SuperSport Schools Plus

Hoërskole Sewesreeks na Krugersdorp vir sesde been

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-09-04

High School 7s NoordheuwelDie Hoërskole Sewesreeks skuif na Krugersdorp vir die sesde been met Noordheuwel as gasheer. Die gasheer behoort een van die gunstelinge te wees om sy plek in vanjaar se Kampioen van Kampioene-toernooi by Camp Discovery te bespreek.

Slegs agt spanne neem aan die toernooi in Krugersdorp deel. Die Anker van Brakpan het verlede Saterdag in die eindstryd van die vyfde been van die reeks in Vryheid teen Glenwood vasgeval. Die span van Brakpan behoort dus ook sterk aanspraakmakers op die titel as kampioen van die Beker-afdeling te wees.

Noordheuwel was ook in Vryheid en op Rustenburg tydens die reeks in aksie. Nories het in Rustenburg in die halfeindronde van die toernooi teen die uiteindelike kampioen, Rustenburg, vasgeval. Kempton Park was ook op Rustenburg in aksie en sal Saterdag ook in Krugersdorp ‘n aanslag op die titel loots.

Die eindstryd van die Beker-afdeling sal om 15:40 beslis word. Ander spanne wat in aksie sal wees is Piet Potgieter, Brandwag van Benoni, Pretoria Boys’ High, Hugenote van Springs en Krugersdorp High.

Die Groepe:

Groep A: Noordheuwel, Piet Potgieter, Brandwag (Benoni), Die Anker.
Groep B: Kempton Park, Pretoria Boys’ High, Hugenote (Springs), Krugersdorp High.

Die bepalings:

08:30 – Noordheuwel vs Piet Potgieter; 08:50 – Brandwag (Benoni) vs Die Anker; 09:10 – Kempton Park vs Pretoria Boys’ High; 09:30 – Hugenote (Springs) vs Krugersdorp High; 10:00 – Noordheuwel vs Die Anker; 10:20 – Brandwag (Benoni) vs Piet Potgieter; 10:40 – Kempton Park vs Krugersdorp High; 11:00 – Hugenote (Springs) vs Pretoria Boys’ High; 11:30 – Noordheuwel vs Brandwag (Benoni); 11:50 – Pretoria Boys’ High vs Krugersdorp High; 12:10 – Piet Potgieter vs Die Anker; 12:30 – Kempton Park vs Hugenote (Springs).

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.