SuperSport Schools Plus

Helpmekaar nie sommer gekeer in Virsekerbeker vir Grootskole

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-06-04

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

NewsGHelpmekaarHelpmekaar-kollege van Johannesburg gaan nie maklik in vanjaar se Virsekerbeker vir Grootskole gestuit word nie. Helpies het sy tweede Makroskool, die Hoërskool Garsfontein, in net soveel weke platgetrek.

Helpies het Saterdag naelskraaps met 28-27 vir Garsfontein op Berepark in Pretoria geklop. Hulle het verlede week ook vir Waterkloof met 45-8 kaf gedraf.

Helpies dring vanjaar direk tot die uitspeelrondes van die Virsekerbeker deur as die Goue Leeus se naaswenner.

Die Hoërskool Alberton het Saterdag het skitterende vertoning op sy tuisveld teen Randburg gelewer en met 38-5 as oorwinnaars van die veld gestap. Linden het Riebeeckrand met 24-13 in nog ‘n ligawedstryd geklop.

Oos-Moot het geen gelyke vanjaar in die Blou Bulle se Grootskole-liga nie. Die Ligbloues het Vrydag sy naaste teenstander, Midstream College, met 54-24 geklop.

Dit was veral sy woelige haker, Eduan Swart, wat ‘n doring in Midstream College se vlees was. Sy eerste van twee drieë het gesorg vir een van die hoogtepunte van die kragmeting. Hy het ‘n teenaanval vanuit sy eie kwartgebied geloots en ook ‘n steekskoppie ingespan om verdedigers te flous om agter die pale te gaan kuier.

Die slot CJ van Zyl en senter Edmund Ludick het ook uitstaande vertonings gelewer. Ludick het 22 punte tot sy span se total bygedra. Hy het self ‘n droie gedruk, sewe drieë verdoel e nook ‘n strafdoel oorgeklits.

Die Wilgers het vir Overkruin met 19-10 in hulle kragmeting verslaan.

Potchefstroom Gimnasium het Saterdag met ‘n oorwinning van 29-20 oor Lichtenburg gewys dat hy gewis ‘n aanspraakmaker is om vanjaar as kampioen van die Luiperds se Grootskole-liga gekroon te word.

Die Hoërskool Klerksdorp moes hard werk om Wesvalia met 38-30 te verslaan. Die twee spanne het met die telling op 17-elk gaan rus. Klerksdorp se Cravenweek-haker, Dirkie Kotze, het ‘n uitstaande vertoning gelewer.

In Limpopo het Ben Vorster van Tzaneen vir die Hoërskool Pietersburg met 41-29 geklop om te verseker da thy bo-aan die puntelys eindig. Die Vossies sal in die Ellisras in die halfeindronde te staan kom.

Pietersburg sal Frikkie Meyer van Thabazimbi moet klop indien hy tot die uitspeelrondes van die Virsekerbeker wil deurdring. Frikkie Meyer het Saterdag vir HTS Tom Naudé met 50-5 afgestof. Merensky sal ook tevrede met sy sege van 27-21 oor Louis Trichardt voel.

Die grootste verrassing in die onderskeie Grootskole-liga is deur Piet Retief in die Puma-liga behaal. Piet Retief het die Ligbron Akademie met 24-17 geklop om bo-aan hulle groep te eindig.

Secunda het die ander groep onoorwonne afgesluit deur Rob Ferreira met 36-9 te klop. Die kwarteindrondes vind Saterdag op Piet Retief plaas.

Ermelo het met 22-11 oor Standerton in ‘n klipharde stryd koning gekraai, terwyl HTS Witbank gemaklik met 42-9 oor Bergvlam baas was.

Oosterlig het in die Valke se Grootskole-liga vir Birchleigh met 43-7 die loef afgesteek.

