Helpies, Nories, Potch Volkies en Zwartkop behaal seges voor die vakansie
David Cary, vleuel van Helpmekaar-kollege, het Woensdag sy naam in sy skool se rekordboeke in sy weghol-sege van 64-0 oor Jeppe High School for Boys’ geskryf. Cary se vier drie in die sege ewenaar die rekord vir die meeste driee deur ‘n eerstespan-speler in ‘n wedstryd.
Dit was ook nie ‘n geval van dat enige van Cary se vier driee op ‘n skinkbord aan hom geskenk is nie. Hy het elk van die vier driee afgerond na ‘n stukkie individuele briljantheid. Al vier die driee was ongelooflik en Cary se vertoning sal nog lank onthou word.
Die span se skakelpaar, Ruhan Viviers en Tristan Oosthuizen, het ook blink vertonings gelewer. Oosthuizen het 19 van sy span se punte aangeteken. Voorlangs het die kaptein en flank, Mark Snyman, ingeklim en ‘n hele paar keer omgekeerde besit vir sy span bewerkstellig.
In Witbank in ‘n NWU-Pukke Prestige-wedstryd het Zwartkop vir HTS Witbank met 15-3 getroef om bo-aan sy groep te eindig.
Puntemakers:
Helpmekaar-kollege 64 (38) – Driee: David Cary (4), Mark Snyman, Tristan Oosthuizen, Zack Boonzaaier, Tommy van Tonder, Lihan du Toit, Ruhan Viviers. Doelskoppe: Oosthuizen (7). Jeppe High School for Boys’ 0.
Zwartkop 15 – Driee: Kyle van Deventer, Handro Horn. Doelskop: Miche Groenewald. Strafdoel: Groenewald. HTS Witbank 3.
Noordheuwel 30 – Driee: Ruan Vosloo, Justin Lambrecht, Jason Buckingham. Doelskoppe: Renier Stander (3). Strafdoele: Stander (3). Hugenote (Springs) 17 – Driee: Tristan Dry, Derick Oberholster. Doelskoppe: Edrich Aucamp (2). Strafdoel: Aucamp.
Ander spanne:
o.16: Zwartkop 50, HTS Witbank 0; Noordheuwel 39, Hugenote 7; Randburg 30, Potch Volkies 24.
o.15: Zwartkop 33, HTS Witbank 19; Noordheuwel 27, Hugenote 19; Randburg 53, Potch Volkies 0; Helpmekaar 23, Jeppe 15.
o.14: Zwartkop 50, HTS Witbank 0; Noordheuwel 26, Hugenote 10; Randburg 24, Potch Volkies 19.
- SDC Noordvaal Cup Results – 10 Mei 2025 - 2025-05-10
- School Rugby Results – 10 May 2025 - 2025-05-10
- Markötter Fortress: Unbeaten Gim returns to their second home - 2025-05-09