Jansies sprei vlerke teen Centurion
Die verdedigende kampioen in die Tuks-reeks, die Hoërskool E.G. Jansen in Boksburg, het sy aanslag om sy titel te behou Saterdag met ’n klinkende sege van 65-3 oor Centurion begin.
Die besoekers se losskakel, Xander Crause, het Centurion se doellyn drie keer oorgesteek. Hy het ook met drie doelskoppe geslaag vir ’n bydrae van 21 punte tot sy span se sege.
Die span se vleuel Irvin Ali en senters, Quinton Beaton en Erich Cronjé, het elk ook dubbelle driedruk-plesier ervaar. Garsfontein van Pretoria het Ermelo op sy tuisveld met 45-17 verslaan ondanks ’n insinking in die tweede helfte. Garsies se ster was sy slot PJ Steenkamp. Dit is verstaanbaar dat die SA Skole-skrumskakel, Embrose Papier, nie so gevaarlik soos gewoonlik was nie vanweë sy besige atletiekskedule. Hy het nogtans Ermelo se doellyn twee keer oorgesteek.
Monument van Krugersdorp het sy seisoen ook met ’n oortuigende sege afgeskop. Die span het Transvalia met 52-0 in Vanderbijlpark geklop. Die slotpaar, Ruan Vermaak en Reinhard Nothnagel, was in ’n verwoestende bui en aan die spits van die sege.
HTS Middelburg het op sy tuisveld ’n bonuspunt-sege van 47-19 oor die Hoërskool Klerksdorp behaal. Die Rooi Bulle het sewe keer gaan druk. Die Hoërskool Eldoraigne van Pretoria moes hard werk om die Hoërskool Rustenburg met 24-19 te troef. Die wenspan word vanjaar deur Johan du Toit, die voormalige breier van die Valke se senior span, afgerig. Die kragmeting tussen Vereeniging Gimnasium en die Hoërskool Pietersburg was ook ’n hewige stryd. Pieties het met 26-24 gewen.
Puntemakers:
TUKS-REEKS
Garsfontein 45 (31) – Drieë: Ambrose Papier (2), Carling Forwood, Bees Ferreira, Shakeel Fredericks, Jaco Bezuidenhout, Barend van Heerden. Doelskoppe: JP Wegner (5). Ermelo 17 – Drieë: Jannie Eloff, Leon Visser, Pieter Bekker. Doelskop: Visser.
EG Jansen 65 – Drieë: Xander Crause (3), Irvin Ali (2), Quinton Beaton (2), Erich Cronjé (2), Nico Peyper, Edwin Jansen. Doelskoppe: Crause (3), Jacques Joubert (2). Centurion 3.
Monument 52 (26) – Drieë: Ruan Vermaak (2), Reinhard Nothnagel (2), Ryno Potgieter, Thomas Meyer, Arno van der Westhuizen, Ivan Smit. Doelskoppe: Stian Joubert (4), Zander Kruger (2). Transvalia 0.
HTS Middelburg 47 – Drieë: JC Pretorius, Derik Willemse, Tiaan Botha, Phillip Hennop, Lewin Bronkhorst, Jacques du Toit, Ryan Cloete. Doelskoppe: Brandon Par-Bailey (3). Strafdoele: Par-Bailey (2). Hoërskool Klerksdorp 19.
Vereeniging Gimnasium 24 – Drieë: Dylan Botha, Pieter Swanepoel, Dylan Schultz. Doelskoppe: DC du Plessis (3). Strafdoel: Du Plessis. Hoërskool Pietersburg 26.
Ander eerste spanne: Eldoraigne 24, Rustenburg 19.
o.16: HTS Middelburg 19, Klerksdorp 15; Pietersburg 59, Vereeniging Gimnasium 0.
o.15: HTS Middelburg 20, Klerksdorp 5; Pietersburg 38, Vereeniging Gimnasium 0.
o.14: Klerksdorp 24, HTS Middelburg 0; Pietersburg 46, Vereeniging Gimnasium 5.
PUKKE16-REEKS
Vryburg 106 – Drieë: BF van Staden (4), Joe van Huyssteen (4), Francois Pelser (4), Gert Jonker (2), JP Esterhuizen, Kabelo Kenene. Doelskoppe: Van Staden (11), Jonker (2). Schoonspruit 12.
Wolmaransstad 26 – Drieë: Leonard Preto-rius, Len Richter, Tumelo Selete. Doelskop: Fanus Pieterse. Strafdoele: Pieterse (3). Schweizer-Reneke 11.
Ander eerste spanne: Pretoria-Noord 24, Oosterland 6; Volskrust 26, Piet Retief 12; Fochville 29, Bekker 12; Alberton High 8, Overvaal 5.
SUPER-REEKS
Eerste spanne: Ligbron 14, Jan Viljoen 8; Dinamika 15, Bergsig 10; Wilgers 24, Wagpos 24; Brandwag (Benoni) 36, Gerrit Maritz 8; Southdowns College 31, Secunda 20; Tuine 35, John Vorster 16.
ANDER:
Montana 19 – Drieë: Brian Croft, Aiden Herbst, Charl Koen. Doelskoppe: Croft (2). Frikkie Meyer 5 – Drie: Frans Maila.
Eerste spanne: Louis Trichardt 37, Ellisras 5; President 24, Hartbeespoort 17; Riebeeckrand 19, Elspark 18; Randburg 22, Dr. Malan 14; Hoërskool Alberton 19, Standerton 15; Goudrif 10, AHS Sasolburg 7; HTS Sasolburg 36, HTS Welkom 22; Linden 41, Brits 8.
o.16: Louis Trichardt 14, Ellisras 10; HTS Welkom 3, HTS Sasolburg 0; Hartbeespoort 24, President 5.
o.15: Ellisras 30, Louis Trichardt 5; HTS Sasolburg 12, HTS Welkom 0; Hartbeespoort 22, President 0.
o.14: Louis Trichardt 31, Ellisras 12; HTS Sasolburg 22, HTS Welkom 0; Hartbeespoort 28, President 0.




