Huygen en Stemmet lei nuwe era in die Diamantstad in
DIE tweestryd tussen die Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Noord-Kaap sal in 2014 ‘n nuwe era betree. Albei skole het nuwe breiers vir die komende seisoen aangestel, met albei wat oor die vermoë beskik om dié spanne in ‘n nuwe era in te vat.
Noord-Kaap het Shaun Huygen aangestel wat tans in Italië die klubspan Modena afrig. Huygen het die span van die derde liga na die premier liga in Italië geneem. Hy sluit hom in Februarie by Northerns aan. Hy het is ‘n deurwinterde afrigter wat al die by die Universiteit van Stellenbosch die Victoriane en Maties gebrei het. Hy het die Maties saam met die voormalige Springbok en Bok-breier, Ian Kirkpatrick afgerig.
Hy was ook in sy loopbaan as breier by Paul Roos Gimnasium en die Hoërskool Oosterlig betrokke. Hy is ‘n produk van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad.
Diamonds het die Griekwa-senter, Jean Stemmet as sy hoofafrigter vir volgende jaar aangestel. Stemmet was Paarl Gimnasium se hoofseun in 2004 toe dié skool as die land se voorste skool op ENB se jaarlikse ranglys gereken is. Hy was die onderkaptein van daardie span met die gewese Springbok-agtsteman Ashley Johnson wat die kaptein is.
Die belangrikste aspek van Stemmet se aanstelling wat tot dié nuwe era sal bydra is die feit dat hy weet hoe om die druk van die grootste skole-derby ter wereld te hanteer. Die interskole tussen Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool Paarl word as die grootste ter wereld gereken. Dié twee skole baie respek vir mekaar en daar is ‘n verstandhouding dat die een nie sonder die ander die derby ‘n sukses kan maak nie.
Indien Stemmet dieselfde kultuur kan help skep sal dit vir Griekwas se skolerugby en heel moontlik ook sy seniorspan van onskatbare waarde wees. Hy behou boonop vir Bok Markram wat self sterk voel om Griekwas se Cravenweekspan weer tot op sy gloriejare van vroeër jare te help.
Northerns het ook die dienste van die Poubloues se fiksheidskundige, Leon van Blerk bekom. Van Blerk sluit hom voltyds in 2014 by Noord-Kaap aan en sal al die sportsoorte se fiksheidsprogramme hanteer.
- Athletics Rankings 2025 | Boys u17 - 2025-02-18
- Athletics Rankings 2025 | Boys u15 - 2025-02-18
- Curro Hazeldean clears the hurdle at the Wildeklawer Super Interhigh Group 5 - 2025-02-11