SuperSport Schools Plus

Kaapse spanne bult spiere oor Paasnaweek

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-04-06

Die krag van Suid-Afrikaanse skolerugby lê vanjaar duidelik in die Wes-Kaap.

Die Kaapse spanne het op veral St. John’s College in Johannesburg en Kearsney College in Durban se onderskeie Paastoernooie hul stemme behoorlik dik gemaak.

Paul Roos-Gimnasium van Stellenbosch en die Hoër Jongenskool Paarl sal albei môre se laaste dag in die Goudstad onoorwonne betree.

Paul Roos het in ’n kragmeting in moeilike omstandighede met Jeppe Boys’ High (14-5) afgereken. Toe die twee spanne op die veld draf, het reën begin uitsak asof die wedstryd in die winter in Stellenbosch gespeel word. Paul Roos het Viadana, die besoekers uit Italië, op die eerste dag met 94-0 afgeransel. 

Dié span se heelagter Joshua Vermeulen het 39 van sy span se punte met drie drieë en 12 doelskoppe aangeteken. 

Die sterk senter Nico Leonard het vier keer agter die Italianers se doellyn gaan draai. Paul Roos kom môre teen Monument in sy laaste wedstryd van die toernooi te staan.

Boishaai het Monument van Krugersdorp in die eerste helfte van sy tweede wedstryd van die veld af gespeel. Die span van die Paarl het rustyd ’n stewige voorsprong van 25-3 geniet.

Sy slot Ruben de Villiers het in die los gewoel en ook in die lynstane vir Monnas probleme besorg. Die span van Krugersdorp het op die eerste dag teen St. Benedict’s College ook in die eerste helfte kleigetrap voordat hy die wedstryd met 38-15 gewen het.

Monnas het in die tweede helfte sterk teruggeveg om met net 20-25 teen Boishaai die aftog te blaas.
Die span van die Paarl het op die eerste dag St. John’s College met 52-0 oorrompel. In albei die span se kragmetings het sy heelagter Jean-Luc Cilliers met sy spel beïndruk.

Boishaai sal teen Garsfontein probeer om die toernooi onoorwonne af te sluit.

In die herontmoeting van verlede jaar se Beeldtrofee-eindstryd het Nelspruit se Rhinos weer daarin geslaag om Garsfontein met 28-16 te troef.

Garsfontein se twee SA Skole-spelers, die agtsteman PJ Toerien en skrumskakel Embrose Papier, het goeie spel vir die verloorspan gelewer. Papier het egter ook tien minute in die koelkas deurgebring.

Die Rhinos se haastige vleuel Eduan Engelbrecht het vanjaar witlynkoors. Hy het twee drieë in drie minute gaan druk om Garsies se doppie finaal te klink.

Die hotklou-losskakel Wessel Muller het ook met sy skopskoen seker gemaak sy span bly op die voorvoet. Die span het op die eerste dag hard gewerk om Hilton College met 22-9 te verslaan. Hilton se vleuel Darren McGhee het in sy span se tweede kragmeting met St. John’s College (25-7) die doellyn drie keer oorgesteek.

Nelspruit kan môre ’n fisieke stryd teen Jeppe Boys’ High verwag.

Maritzburg College se heelagter Ruben van Blerk was tot dusver sy span se ster op die oudste van die Paastoernooie – dié van St. Stithian’s College.

Van Blerk het met sy korrelwerk pale toe teen Grey PE sy span gehelp om met 20-16 te wen.

Die span van Pietermaritzburg was gister met 34-16 teen St. Alban’s College van Pretoria baas. Michaelhouse, nog ’n span van KwaZulu-Natal, het ook twee indrukwekkende vertonings op Saints se toernooi opgedis. Michaelhouse het Helpmekaar (52-19) en St. Stithian’s College (51-3) goeie drag slae gegee.

Grey PE was terug op die wenpad teen Helpmekaar (31-13). Dié span se twee sleutelspelers, die losskakel Curwin Bosch en senter Keanu Vers, was nog nie op hul stukke in die toernooi nie. Hulle kom môre teen Pretoria Boys’ High te staan. 

) Rondebosch Boys’ High het reeds gewys dat hy vanjaar tussen die voorste spanne in Suid-Afrika gaan tel.
Dié span van Kaapstad het in gister se hoofwedstryd van King Edward VII (KES) se toernooi in die reën met 10-10 gelykop teen die gasheer gespeel.

