Harde werk le nog voor vir Pumas en Limpopo Blou Bulle
Die Pumas se o.18-rugbyspan het in ‘n onaanskoulike hoofwedstryd van die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die Mbombela-stadion in Nelspruit die Limpopo Blou Bulle met 13-8 die loef afgesteek.
Daar was nie baie hoogtepunte in die wedstryd was grootliks uit ‘n los getjommel bestaan het. Albei die spanne se afrigters het nog baie werk wat voorlê voor hulle vir hul eerste wedstryde aantree volgende maand tydens die Cravenweek in die Paarl.
Die feit dat dit albei spanne se eerste wedstryde was moet ook in ag geneem word. Die vele hanteerfoute asook die verkeerde besluitnemings wat tydens die wedstryd geneem is, kan dalk grootliks daaraan toegeskryf word.
Die eerste drie van die wedstryd is na amper ‘n uur se spel gedruk toe die Pumas se kantman Juandré Odendaal oorgeval het. Die wenspan het teen lemoentyd ‘n voorsprong van 6-3 geniet danksy twee strafdoele deur sy losskakel, Coenraad Visser.
Visser was sonder twyfel die uitstaande speler in die wedstryd. Hy het vir die enigste opwindende oomblikke in die eerste helfte gesorg met ‘n paar skerp breekslae. Hy beskik ook oor hope vaart en kan ‘n hele paar spanne se verdediging onverhoeds tydens die Cravenweek betrap.
Die Pumas het ‘n tawwe eerste wedstryd teen die Westelike Provinsie wat op hulle wag. Dié wedstryd is die hoofwedstryd van die eerste dag van die gesogte toernooi.
As daar een speler van die verloorspan is, wat sy kop omhoog kan hou na die nederlaag is dit die slot Dewan Deysel. Hy het deurgans hard gewerk en nooit moed opgegee nie.
Die Limpopo Blou Bulle behoort egter ‘n veel gedugter span te wees indien die afrigters die spelers as ‘n eenheid kan saamsnoer. Frikkie Meyer van Thabazimbi en Ben Vorster van Tzaneen het albei vanjaar spanne wat saam met meeste spanne saam kan gesels.
So met die gehalte van die spelers skort daar nie veel nie, dit is om hulle as ‘n span saam te snoer.
Puntemakers:
Pumas 13 (6) – Drie: Juandré Odendaal. Doelskop: Coenraad Visser. Strafdoel: Visser. Limpopo Blou Bulle 8 (3) – Drie: Anthony Brand. Strafdoel: William Thulare.