Hoopstad gunsteling om weer vanjaar as kampioen van die Colt-liga gekroon te word
Die verdedigende kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Colt-liga, Hoërskool Hoopstad, sal sy aanslag op vanjaar se titel Saterdag teen die Zastron in die halfeindronde van dié reeks afskop. Die halfeindronde vind op op Jim Fouché se hoofveld in Bloemfontein plaas.
Hoopstad het verlede jaar in die eindstryd van die Colt-liga op Shimlapark in Bloemfontein vir Postmasburg met 45-14 kaf gedraf.
Die Hoopies is vanjaar weer die Griffon Platteland-kampioene in hul afdeling na hy vir Vrede met 35-12 in die eindstryd afgestof het. Zastron was vanjaar die naaswenners in die Vrystaatse B-liga na hy in die eindstryd teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg met 29-36 vasgeval het.
Hendrik Potgieter is die Vrystaatse verteenwoordiger in die Irawa-liga van die Kovsiestreek-kompetisie.
Zastron se Vultures sak Saterdag soos aasvoëls moet probeer om Hoopstad te ontwrig om sodoende vir ‘n opskudding te sorg.
In die ander halfeindstryd van die Colt-liga kom Vrede teen die Hoërskool Douglas te staan. Die kragmeting sal op Suzuki-park in Kimberley beslis word.
Douglas het die reeks betree na hy in die eindstryd van die Griekwaland-Wes se mediumskole-liga teen Curro Kathu naelskraaps met 30-31 die knie gebuig het. Soos Hendrik Potgieter sal Curro Kathu aan die Irawa-liga deelneem.
Douglas se Wilde Honde behoort vanjaar ook ‘n sterk aanspraakmaker op die titel te wees. Vrede se afrigter, Johan Malan, het egter al die Griffons se Cravenweek-span afgerig en daarom kan sy span nie gering geskat word nie.
Douglas word deur George Wheeler en Kurt Lovemore afgerig.
Die spanne is:
Hoërskool Douglas vs Hoërskool Vrede op Suzuki-park om 12:45:
Douglas: 15 Zane Paulse, 14 Quintin Klein, 13 Janro Faber, 12 Gershwin Claassen, 11 Clinton Klein, 10 Raven Stellenberg, 9 Byron Slater, 8 Phillip de Jager, 7 Willem Oosthuizen, 6 NJ Eveleigh, 5 Adriaan Jooste, 4 Cobus Cilliers, 3 Shawn Wheeler, 2 Henning Myburgh, 1 Henco Human.
Vrede: 15 Leytin Kimmins, 14 Woods Mnguni, 13 Wikus Fourie, 12 Wynand Engelbrecht, 11 David Gleeson, 10 Ewan Luus, 9 Charl Cilliers, 8 BH Botha, 7 Nathan Venter, 6 Thabang Motaung, 5 Sheldan van Tonder, 4 Akhona Mcira, 3 Hannes van Rooyen, 2 Adriaan Mostert, 1 CJ Bresler.
Zastron vs Hoopstad op Jim Fouché se A-veld in Bloemfontein om 11:10:
Zastron: 15 Thabang Mohoshela, 14 Azimahle Tose, 13 WG Rautenbach, 12 Jacques-Philip Franzsen, 11 Thabiso Mdlalana, 10 Lechabile Leballo, 9 Rheinieco Nel, 8 Frans Botha, 7 Jaco Coetzee, 6 Inus van den Berg, 5 Marthin Naudé, 4 Stefan Jansen, 3 Samuel Sehanka, 2 Andrew van der Merwe, 1 Jan-Adriaan Grobler.
Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Barend Breyling, 13 Abrie van Zyl, 12 Christo van Rooyen, 11 FP Graham, 10 AJ Brink, 9 Makro Wolfaard, 8 Adam Barnard, 7 Michael Steyn, 6 Jakes Human, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Schalk van der Merwe, 2 AP Meyer, 1 Kobus Liebenberg.