Rondebosch het op die eerste dag Durban High School met 20-8 geklop. KES het Ben Vorster van Tzaneen op die eerste dag met 54-12 verniel.

Hudson Park van Oos-Londen het ’n verrassing gelewer toe hy Hentie Cilliers van Virginia op die eerste dag met 53-10 verslaan het. Die span van Virginia het vroeër vanjaar Maritzburg College met 6-0 uitgestof.
Henties het gister ook teen Kingswood College met 26-28 vasgeval. Die span van Grahams­town se heelagter, Athenkosi Halom, het twee keer gaan druk.

Eldoraigne van Pretoria beleef ook ’n goeie toernooi met twee goeie seges oor HTS Daniël Pienaar (25-6) en Ben Vorster (10-7).

Puntemakers: 

KEARSNEY COLLEGE-PAASTOERNOOI
Dag Een
) Grey-kollege 22 (19) – Drieë: Gerrie Koegelenberg, Dawid Snyman, Jandré de Beer. Doelskoppe: Mario Vieira (2). Strafdoel: Vieira. HTS Middelburg 19 (7) – Drieë: JC Preto-
rius (2), JP Mans. Doelskoppe: Brandon Par-Bailey, Francois de Villiers.
) Affies 41 (20) – Drieë: Louritz van der Schyff (2), Jacobus van Staden (2), Pieter Coetzer, Henco Jordaan. Doelskoppe: Eddie Fouché (3), Jordaan. Strafdoel: Jordaan. EG Jansen 5 (5).
) Menlopark 25 (15) – Drieë: Stean Pienaar, Wayne van der Bank, Andell Loubser. Doelskoppe: Loubser (2). Strafdoel: Loubser. Skepdoel: Brian Bouwer. Westville Boys High 27 (17) – Drieë: Shane Ball (2), Tony Mahlangu, James Wheeler. Doelskoppe: Craig Schlemmer (2). Strafdoel: Schlemmer.
Dag Twee
) EG Jansen 31 (10) – Drieë: Franklin Wagner (2), Hendré Stassen, Dylan van der Walt, David Mostert. Doelskoppe: Henry Pike (3).
Framesby 6 (6) – Strafdoele: Wayne Moss (2).
) HTS Middelburg 22 (10) – Drieë: Eric Basson, Lewin Bronkhorst, Brandon Par-Bailey. Doelskoppe: Par-Bailey, Ryan Cloete. Strafdoel: Basson. Glenwood 11 (8) – Drie: Marco Palvie. Strafdoele: Jerome Bossr (2).
) Sacs 13 (3) – Drie: Ciaran Dayaram. Doelskop: Jordan Chait. Strafdoele: Chait (2). Affies 10 (7) – Drie: Christian Strydom. Doelskop: Ruan de Swardt. Strafdoel: De Swardt.
) Selborne College 28 (6) – Drieë: Tristian Coetzer, Andile Koyana, Darren Lemmer. Doelskoppe: Joshua Allderman (2). Strafdoele: Allderman (3). Menlopark 20 (13) – Drieë: Wayne van der Bank, Gerald Lowe. Doelskoppe: Andell Loubser (2). Strafdoele: Loubser (2).
ST. JOHN’S COLLEGE-PAASTOERNOOI
Dag Een
) Jeppe Boys High 27 (20) – Drieë: Hajivah Daymani, Bradley Robins, Cameron Burg, MJ Mbobo. Doelskoppe: Wandisile Simelane (2). Strafdoel: Simelane. St. Charles College 24 (0) – Drieë: Craig van der Merwe, Jeremy Davidson, Sibusiso Mkhize. Doelskoppe: Davidson (3). Strafdoel: Davidson.
) Garsfontein 61 (28) – Drieë: Armand Roets (3), Embrose Papier (2), Carling Forwood, Shakeel Fredericks, Emilio Adonis, Wickus Opperman. Doelskoppe: Duncan Naudé (7), Papier. Goue Leeus XV-tal 10 (0) – Drieë: Si­hle Ndima, Enrico Luit.
) Paul Roos Gimnasium 94 (45) – Drieë: Nico Leonard (4), Joshua Vermeulen (3), Malan Basson (2), Roelf Burger, Adrian van Niekerk, Joa Swart, Lazlo Pschorn, Damian Willemse. Doelskoppe: Joshua Vermeulen (12). Viadana (Italië) 0 (0).
) Nelspruit 22 (7) – Drieë: Hernus Pieters, Jaco Joubert, Hannes Aucamp. Doelskoppe: Francois Esselen, Wessel Muller. Strafdoel: Muller. Hilton College 9 (3) – Strafdoele: Angus Curtis (3).
) Monument 38 (12) – Drieë: Desbie Joubert (2), Ivan Smit, Thomas Meyer, Odwa Nkunjane, Reinhard Nothnagel. Doelskoppe: Xander Kruger (4). St. Benedict’s College 15 (15) – Drieë: Tatendaishe Mujawo, Keegan Marengo. Doelskop: Marengo. Strafdoel: Marengo.
) Hoër Jongenskool Paarl 52 (33) – Drieë: Jandré Grobler (2), Elester Becker, Jean-Luc Cilliers, Jan-Louis le Grange, Andreas van Wyk, JC van Schalkwyk, Tyreeq February. Doelskoppe: Cilliers (6). St. John’s College 0 (0).
Dag Twee
) St. Benedict’s College 24 (3) – Drieë:
Mosolwa Mafuma, Sean Kruger, Shingirai Hlanguyo. Doelskoppe: Keegan Marengo (2). Strafdoele: Marengo. St. Charles College 14 (7) – Drieë: Mthokozisi Sokhela, Zolile Mtshatsha. Doelskoppe: Jeremy Davidson (2).
) Nelspruit Rhinos 28 (13) – Drieë: Eduan Engelbrecht (2), Marnus van der Merwe. Doelskoppe: Wessel Muller (2). Strafdoele: Muller (3). Garsfontein 16 (10) – Drie: Ruan Henning. Doelskop: JP Wegner. Strafdoele: Wegner (3).
) Viadana (Italië) 27 (17) – Drieë: Cosimo Michelagnoli (2), Gianpietro Ribaldi, Jacopo Abram. Doelskoppe: Allessandro Pera, Francesco Micheli. Strafdoel: Micheli. Goue Leeus XV-tal 19 (12) – Drieë: Tristan McLeod, Enrico Luit, Sazi Mtyali. Doelskoppe: Dino Gouveia (2).
) Hilton College 27 (10) – Drieë: Darren McGhee (3), Sebastien Desvaux de Marigny, Cameron Badenhorst. Doelskop: Angus Curtis. St. John’s College 5 (5) – Drie: Michael Siebert.
) Hoër Jongenskool Paarl 25 (25) – Drieë: Salmaam Moerat, Elester Becker, Ruben de Villiers. Doelskop: Jean-Luc Cilliers. Strafdoel: Cilliers. Monument 20 (3) – Drieë: Len Massyn (2), Desbie Joubert. Doelskop: Xander Kruger. Strafdoel: Kruger.
) Paul Roos Gimnasium 14 (8) – Drie: Dean van Tonder. Strafdoele: Joshua Vermeulen (3). Jeppe Boys High 5 (0) – Drie: Tyron
Green.

