SuperSport Schools Plus

Griffons klop Griekwas op eerste Vrystaatse Bondedag

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-06-17

DIE Griffons se Cravenweek-span sal heelwat selfvertroue uit sy oorwinning van 43-34 oor sy eweknie van Griekwaland-Wes neem. Die Perses het met die omdraaislag ‘n skrale voorsprong van 17-15 geniet.

Die Perses se slot Arno de Blom en flank Gerrit Otto was hulle span se twee uitstaande spelers in die sege.

Die span se ander kantman, Andre Janse van Vuuren het twee keer agter die Poubloues se doellyn gaan kuier.

Die Vrystaatse Akademie-span het ook heeltemal te veel skietgoed vir sy eweknie van Grens-platteland en ‘n weghol-sege van 102-3 behaal. Die span se senter, Andre Swarts het 34 van sy span se punte aangeteken. Hy het vier van sy span se 16 driee gedruk en ook sewe van die driee verdoel. Die agtsteman Alex Jonker en senter Carel-Jan Coetzee het albei dubelle driedruk-plesier ervaar.

Die Vrystaat Kiewiete het sy wedstryd teen Sandveld 47-12 gewen. Die span se agtsteman Jan Serfontein en flank Niel Terblanche was voorlangs ysters. Agterlangs was die heelagter Jean Janse van Rensburg en losskakel Dean Tucker uitstaande. Die span trek Saterdag vir ‘n oefekamp saam voor hulle Maandag teen Suid-Natal in sy eerste wedstryd op die VKB Reitz-week te staan kom.

Die Perses se o.16-span was 22-7 oor Griekwas-platteland baas. Die span van die Noord-Vrystaat het rustyd 5-0 voorgeloop. Vir die wenspan het sys enter Gerald Ekron uitgeblink. Hy het eers op buitesenter uitgedraf en daarna op binnesenter sy blink vertoning voortgesit. Die agtsteman SJ Malherbe en flank Pieter Jordaan verdien ook ‘n klop op die skouer vir hulle vertonings.

Die Vrystaat Arende het Griekwas-platteland se Cravenweekspan 53-24 uitgestof. Griekwas se o.19-span het sy eweknie Griffons naelskraaps 30-29 uitoorle. Die Perses se plattelandse Akademie-span het sy eweknie van Griekwas-platteland 48-0 verslaan.

Puntemakers:

Griffons o.18 43 (17) – Driee: Andre Janse van Vuuren (2), Shaun Reynolds, Shane Grobler, Wian van der Watt, Sechaba Matsoele. Doelskoppe: Reynolds (5). Strafdoel: Reynolds. Griekwas o.18 34 (15).

Vrystaat Akademie 102 – Driee: Andre Swarts (4), Alex Jonker (2), Carel-Jan Coetzee (2), Dwayne Wessels, Stanley Ramotsana, Callie Janse van Vuuren, Patrick Mbangi, Johan Nel, DP de Lange, Thando Magalakanqa, PC Labuschagne. Doelskoppe: Swarts (7), Jeandre Christiaans (4). Grens-platteland Akademie 3.

Vrystaat Kiewiete 47 – Driee: Chester Sejake (2), Lee-hane Ontong (2), Janus Sander, Eugene Strydom, Kgosi Molapo. Doelskoppe: Sander (3), Dean Tucker (3). Sandveld 12.

Griffons o.16 22 (5) – Driee: GJ van Eeden, Kardelo Moleko, Urzell Speelman, Donovan Bouwer. Doelskop: Bouwer. Griekwas-platteland o.16 7 (0) – Drie: Lynthen Barthies. Doelskop: Joe Willemse

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.