SuperSport Schools Plus

Grey voorste skolespan van 2014

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-08-25

Grey-kollege se eerste rugbyspan is weer die beste skolerugbyspan in Suid-Afrika.

Dié span van Bloemfontein het Paul Roos-Gimnasium van Stellenbosch in die Rosestad met 25-20 die loef afgesteek om die seisoen as Suid-Afrika se voorste skolespan af te sluit.

Die grootste verskil tussen die twee spanne was die twee strafdoele van bykans 60 meter waarmee die wenspan se heelagter, Henry Immelman, in die eerste helfte geslaag het.

Dié heelagter, wat waarskynlik later vanjaar sy buiging vir die Vrystaat-Cheetahs in die Curriebeker-reeks sal maak, het altesaam 16 punte aangeteken. Hy het Grey se enigste twee drieë afgerond en het met twee strafdoele geslaag.

Grey se kaptein en agtsteman, Alex Jonker, en die flank De Wet Bezuidenhout het albei ook deurslaggewende bydraes gelewer.

Grey was met die omdraaislag met 12-8 voor nadat die besoekers vroeg met 8-0 voorgeloop het, danksy ’n drie deur hul kaptein en kantman, Michael Meyer.

Immelman se tweede strafdoel het Grey die eerste keer met 9-8 laat voorloop.

) Boland-Landbou is baas op die plaas. Hy het, danksy ’n beter taktiese benadering in die modder op sy tuisveld, Oakdale-Landbou met 13-7 in die jaarlikse interskole getroef.

Boland-Landbou se skrumskakel, Jondré Williams, was veral met sy skopvoet en besluitneming goud werd agter die oond.

Die tuisspan het dié sege behaal, ondanks die feit dat hy ’n volle helfte met net 14 spelers moes klaarkom. Die flank Dawid Labuschagné is net voor rustyd met ’n rooikaart vir ’n kopstamp van die veld af gejaag.

Oakdale se flank Armand Heunis het ’n krag-drie gedruk toe hy die bal agter ’n losskrum opgepik en bo-oor twee van Boland-Landbou se verdedigers gehol het.

Die wenspan se binnesenter, JT Potgieter, het net daarna die sege verseker met ’n drie wat deur die heelagter, Luke Philander, aangevoer is. Philander het – van net buite sy eie kwartgebied af – soos ’n wafferse Gio Aplon verby Oakdale se verdedigers gedans, voordat hy Potgieter in besit gestel het.

 

 

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.