SuperSport Schools Plus

Voorskou – Irawa-liga eindstryd – Wilgerivier vs. Zastron

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2012-08-24 Tags:

Die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) kan as die nasionale plattelandse eindstryd beskou word. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie. Twee van die beste spanne indien nie dié beste vanuit die Suid-Afrikaanse platteland, Hoërskool Wilgerivier van Frankfort en Hoërskool Zastron spook sake om 10:30 in die eindstryd uit.

‘n Stryd vir die fynproewer sal in die middelveld tussen Wilgerivier se Flippie Cronjé en Jacques van Rensburg en Zastron se AJ Goosen en Ruan Slabbert plaasvind. Goosen, Slabbert en Van Rensburg is al drie in die “nasionale platteland-span” wat na afloop van die VKB-week op Reitz gekies is. Die span toer later vanjaar oorsee. Goosen het vanjaar al 31 keer agter die doellyn vir Zastron gekuier. Dit is die meeste drieë deur ‘n skolespeler op eerstespan vlak vanjaar in die land. Cronjé is saam met sy span se stut Guillaume Strydom en agtsteman De Wet Ungerer met elf drieë elk Wilgerivier se voorste driedrukkers.

Zastron het sewe spelers Hendri Roodt, Hennie de Swardt, Rikus Smit, Johan Muller, Wayne Slabbert, Ruan Slabbert en Goosen in die VKB-span, terwyl Wilgerivier se Van Rensburg en Dana Janse van Rensburg die span gehaal het. Roodt en Wayne Slabbert het vanjaar onderskeidelik 17 en 12 keer agter die doellyn gaan kuier.

Wilgerivier was vanjaar nog net een keer teen Transvalia 14-34 aan die verloorkant. Zastron het vanjaar nog net teen die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort die knie in hulle liga ontmoeting gebuig.

Die spanne is:

Wilgerivier: 15 Werner de Jager, 14 Phillip du Pisanie, 13 Flippie Cronjé, 12 Jacques van Rensburg, 11 Brian Piek, 10 Gerrit Nel, 9 Gerhard van Rensburg, 8 De Wet Ungerer, 7 Fanie van der Merwe (k), 6 Gerrie Muller, 5 Jan-Hendrik de Kock, 4 Bernard Davel, 3 Dana Janse van Rensburg, 2 Stephan Venter, 1 Guillaume Strydom.

Zastron: 15 Stefan Nel, 14 Andile Hermanus, 13 AJ Goosen, 12 Ruan Slabbert, 11 Stefan Greyling, 10 Nakkie Naudé, 9 Ruhan Goosen, 8 Hendri Roodt, 7 Martin Steyn,  6 Hennie de Swardt, 5 Dawiet Venter, 4 Rikus Smit, 3 Coenraad de Bruyn, 2 Wayne Slabbert, 1 John Muller.

Afskop: 10:30
Skeidsregter: Jeffrey van Rooyen (Griekwas)
Assistent Skeidsregters: Phillip van Sittert (Griekwas) en Charl le Roux (Vrystaat) 

Deur Hannes Nienaber

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.