ST. STITHIANS COLLEGE-PAASTOERNOOI
Dag Een
) St. Andrew’s College 31 (14) – Drieë: Ross Ferguson (2), Grant Dixie, Murray Long, Matt More. Doelskoppe: Ferguson (2), Long. St. Alban’s College 12 (5) – Drieë: Ruan Murison, Conrad Lamprecht. Doelskop: Luke Rosenberg.
) Wynberg Boys High 24 (10) – Drieë: Chris Botha, Steve Matthew, Dominic Coetzer. Doelskoppe: Coetzer (3). Strafdoel: Coetzer. Pretoria Boys High 17 (3) – Drieë: Dean Waghorn, Duma Ngwenya. Doelskoppe: Marco Cameron (2). Strafdoel: Cameron.
) Hoërskool Windhoek 26 (21) – Drieë: Rainier Augustyn, Tristan Mouton, Armand Smit, Gerhard Stoman. Doelskoppe: André van der Berg (3). Clifton 19 (7) – Drieë: Finn Cleaver, Massimo Conversano, Bradley Herdon. Doelskoppe: Cleaver (2).
) St. Stithians College 36 – Drieë: Mike du Toit (2), Keegan Sullivan, Asante Nxumalo, Tristan Fichardt, Josh Nesser. Doelskoppe: Nick Duncan-Traill (3). Schoonspruit (Wes-Kaap) 5 – Drie: Jean-Claude Pietersen.
) Maritzburg College 20 – Drie: Kelton Thunder. Strafdoele: Ruben van Blerk (5). Grey PE 16 – Drie: Lubabalo Dobela. Doelskop: Curwin Bosch. Strafdoele: Bosch (2).
Dag Twee
) Pretoria Boys High 22 – Drieë: Reenen du Plessis, Marco Cameron, Dillon Pirie, Kyle Pratt. Doelskop: Cameron. Hoërskool Windhoek 12 – Drieë: Rainier Augustyn, Dawid Henning. Doelskop: André van der Berg.
) Maritzburg College 34 – Drieë: Kelton Thunder, Kyle Bowman, Xolisa Guma, Ruben van Blerk. Doelskop: Van Blerk. Strafdoele: Van Blerk (4). St. Alban’s College 16 – Drie: Mashudu Raphunja. Doelskop: Luke Rosenburg. Strafdoele: Rosenberg (3).
) Clifton 54 – Drieë: Damon de Kock (2), Dustin Torr (2), Max du Plooy, Cameron Maingard, Guy Arbuthnot. Doelskoppe: Finn Cleaver (4), Cayden Porter, Torr. Strafdoel: Cleaver. Schoonspruit 12 – Drieë: Angelo Jacobs, Ashwin van der Westhuizen. Doelskop: Kern Papier.
Ander: Michaelhouse 51, St. Stithians Col-
lege 3; Grey PE 31, Helpmekaar 13.

