Hoër Meisieskool Paarl behou hul titel as Interskole-kampioen
Die Hoër Meisieskool Paarl het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die louere as kampioene tydens die interskole teen Paarl Gimnasium weggestap.
Die wedstryd het geëindig met Hoër Meisieskool wat met ‘n eindtelling van 30-26 spog.
Die twee spanne van Paarl het ‘n tweede (Paarl Gimnasium) en ‘n derde (Hoër Meisieskool Paarl) plek by die onlangse Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal en beide spanne was honger vir ‘n oorwinning.
Van die begin van die wedstryd was dit duidelik dat dit nie ‘n maklike stryd vir een van die spanne gaan wees.
Sake het baie gelykop verloop in die eerste kwart van die wedstryd met beide spanne wat ses doele aangeteken het.
Die tweede kwart was die spanne kop-aan-kop met Hoër Meisieskool wat met sleg een doel voorgeloop het, maar teen die derde kwart het hulle die geleentheid aangegryp wat tot ‘n voorsprong van 22-20 gelei het.
Die spanning was tasbaar, aangesien albei spanne ongelooflike vaardigheid, strategie en spanwerk in hul strewe na oorwinning getoon het.
Hoër Meisieskool het in geen stadium die voet van die versneller gelig nie en dit was egter in hierdie deurslaggewende oomblik dat hulle hul staal getoon het en die geleentheid aangegryp het en seëvierend uit die stryd getree as kampioene van die jaarlikse interskole.
Kyla Dames, wie se uitsonderlike vertoning ‘n hoogtepunt van die netbalseisoen was, is as speler van die wedstryd aangewys en Mari Kemp, ’n staatmaker in die span se aanvallende span en doelsirkel, het ’n instrumentele rol in die oorwinning gespeel.