strydom. Doelskoppe: Martin Venter (5). Strafdoel: Venter. Hoërskool Linden 7.
Hans Moore 38 – Drieë: Ruan Steenkamp (2), Thabo Ndimande (2), Jarrod Geral (2). Doelskoppe: Steenkamp (4). Hoogenhout 24.
Hoërskool Alberton 51 (17) – Drieë: Jonathan Potgieter (3), Ruben van der Berg (2), Francois Myburgh (2), Werner Mashau. Doelskoppe: Myburgh (4). Strafdoel: Myburgh. Hoërskool Brits 7 (0).
Hoërskool Standerton 15 – Drieë: Michael Crumplin, Francois Rossouw. Doelskop: JW Stemmet. Strafdoel: Stemmet. Riebeeckrand 14 – Drieë: Verhard Vorster, Jason Storm. Doelskoppe: Vorster (2).
Bastion 37 – Drieë: Jandré Venter (2), Juan Alberts, Chandré van der Berg, Juandré Combrinck, Morné Swanepoel. Doelskoppe: Ashley Potgieter (2). Strafdoel: Potgieter. Dr. Malan 15 – Drieë: Dohan Visagie, Henri de Klerk. Doelskop: Luke Steyn. Strafdoel: Steyn.
Ander spanne:
o.16: Secunda 33, Linden 13; Hans Moore 44, Hoogenhout 0; Brits 12, Alberton 5; Riebeeckrand 7, Standerton 6; Florida 26, Hartbeespoort 18; Bastion 27, Dr. Malan 5.
o.15: Linden 39, Secunda 8; Hans Moore 10, Hoogenhout 5; Brits 13, Alberton 5; Riebeeckrand 19, Standerton 12; Florida 33, Hartbeespoort 0; Dr. Malan 41, Bastion 0.
o.14: Secunda 19, Linden 5; Hans Moore 19, Hoogenhout 7; Brits 33, Alberton 17; Standerton 27, Riebeeckrand 0; Florida 71, Hartbeespoort 0; Dr. Malan 41, Bastion 0.




