Grey enigste onoorwonne span oor onder die voorstes
Die eerste rugbyspan van Grey-kollege is na sy oorwinning van 15-10 oor die Hoër Jongenskool Paarl op laasgenoemde se tuisveld die enigste van die land se voorste skolespanne wat nog met ’n onoorwonne rekord spog.
Die tuisspan het egter Grey se onoorwonne status behoorlik op die proef gestel. Die span van die Rosestad se verdediging was egter rotsvas.
In die nat en winderige toestande van die Paarl het veral Grey se lostrio Alex Jonker, Henry Slabbert en De Wet Bezuidenhout op die voorgrond getree. Jonker wat ook die span aanvoer is nie bang vir die fisieke aspekte van die spel nie en het ook die bal goed gedra. Bezuidenhout het by die afbreekpunte vir Boishaai besig gehou. Slabbert is ’n speler wat beter speel hoe tawwer ’n wedstryd raak. Hy het ook sy gebruiklike drie gedruk. Slabbert het vanjaar al tien keer vir Grey agter die doellyn gaan kuier.
Die bonkige stut, Callie Janse van Vuuren was soos altyd toe hy sy speelkans van die plaasvervangersbank gekry het, moeilik om grond toe te bring.
Boishaai het voor dié nederlaag vanjaar nog slegs teen Hamilton Boys’ High van Nieu-Seeland (11-15) in die eindstryd van die jaarlikse internasionale toernooi van Sanix in Japan verloor.
Die tuisspan het met die omdraaislag ’n naelskraapse voorsprong van 7-5 geniet.
Na rustyd het Grey se heelagter, Louwtjie Steenkamp met ’n strafdoel geslaag, maar weens die regoppale wat so kort is het die grensregters nie die skop oorgegee nie. Slabbert het sy drie kort hierna gedruk en waarskynlik verhoed dat dié skop se verhaal die meeste aandag na die wedstryd geniet.
Drie minute voor die einde van die wedstryd het Boishaai se heelagter, Ryan Lafite met ’n strafdoel poging die kans gehad om aan sy span ’n voorsprong van 13-12 te gee. Die skop was slegs 33 meter van die pale af, maar weens die sterk wind van voor kon Lafite se skop nie pale haal nie.
Puntemakers:
Grey-kollege 15 (5) – Drieë: Glenn Erickson, Henry Slabbert. Doelskop: Louwtjie Steenkamp. Strafdoel: Steenkamp. Hoër Jongenskool Paarl 10 (7) – Drie: Tristan Solomons. Doelskop: Ryan Lafite. Strafdoel: Lafite.
- Southern teams impress as FNB u18 Craven Week heats up - 2025-07-11
- Results – FNB u18 Craven Week 2025 – Day 4 - 2025-07-10
- Free State soars as Mgedezi and Adams star in Craven Week thriller - 2025-07-10