KING EDWARD VII-PAASTOERNOOI
Dag Een
Rondebosch Boys High 20, Durban High School 8; King Edward VII 54, Ben Vorster 12; Eldoraigne 25, HTS Daniël Pienaar 6; Queen’s College 50, Northwood 12; Kingswood College 22, Parktown Boys High 16; St. David’s Marist 19, Graeme College 15; Hudson Park 53, Hentie Cilliers 10.
Dag Twee
) Durban High School 33 (14) – Drieë: Luyanda Ndabandaba, Matthew Noot, Gert Coetzee, Ndumiso Ngcobo, Mthokozisi Ntuli. Doelskoppe: Coetzee (4). St. David’s Marist 10 (10) – Drie: Thulani Motekase. Doelskop: Liam Wrightson. Strafdoel: Wrightson.
) Eldoraigne 10 (3) – Drie: Willie Otto. Doelskop: Tristan van Schalkwyk. Strafdoel: Armand de Beer. Ben Vorster 7 (0) – Drie: Ruben Ragoalane. Doelskop: Danny Mokhobaene.
) Kingswood College 28 (10) – Drieë: Athenkosi Halom (2), Ezra Mager. Doelskoppe: Garrick Mattheus (2). Strafdoele: Mattheus (2). Hentie Cilliers 26 (7) – Drieë: Michael Kitching (2), Gift Dlamini, Dominic Smit. Doelskoppe: Smit (2).
) Northwood 12 (7) – Drieë: Nthuthuko Mthembu, Jadon Stevens. Doelskop: Lars van der Meijden. HTS Daniël Pienaar 7 (0) – Drie: Luciano Grootboom. Doelskop: Shevaan Hendriks.
) Graeme College 15 (7) – Drieë: Luyolo Tshongweni, Simbulele Sizani. Doelskop: Ethan September. Strafdoel: September. Hudson Park 10 (0) – Drieë: Mbasa Magaumela (2).
) Queen’s College 26 (21) – Drieë: Pumelele Daweti (2), Raegan Oranje, Juan du Randt. Strafdoele: Albre Wagener (2). Parktown Boys High 15 (10).
King Edward VII 10 (0) – Drie: Lwazi Monakali. Doelskop: Ryan Theron. Strafdoel: Theron. Rondebosch Boys High 10 (0) – Drie: Amani Minani. Doelskop: Nicholas Potgieter. Strafdoel: Potgieter.

