SuperSport Schools Plus

SSS_logo_Netball_rev

Hoër Meisieskool Paarl onderskat geen span by die DStv Schools Challenge

By Charne van der Merwe , in Netball | News news , at 2023-07-20

Paarl GH

Die DStv Schools Challenge skop hierdie naweek van 21 tot 23 Julie by Hoërskool Florida af, en een span wat die netbalkringe beindruk het, is die Hoër Meisieskool Paarl-span.

Hulle het hulself by die Wildeklawer-toernooi bewys toe hulle van aangesig tot aangesig met die gedugte Affies-span in die finaal te staan gekom het, en as die naaswenners geëindig het. Ten spyte hiervan het hul uitmuntende vertoning op die baan ‘n blywende indruk op toeskouers en mededingers gelaat.

Die span is dankbaar vir die geleentheid om aan hierdie gesogte toernooi deel te neem en verstaan die belangrikheid van elke wedstryd, met erkenning van die strawwe kompetisie wat hulle in die gesig staar en hulle besef om enige span te onderskat ‘n ernstige fout sal wees.

Van die sterspelers om dop te hou tydens die toernooi is Kyla Dames en Emma Swan, wat albei ook vir die o/18-SA-groep gekies is.

Kyla Dames, in die besonder, is erken vir haar uitstekende prestasie as die beste senterbaanspeler by die Telkom Netball Challenge-toernooi en sy is ook as die beste speler by Wildeklawer aangewys.

Marli Visagie, afrigter van die span, speel ‘n deurslaggewende rol in die span se sukses. Carine Schultheiss tree op as spanbestuurder en Christille Blom, die span se fisioterapeut, is verantwoordelik om die spelers deur die veeleisende toernooi in top fisiese toestand te hou.

Hoër Meisieskool PaarL bevind hulle in poel D, saam met mededingers soos Thakamiso, Pietersburg, Iketletso, Curro Shoshunguve en Framesby.

Hul eerste wedstryd teen Framesby sal Vrydag om 9:20 wees. Daarna het hulle nog twee wedstryde vir die dag teen Curro Shoshunguve om 11:20 en Thakamiso om 14:40.

Saterdag is hul laaste wedstryd van die poelfases teen Iketletso om 10:40.

 

error: Content is protected !!