Grey-span se 221 punte teen 0!
Grey-kollege se o.15D-rugbyspan het gister van die glans van sy eerstespan in hul skool se jaarlikse interskole-kragmeting teen Glenwood van Durban gesteel. Die span het net meer as vier punte per minuut in sy wedstryd aangeteken.
Die D-span van Grey se o.15’s het waarskynlik ‘n wêreldrekord-sege van 221-0 oor sy eweknie van Glenwood behaal. Die span van die Rosestad het 31 drieë gedruk, waarvan 28 verdoel is.
Heelwat rugbyspanne het al op verskeie vlakke daarin geslaag om 200 punte aan te teken, maar Grey se o.15D-span het dit in slegs 50 minute vermag.
Die span se losskakel, Chris Bezuidenhout, het 52 van sy span se punte met ses drieë en 11 doelskoppe aangeteken.
“Ek dink ons span het net gekliek en die ouens het nie self probeer speel nie. Die spelers het elke keer die bal aangegee vir sy spanmaat in ‘n beter posisie as hy,” het Tewie Wessels, afrigter van die span, gesê.
Die jaarlikse interskole tussen Grey en Glenwood kan dalk in gedrang wees na die skool van Durban nie ‘n goeie dag in die Rosestad beleef het nie. Grey het in nie minder as agt van die rugbywedstryde daarin geslaag om honderdtalle aan te teken.
Grey het 1998 punte op die dag aangeteken, terwyl Glenwood slegs 119 punte in antwoord daarop kon aanteken.
Grey-kollege se eerstespan het sy wedstryd met 83-10 gewen. Grey se drie SA Skole-spelers Rikus Pretorius, Varkie Greyling en Christopher Schreuder. Glenwood het ook sy slot JJ van der Mescht, stut Jordan Clarke, senter Conan le Fleur en skrumskakel Jaden Hendrikse gemis wat ook vir die nasionale skolespan in aksie was.
Al die uitslae:
Eerstespan wen 83-10
Cherries (2des) wen 74-8
Peaches (3des) wen 124-6
Playboys (4des) wen 147-0
Packmans (5des) wen 121-0
Pigs (6des) wen 152 – 0
Crocs (7des) wen 164-0
16A wen 82-20
16B wen 88-9
16C/D wen 150-0
15A verloor 24-27
15B wen 109-0
u15D won 221-0
15E wen 95-7
14A wen 36-19
14B wen 66-3
14C wen 104-0
14D wen 129-0
14E wen 29-10