KRUGERSDORP HIGH-PAASTOERNOOI
Eerste dag: Hoërskool Roodepoort 56, CBC Boksburg 0; Monument Kwaggas 31, Ligbron Akademie 12; St. Georges 53, Pretoria Boys High XV-tal 5; Waterkloof 34, Linden 15;
Krugersdorp High 19, Jabulani 17.
Tweede dag: Jabulani 18, CBC Boksburg 15; Linden 24, Monument Kwaggas 14; Ligbron Akademie 22, Pretoria Boys High XV-tal 0; Waterkloof 50, St. Georges 10; Hoërskool Roodepoort 29, Krugersdorp High 18.

HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE-WEEK
Dag Een
) Potchefstroom Gimnasium 34 (15) – Drieë: Gerhard Steenekamp (3), Gideon Botha (2). Doelskoppe: Casper Dreyer (2), PC le Roux. Strafdoel: Le Roux. Langenhoven Gimnasium 10 (3) – Drie: Louis Nel. Doelskop: Winfrey Stoffels. Strafdoel: Stoffels.
) Voortrekker (Bethlehem) 10 (7) – Drie: Pieter van Zyl. Doelskop: Anthony Carpentiero. Strafdoel: Carpentiero. Centurion 7 (7) – Drie: Immanuel Boshoff. Doelskop: Esje Esterhuyse.
) Marlow Landbou 23 (8) – Drieë: Renier Pretorius, Herman du Plessis, NJ Oosthuizen. Doelskop: Gerhard Potgieter. Strafdoele: Potgieter (2). Kempton Park 10 (10) – Drieë: Thinus Grundlingh (2).
Dag Twee
) Potchefstroom Gimnasium 24 (14) – Drieë: Marchel Burger, Jacques Jacobs, Heinrich Siepker. Doelskoppe: Casper Dreyer (3). Strafdoel: Dreyer. Diamantveld 20 (20) – Drieë: Etdeon Greyvenstein (2), Janco Cloete. Doelskop: Gerco Nortjé. Strafdoel: Nortjé.
) Kempton Park 18 (0) – Drieë: Thinus Grundlingh, Jason Pretorius. Doelskop: Francois Erasmus. Strafdoele: Erasmus (2). Sentraal 12 (0) – Drieë: Timmy Robertson, Hennie Terre-Blanché. Doelskop: EP Nel.
) Brandwag (Uitenhage) 23 (8) – Drieë: Levert Pieterse (2), Henco Pieterse. Doelskop: Malan Olivier. Strafdoele: Olivier (2). Centurion 21 (8) – Drieë: Carel Wijburg, Stephan Magro, Hannes van Dyk. Strafdoele: Gavin Pienaar (2).

PUKKE SKOUSPEL
) Noord-Kaap 43 (17) – Drieë: Cameron Hufke (2), Gerhard Holtzhausen (2), Howard Lottering, Gladwin Nieuwenhuysen, Zayne Farmer. Doelskoppe: Hufke (4). Transvalia 13 (6) – Drie: Pleij van der Broek. Doelskop: Wernich Human. Strafdoele: Human (2).
) Kearsney College 41 (17) – Drieë: Sebas­tian Pau, James Tedder, Cian Waugh, Joshua van Vuuren, Matthew Watts. Doelskoppe: Tedder (2), Cameron Ritchie (2), Cullen Waberski. Strafdoel: Tedder, Waberski. Hoërskool Klerksdorp 10 (0) – Drieë: PJ Ellis, Edmund Rheeder.
) Potchefstroom Gimnasium 60 (29) – Drieë: Marco van den Berg (2), Damon Jaswyn (2), Otto van der Westhuizen, Gideon Botha, Gerhard Steenekamp, Casper Dreyer, Heinrich Siepker. Doelskoppe: Dreyer (6). Strafdoel: Dreyer. Florida 13 (8) – Drieë: Waldo Bochnik, André van Zyl. Strafdoel: André Bezuidenhout.
) Hoërskool Rustenburg 43 (31) – Drieë: Danie Aucamp (2), Jandré Joubert (2), Christo-pher Coetzee, Gerhard Fourie, Johan van Niekerk. Doelskoppe: Johan Roos (5). Framesby 34 (22) – Drieë: André Lategan, Roelof Roodt, Jurgens Viljoen, Bernard McDonald, Dylan Olivier, Riaan van Rensburg. Doelskop:
Wayne Moss (2).
) HTS Drostdy 16 (13) – Drieë: SJ Wessels. Doelskop: Earl Dowrie. Strafdoele: Dowrie (3). Waterkloof 12 (12) – Drie: Stedman Gans, Dylan Robinson. Doelskop: Quintin Bayards.

