Griekwas en Valke ryg 17 drieë in
Die Griekwas en Valke het die tema van vanjaar se Coca-Cola Cravenweek van 2017 in Johannesburg tot dusver te harte geneem en alle verdedigingsplanne in die asblik gesmyt.
Die Poubloues het die wedstryd met 60-52 gewen, terwyl daar 17 drieë in die wedstryd gedruk is. Dit is nie aldag dat ‘n span twee spelers het wat driekunste aan drieë behaal en steeds aan die verloorkant is nie.
Soos gebruiklik het Ruben Beytell die drieë ingeryg en drie keer ‘n draai agter die doellyn gemaak. Die losskakel van EG Jansen en die Valke ryg op eerstespanvlak die afgelope paar jaar die drieë in.
Die verloorspan se vleuel, Lesley October, het ook drie keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak.
Griekwas se losskakel, Charles Williams, het spel goed afgewissel en sy agterlyn seepglad weggestuur. In die voorhoede het die haker, Rory Leijdekkers, gewoel.
In die eerste wedstryd van die vierde dag van die Cravenweek op St Stithians College se Baytopp-veld het OP-platteland vir Zimbabwe met 34-14 kaf gedraf.
Puntemakers:
Griekwas 60 (22) – Drieë: Charles Williams (2), Edrich Brand, Wium Becker, Ramon Sauls, Timothy Harding, Majolo Lenge, Lambert Cronje, Craig Ockhuis. Doelskoppe: Williams (6). Strafdoel: Williams. Valke 52 (17) – Drieë: Ruben Beytell (3), Lesley October (3), Wesley Noeth, Dylan Schwartz. Doelskop: Dylan Schwartz (3), JP Pieterse, Beytell, October.
OP-platteland 34 (24) – Drieë: Jack Allanson (2), Claude Jacobs, Johan Lombard, Matt Robertson, Jason Brown. Doelskoppe: Nevaldo Fleurs (2). Zimbabwe 14 (7) – Drieë: Mazvitaishe Nyamarebvu (2). Doelskoppe: Leroy Kagodora (2).
- Athletics Rankings 2026 | Girls u19 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Girls u17 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Boys u17 - 2026-02-05




