GREY-KOLLEGE het in Johan Goosen een van die beste skole-losskakels nog in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse skole-rugby. Goosen het nie minder as 567 punte die afgelope twee seisoene op die rugbyveld opgestapel nie.
Die losskakel het reeds besluit om sy loopbaan in die Vrystaat by die Cheetahs voort te sit. Die afrigter van die Vrystaat-Cheetahs, Naka Drotkské, het self vroeër vanjaar gesê indien Goosen hom met sy spel kan oortuig dat hy beter as Sias Ebersohn en Louis Strydom kan vaar ’n kans in vanjaar se Curriebeker-reeks kan kry.
“Johan (Goosen) sal dieselfde regverdige kans as Sias en Louis kry. Ás hy bewys hy is beter as hulle, sál hy speel,” het Drotské vroeër aan Volskblad gesê.
Goosen het in totaal 340 punte vir Grey-kollege se eerste span aangeteken. Hy het in 2009 134 punte en in vanjaar reeds 206 punte vir sy skool aangeteken. Sy 26 punte vroeër vanjaar teen Selborne-kollege is sy meeste in ’n enkele wedstryd vir Grey. Hy het in die wedstryd twee keer agter die doellyn gaan kuier en ook agt van sy span se drieë verdoel.
Die Suid-Afrikaanse Skole-losskakel het ook twee keer teen Hoërskool Outeniqua (2010) en Glenwood (2009) 25 punte tot sy span se oorwinnings aangeteken.
Goosen was vanjaar die ster op die Cravenweek in Welkom. Die Vrystaat het die week as die nie-amptelike kampioen afgesluit deur Westelike Provinsie 42-21 in die hoofwedstryd te verslaan. Goosen het 22 van sy span se punte deur ’n puik drie te druk, vier doelskoppe en drie strafdoele deur die pale te jaag aangeteken. Hy was die voorste puntemaker van die week met sy 47 punte. Hy was in 2009 na afloop van die Cravenweek in Oos-Londen ongelukkig om nie in die nasionale skole-span opgeneem te word nie. Goosen het die naasmeeste punte op die week in 2009 met 41 punte aangeteken.
Hy het vanjaar en verlede jaar vir die nasionale o.18-span uitgedraf. Hy was vanjaar ongeteyfeld die held met die span se oorwinnings oor Frankryk en Engeland. Hy het in elk van die twee wedstryd vyf strafdoele oorgeklits. Hy het vir die nasionale o.18-span 64 punte in sy ses westryde vir hulle opgestapel.
Hy het vir die Vrystaatse o.18-span in vriendskaplike-kragmetings 75 punte aangeteken.
Goosen se punte:
2009:
Grey-kollege – t Duineveld 8 (4 doel); t Hoërskool Windhoek 10 (5 doel); t Marlow Landbou 6 (3 doel); t t Framesby 6 (3 doel); t Affies 15 (3 doel, 3 straf); t Grey PE 11 (1 doel, 3 straf); t Sentraal 9 (1 drie, 2 doel); t Glenwood 25 (1 drie, 4 doel, 4 straf); t Jim Fouché 17 (1 drie, 6 doel); t Brandwag 14 (2 drieë, 2 doel); t Hoër Jongenskool Paarl 13 (5 doel, 1 straf).
Vrystaat o.18 – t Griekwas 21 (9 doel, 1 straf); t Griffons 15 (1 drie, 5 doel); t Blou Bulle 17 (1 drie, 6 doel); t Blou Bulle 22 (1 drie, 1 doel, 5 straf); t KwaZulu-Natal 7 (2 doel, 1 straf); t WP 12 (1 drie, 2 doel, 1 straf).
SA o.18 – t Frankryk 4 (2 doel); t Namibië 11 (1 drie, 3 doel); t Frankryk 9 (1 drie, 2 doel).
2010:
Grey-kollege – t Harmony-Sportakademie 9 (1 drie, 2 doel); t Duineveld 12 (6 doel); t EG Jansen 22 (2 drieë, 6 doel); t Kearsney-kollege 12 (6 doel); t Monument 11 (1 doel, 3 straf); t Louis Botha 12 (6 doel); t Paarl Gim 13 (2 doel, 3 straf); t Outeniqua 25 (1 drie, 4 doel, 4 straf); t Selborne-kollege 26 (2 drieë, 8 doel); t Hoër Jongenskool Paarl 17 (1 drie, 3 doel, 2 straf); t Grey PE 8 (4 doel); t Jim Fouché 4 (2 doel); t Glenwood 14 (1 doel; 4 straf); t Fichardtpark 8 (4 doel); t Affies 13 (2 doel; 3 straf).
Vrystaat o.18 – t Griffons 12 (6 doel); t Pumas 10 (2 doel, 1 straf, 1 skep); t Grens 15 (3 doel, 3 straf); t KwaZulu-Natal 10 (2 doel, 2 straf); t WP 22 (1 drie, 4 doel, 3 straf).
SA o.18 – t Frankryk 15 (5 straf); t Namibië 10 (1 drie, 1 doel, 1 straf); t Engeland 15 (5 straf).
Hannes Nienaber covered schools' rugby in South Africa for Volksblad, Beeld, and Rapport for 11 years. He also created the biggest school rugby website in South Africa - School of Rugby - back in 2007. It eventually morphed into Supersport Schools Plus. He still occasionally milks cows.
Latest posts by Hannes Nienaber
(see all)