PAARL GIMNASIUM-WEEK (o.16)
Eerste dag: Potch Gimnasium 35, Tygerberg 20; Michaelhouse 16, Framesby 13; Stellenberg 54, Diamantveld 5; SACS 53, Sentraal 0; Kempton Park 17, Brackenfell 15; Marlow Landbou 53, Muir College 5; Centurion 29, Porterville 19; Paarl Gimnasium 50, Transvalia 6; Monument 29, Oakdale Landbou 6; Affies 19, Outeniqua 6; Hoër Jongenskool Paarl 43, Garsfontein 0; Paul Roos Gimnasium 22, Waterkloof 15; Grey College 57, EG Jansen 0; Menlopark 37, Bellville 6. Tweede dag: EG Jansen 59, Tygerberg 5; Outeniqua 21, Menlopark 3; Stellenberg 64, Potch Gimnasium 5; Kempton Park 40, Muir College 7; Brackenfell 29, Marlow Landbou 21; SACS 24, Centurion 14; Framesby 19, Porterville 10; Bellville 22, Michaelhouse 15; Diamantveld 33, Sentraal 5; Grey College 55, Garsfontein 0; Monument 20, Paul Roos Gimnasium 19; Hoër Jongen-skool Paarl 22, Affies 3; Oakdale Landbou 31, Transvalia 7; Paarl Gimnasium 12, Waterkloof 7.

o.14 – Eerste dag: Transvalia 19, Bellville 12; Stellenberg 15, Uitnodigingspan 12; Paarl Gimnasium 63, Sentraal 0; SACS 20, Framesby 12; Oakdale Landbou 19, Kempton Park 5. Tweede dag: SACS 78, Sentraal 0; Paarl Gimnasium 34, Kempton Park 0; Framesby 49, Stellenberg 0; Transvalia 36, Oakdale Landbou 17; Bellville 10, Uitnodigingspan 10.

FRANCOIS SWART WEEK (o.15)
Eerste dag: King Edward VII 21, Kempton Park 12; Linden 20, Pretoria Boys High 12; Monument 41, Zwartkop 7; Frikkie Meyer 17, Parktown Boys High 7; Jeppe Boys High 16, Nelspruit 10; Maritzburg College 19 Helpmekaar 19; Affies 55, EG Jansen 3; Hoërskool Windhoek 25, Waterkloof 14. Tweede dag: Waterkloof 20, Zwartkop 11; Jeppe Boys High 38, EG Jansen 3; Maritzburg College 33, Parktown Boys High 12; Kempton Park 19, Helpmekaar 12; Hoërskool Windhoek 28, King
Edward VII 15; Monument 22, Linden 0; Frikkie Meyer 42, Pretoria Boys High 21; Affies 38, Nelspruit 5.

KWAGGA WEEK (OUTENIQUA, o.14)
Eerste dag: Selborne College 67, Westville Boys High 5; Paul Roos Gimnasium 17, Menlopark 10; Grey College 45, Garsfontein 5;
Hoër Jongenskool Paarl 29, Affies 15; Jeugland 43, Oudtshoorn 0; Outeniqua 59, Waterkloof 10; Boland Landbou 47, Eldoraigne 12; Brandwag (Uitenhage) 17, Diamantveld 0; Durbanville 21, Windhoek Gimnasium 17; Stellenberg 76, Centurion 3; Outeniqua XV-tal 79, Parel Vallei 0. Tweede dag: Hoërskool Windhoek 10, Bellville 7; Menlopark 12, Brandwag (Uitenhage) 0; Paul Roos Gimna-sium 19, Affies 17; Hoër Jongenskool Paarl 10, Selborne College 5; Outeniqua 50, Boland Landbou 0; Grey College 24, Stellenberg 0; Westville Boys High 51, Parel Vallei 0; Centurion 17, Oudtshoorn 3; Eldoraigne 16, Outeniqua XV-tal 10; Garsfontein 31, Diamantveld 0; Waterkloof 32, Windhoek Gimnasium 7; Durbanville 19, Jeugland 12.

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.