Griffon-liga kry ‘n Spanner by vir 2016
Die enigste Vrystaatse skool wat al as kampioen van die destydse Transvaalse Administrateursbeker (deesdae Beeld Noordvaal Trofee) gekroon is, HTS Sasolburg, sal van volgende jaar weer sy liga-wedstryde in die Noord-Vrystaat speel. Spanners on the Move het laas in 2000 aan die Noord-Vrystaatse liga deelgeneem.
Die skool se eerstespan het in 1986 geskiedenis gemaak toe hy die Administrateursbeker gewen het. Die Tekkies het vir Voortrekkerhoogte van Pretoria met 19-12 in die eindstryd verslaan. Toe HTS Sasolburg destyds in die Noord-Vrystaatse liga gespeel het, het spanne soos Wessel Maree van Odendaalsrus, Bothaville en Riebeeckstad ook nog tussen die groot honde geblaf. Die drie spanne saam met Hennenman spook deesdae sake in die Sandveld-liga uit.
“Ons besluit is slegs daarop gegrond dat ons glo ons spelers sal beter blootstelling by die Griffons kry,” het Schikkie Geldenhuys, afrigter van die span, gese. HTS Sasolburg sal sy aanslag op die liga teen Voortrekker van Bethlehem op sy tuisveld afskop. Sy jaarlikse ENB Classic Clash teen die Hoerskool Sasolburg sal steeds op sy program bly.
Die verdedigende kampioen van die Griffon-liga, Welkom-Gimnasium, sal die eerste naweek van die liga ‘n loslootjie geniet. Gimmies het vanjaar die eerste span vanuit Welkom geword om die Griffon-liga sedert 1998 te wen. In 1998 het HTS Welkom met Louis Strydom en Gilbert Francke aan die spits die liga verower. Gimmies sal sy aanslag om sy titel te behou teen Witteberg begin.
Gimmies se jaarlikse interskole teen Goudveld vind die Saterdag voor die halfeindronde plaas. Die Blou/Rooi-derby vind op 23 Julie in die Afrikaanse Hoerskool Kroonstad se Leeukuil plaas. Die ander wedstryd uit die Noord-Vrystaat wat ENB Classic Clash status geniet, Voortrekker teen Witteberg, word op 28 Mei beslis.
Die halfeindstryde van die liga sal volgende jaar op 5 Augustus beslis word. Die eindstryd vind op 13 Augustus plaas.
Die voorlopige bepalings is (tuisspanne eerste vermeld):
9 April 2016
HTS Welkom vs. AHS Kroonstad
Hoerskool Kroonstad vs. Hentie Cilliers
Goudveld vs. Witteberg
HTS Sasolburg vs. Voortrekker
16 April 2016
Welkom Gimnasium vs. Witteberg
Hentie Cilliers vs. Goudveld
HTS Welkom vs. HTS Sasolburg
AHS Kroonstad vs. Voortrekker
23 April 2016
Witteberg vs. HTS Welkom
Voortrekker vs. Goudveld
Welkom Gimnasium vs. Hoërskool Kroonstad
AHS Kroonstad vs. HTS Sasolburg
7 Mei 2016
AHS Kroonstad vs. Welkom Gimnasium
Hoerskool Kroonstad vs. HTS Welkom
Hentie Cilliers vs. Voortrekker
Witteberg vs. HTS Sasolburg
14 Mei 2016
Welkom Gimnasium vs. HTS Sasolburg
Witteberg vs. Hentie Cilliers
Voortrekker vs. Hoerskool Kroonstad
Goudveld vs. AHS Kroonstad
21 Mei 2016
Hoërskool Kroonstad vs. Witteberg
Hentie Cilliers vs. Welkom Gimnasium
HTS Welkom vs. Voortrekker
HTS Sasolburg vs. Goudveld
28 Mei 2016
Voortrekker vs. Witteberg
Hentie Cilliers vs. AHS Kroonstad
Hoerskool Kroonstad vs. Goudveld
HTS Welkom vs. Welkom Gimnasium
23 Julie 2016
AHS Kroonstad vs. Hoerskool Kroonstad
HTS Sasolburg vs. Hentie Cilliers
Goudveld vs. HTS Welkom
Voortrekker vs. Welkom Gimnasium
30 Julie 2016
Hentie Cilliers vs. HTS Welkom
Welkom Gimnasium vs. Goudveld
Witteberg vs. AHS Kroonstad
HTS Sasolburg vs. Hoerskool Kroonstad