Uitslae en Puntemakers:

BLOU BULLE 

Oos-Moot 52 – Drieë: Eduan Swart (2), Morné Bedford (2), Edmund Ludick, Emile Bester, Dandré Nolte. Doelskoppe: Ludick (7). Strafdoel: Ludick. Midstream College 24 – Drieë: Heinrich Botha, Zander Reynders, Charl Niemand. Doelskoppe: Niemand (3). Strafdoel: Niemand.

Pretoria-Noord 19 – Drieë: Christopher von Stade, Gerwin Lubbe, Carlo Alexander. Doelskoppe: Duard Steyn (2). Overkruin 10.

Ander spanne:

o.16: Midstream College 34, Oos-Moot 33; Overkruin 22, Pretoria-Noord 15.

o.15: Eldoraigne 67,. Wonderboom 15; Oos-Moot 33, Midstream College 20; Pretoria-Noord 15, Overkruin 12.

o.14: Midstream College 20, Oos-Moot 5; Overkruin 17, Pretoria-Noord 0.

GOUE LEEUS 

Hoërskool Alberton 38 – Drieë: Ruben van der Berg (2), Jonathan Potgieter, PJ van der Merwe, Thomas Duvenhage, Gerald Job. Doelskoppe: Ruan Muller (4). Randburg 5.

Ander spanne:

o.16: Randburg 44, Alberton 7.

o.15: Alberton 29, Randburg 19.

o.14: Alberton 12, Randburg 7.

LIMPOPO

Ben Vorster 41 (15) – Drieë: Melvin Maake (2), Heini Ferreira, Erik Meintjies, Nyiko Ntlemo, Franco Oberholzer, Shima Molepo. Doelskop: Pieter Haasbroek (3). Hoërskool Pietersburg 29 (12) – Drieë: Dewald Stroebel (3), Andre Viljoen, Daniel Swarts. Doelskoppe: Martin Austen (2).

Merensky 27 – Drieë: Kevin van den Bergh (2), Noko Malatjie, JD le Grange, Wynmand Scholtz. Doelskop: Delux Jooste. Louis Trichardt 21 – Drieë: Ali Sefole, David Stoltz, Armand Visser. Doelskoppe: DJ du Preez (3).

Frikkie Meyer 59 – Drieë: G Botha (2), W Thulare (2), A Buys (2), M Payne, N Mammabola. Doelskoppe: Thulare (5). HTS Tom Naude 5 – Drie: Johan Potgieter.

Ander spanne:

o.16: Pietersburg 29, Ben Vorster 10; Merensky 19, Louis Trichardt 19; Frikkie Meyer 39, Tom Naude 0.

o.15: Ben Vorster 45, Pietersburg 0; Merensky 22, Louis Trichardt 0; Frikkie Meyer 49, Tom Naude 0.

o.14: Pietersburg 29, Ben Vorster 21; Merensky 37, Louis Trichardt 14; Tom Naude 7, Frikkie Meyer 0.

LUIPERDS 

Potchefstroom Gimnasium 29 – Drieë: Johan Minnaar (2), Waldouw Smit, Willie Steenkamp, Edrich Cronjé. Doelskoppe: Cronjé (2). Lichtenburg 20 – Drieë: Bertru Jones, Max Williamson, Lohann Jahns. Doelskop: Jones. Strafdoel: Jahns.

Hoërskool Klerksdorp 38 (17) – Drieë: Dirkie Kotze (2), Damon Ivens, Brendon Joseph, Phillip Kruger. Doelskoppe: Mikhael Venter (5). Strafdoel: Venter. Wesvalia 30 (17) – Drieë: Anton Nagel (2), Johan Smit, Marnus Swart, Gideon Steyn. Doelskop: Steyn. Strafdoel: Steyn.

Ander spanne:

o.16: Lichtenburg 26, Potch Gimmies 17; Klerksdorp 40, Wesvalia 13.

o.15: Lichtenburg 17, Potch Gimmies 14; Wesvalia 17, Klerksdorp 10.

o.14: Lichtenburg 14, Potch Gimmies 10; Wesvalia 15, Klerksdorp 12.

