SuperSport Schools News

Hoe blink gaan Diamantveld se diamante vanjaar wees?

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-02-02

DiamantveldlogoDie eerste rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld behoort vanjaar weer onder die voorste 20 skolespanne in Suid-Afrika te tel. Diamonds het verlede jaar na ‘n goeie seisoen die 12de posisie op School of Rugby se laaste ranglys vir 2016 beklee. 

Die span word weer deur Jaco Dames gebrei, terwyl voormalige Griekwa-spelers soos Jaco Nepgen en Leon Karemaker ook ‘n hand sal bysit. Karemaker was in 2003 die Coca-Cola Cravenweek se Speler van die Toernooi. 

“Dit gaan baie moeilik wees vir ons om op ons 2016-seisoen te verbeter, maar ons sien uit na die uitdagings wat op ons wag. Die uitdaging gaan egter voor lê, waar ons baies ‘n nuwe pak voorspelers moet kies met ‘n nuwe dinamies benadering, want die pak gaan aansienlik ligter wees as die agttal van 2016,” het Dames gesê.

Indien spanne vanjaar vir Diamantveld wil hokslaan sal hul eers die span van die Diamantstad se agterhoede moet stuit. Slegs verlede jaar se senter Etdeon Greyvenstein het sy skoolloopbaan verlede jaar voltooi. Sy neef en sentermaat, De-an Ackermann, behoort weer vanjaar verwoesting in die middelveld te saai. 

Die losskakel, Charles Williams, was een van die ongelukkigste spelers om nie verlede jaar vir Griekwas op die Cravenweek in aksie te wees nie. Williams het in sy drie wedstryde tydens die Akademie-week, waarvan hy in een slegs tien minute op die veld was, ‘n totaal van ses driee gedruk.

Williams was die voorste driedrukker op die toernooi in Durban en het ook die naasmeeste punte met 49 punte opgestapel. Slegs Grey-kollege en Vrystaat se losskakel, Christopher Schreuder, het met 55 punte meer as hy aangeteken. 

Die span se heelagter, Ashwill Botha, wat verlede jaar op die Cravenweek in aksie was behoort die laaste vesting te beman.

Diamantveld – 2017
13 Februarievs. Louis Botha
4 Maartvs. Sentraal
7 Maart vs. Garsfontein (Loftus)
11 Maartvs. Affies (T)
18 Maartvs. Duineveld (T)
24 Maartvs. Jim Fouche
1 AprilOakdale Rugbyweek
3 AprilOakdale Rugbyweek
5 AprilOakdale Rugbyweek
29 Aprilvs. Helpmekaar (WK)
1 Meivs. Welkom Gimnasium (WK)
13 Meivs. Noord-Kaap (CC)
20 Meivs. Hoërskool Upington
27 Meivs. Landboudal
29 Julievs. Fichardtpark (T)
5 Augustusvs. Pionier
12 Augustusvs. HTS Drostdy (T)
19 AugustusMoontlike Shimla-liga halfeind
26 AugustusMoontlike Shimla-liga eindstryd

Diamonds se skrum behoort ook stewig geanker te wees met die twee voorrymanne Willem Coetzer en Edwill Speelman wat reeds verlede die Poubloues op die Cravenweek in Durban verteenwoordig het. Boonop sal die twee manne hard moet werk vir hul plek in hul skoolspan met die sterk vaskopstut, Rudolph Fourie, wat ook sy oog op ‘n plek in Diamonds se beginspan sal he. 

Fourie het verlede jaar Griekwas se o.16-span se skrum op die Grant Khomo-week geanker. Hy laat die skaal op ‘n stewige 111kg kreun, terwyl hy 1.83m in sy sokkies staan.

Die agttal behoort ook die agtsteman, Renier van Zyl, in sy geledere te he wat verlede jaar al vir die eerste in aksie was. Hy het ook Griekwas op die Akademie-week verteenwoordig. 

Diamantveld skop sy seisoen teen Louis Botha in ‘n voorwedstryd vir die FNB Varsitybeker kragmeting tussen Shimlas en Ikeys in Bloemfontein af. 

Die span sal soos verlede jaar weer die Blou Bulle se Rugbyaand op Loftus Versfeld bywoon. Geen stelskoppe word in die wedstryd waargeneem nie.

Diamonds sal teen Garsfontein van Pretoria te staan kom en het verlede jaar op die dag verras deur gelykop teen Monument te speel. Die wedstryd teen Garsies sal die hoofwedstryd van die aand wees. 

Diamonds se drie wedstryde om nie te mis nie, is teen Affies, Helpmekaar-kollege en Noord-Kaap. Die wedstryd teen Affies is die hoofmaal op Diamonds se jaarlikse sportdag. 

Helpmekaar se eerstespan behoort onder die voorste vyf spanne in die land te tel indien hy aan die verwagtinge voldoen. Die kragmeting op die eerste dag van die Wildeklawer-toernooi in Kimberley behoort dus ‘n stewige uitdaging vir Diamantveld te wees. 

Diamantveld was voor sy jaarlikse FNB Classic Clash verlede jaar teen Noord-Kaap reeds met sy een voet in die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie. Diamonds het tot op daardie stadium ‘n beter seisoen as Northerns beleef. Noord-Kaap het egter vir ‘n verrassing gesorg en Diamonds sal gewis vanjaar die saak wil regstel. 

Diamantveld sal na Riversdal toer waar hy aan Oakdale Landbou se jaarlikse week sal deelneem. Diamonds behoort daar teen die gasheer in een van sy wedstryde te staan te kom. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.