PUMAS 

Secunda 36 – Drieë: Brandon Potgieter (2), Hannes Erasmus, Evan Wessels, Cobus Prinsloo, Renaldo Roberts. Doelskoppe: Larnus Steyn (3). Rob Ferreira 9

Ermelo 22 – Drieë: Stephan Potgieter (2), Gejhan Thyssen. Doelskoppe: Ruan Grobler (2). Strafdoel: Grobler. Standerton 11 – Drie: Lunga Dakile. Strafdoele: Dakile (2).

Piet Retief 24 – Drieë: Lethu Vilakazi (2), Seppie Mthethwa, Bongumenzi Dlamini. Doelskoppe: Wayne Sangweni (2). Ligbron Akademie 17.  

HTS Witbank 42 – Drieë: Ruan Vorster (4), Jaun Coetzee (2), Xander Claassens, Morne Swanepoel. Doelskoppe: Vorster (4). Bergvlam 9.

Ander spanne: 

o.16: Secunda 31, Rob Ferreira 10; Ermelo 34, Standerton 21; Ligbron 19, Piet Retief 10; HTS Witbank 12, Bergvlam 7.

o.15: Rob Ferreira 55, Secunda 0; Ermelo 38, Standerton 12; Piet Retief 44, Ligbron 0; HTS Witbank 26, Bergvlam 6.

o.14: Rob Ferreira 34, Secunda 5; Standerton 31, Ermelo 17; Ligbron 51, Piet Retief 3; HTS Witbank 43, Bergvlam 7.

VALKE 

Oosterlig 43 – Drieë: Armand van Staden (3), Marinus van Vuuren, Christo Griesel, Tiaan Pelser, Duan Senekal. Doelskoppe: Van Vuuren (3), Pelser. Birchleigh 7

Ander spanne: 

Eerstespanne: Vereeniging Gimnasium 19, Dr. Malan 10 (wedstryd reeds vroeër beslis)

o.16: Oosterlig 33, Birchleigh 12; Dr. Malan 15, Vereeniging Gimnasium 12.

o.15: Oosterlig 25, Birchleigh 12; Dr. Malan 10, Vereeniging Gimnasium 7.

o.14: Oosterlig 29, Birchleigh 5; Dr. Malan 38, Vereeniging Gimnasium 12.

Secunda 36 – Drieë: Brandon Potgieter (2), Hannes Erasmus, Evan Wessels, Cobus Prinsloo, Renaldo Roberts. Doelskoppe: Larnus Steyn (3). Rob Ferreira 9

Ermelo 22 – Drieë: Stephan Potgieter (2), Gejhan Thyssen. Doelskoppe: Ruan Grobler (2). Strafdoel: Grobler. Standerton 11 – Drie: Lunga Dakile. Strafdoele: Dakile (2).

Piet Retief 24 – Drieë: Lethu Vilakazi (2), Seppie Mthethwa, Bongumenzi Dlamini. Doelskoppe: Wayne Sangweni (2). Ligbron Akademie 17.  

HTS Witbank 42 – Drieë: Ruan Vorster (4), Jaun Coetzee (2), Xander Claassens, Morne Swanepoel. Doelskoppe: Vorster (4). Bergvlam 9.

Ander spanne: 

Eerstespanne: HTS Witbank 42, Bergvlam 8.

o.16: Secunda 31, Rob Ferreira 10; Ermelo 34, Standerton 21; Ligbron 19, Piet Retief 10; HTS Witbank 12, Bergvlam 7.

o.15: Rob Ferreira 55, Secunda 0; Ermelo 38, Standerton 12; Piet Retief 44, Ligbron 0; HTS Witbank 26, Bergvlam 6.

o.14: Rob Ferreira 34, Secunda 5; Standerton 31, Ermelo 17; Ligbron 51, Piet Retief 3; HTS Witbank 43, Bergvlam 7.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.