SuperSport Schools Plus

Gouties verras Hentie Cilliers in Griffon-liga

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-05-19

DIE eerste rugbyspan van Goudveld-Hoërskool het die verdedigende kampioen van die Griffon-liga, Hentie Cilliers op sy tuisveld in Virginia sy tweede agtereenvolgende nederlaag toegedien.

Gouties met sy kaptein en flank, Michael Herbert aan die spits het ’n naelskraapse sege van 20-19 oor die span van Virginia behaal. Dié sege beteken Goudveld kan vir die eerste keer sedert 2009 weer tot die uitkloprondes van die liga deurdring.

Vir die verloorspan was Ezrick Alexander die enigste speler wat hond haaraf kon maak. Hy het ’n hele paar gevaarlikse lopies vanuit die laaste vesting geloots.

) Voortrekker se losskakel, Tokkie van Zyl was briljant in sy span se oorwinning van 43-17 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad op laasgenoemde se tuisveld. Van Zyl het 22 punte tot sy span se totaal bygedra. Hy het twee keer gaan druk en ook met ses doelskoppe geslaag.

Die buitesenter Donovan Bouwer en vleuel Lethole Mokoena het ook goeie spel vir die wenspan opgedis. Vir Rooiskool het die skrumskakel Duncan Horak, senter Kobus Kleyn, flank JP Kalp en haker Herholdt Hills goed vertoon.

) Welkom-Gimnasium het te veel skietgoed vir Hoërskool Kroonstad gehad en 60-12 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se Cravenweek-vleuel, Nazo Nkala het vier keer agter Blouskool se doellyn gaan kuier. Nkala behoort vanjaar een van die Perses se sleutelspeler op die Cravenweek in Middelburg te wees. Die hoogtepunt vir Blouskool was waarskynlik toe sy stut, Roux Wessels vir Nkala hard met moeder aarde laat kennis maak het. Nkala was vir ’n ruk daarna versigtig om aan die bal te vat.

Gimmies se heelagter, Richard Earle het feitlik elke keer wat hy die bal gekry het ver veld met sy teenaanvalle gewen. Die agtsteman, SJ Malherbe het goeie lopies van die skrums af ingekry, terwyl die flank Byron Ferreira in die los gewoel het. Hy was goed deur Zander Wasserman bygestaan. Die senter, Danie Hendricks kan ook tevrede met sy algemene spel voel.

) Witteberg van Bethlehem het HTS Welkom in hulle kragmeting 40-11 getroef. Vir die wenspan het sy flank Aristeo Desiderio en stut Xolani Jacobs voorlangs meer as hulle deel gedoen.

Agterlangs was die senterpaar Louis Spershott en Gerhard van Huysteen saam met die vleuel Tsepi Mofokeng uitblinkers gewees.

Goudveld-Hoërskool 20 – Drieë: Michael Herbert (2). Doelskoppe: Shakile Adams (2). Strafdoele: Adams, Malcolm Brits. Hentie Cilliers 19 – Drieë: Jonathan April, Siyamkela Nxgesha, Benji Muller. Doelskoppe: Jaywinn Juries (2).

Voortrekker 43 (22) – Drieë: Tokkie van Zyl (2), Apin Odendaal, Clinton Moloi, Lethole Mokoena, Donovan Bouwer. Doelskoppe: Van Zyl (6). AHS Kroonstad 27 (13) – Drieë: Duncan Horak, Ettienne O’Donovan, Francois Stemmet. Doelskoppe: Ruben Aucamp (2), Corné Cooper. Strafdoele: Aucamp (2).

Welkom-Gimnasium 60 (38) – Drieë: Nazo Nkala (4), SJ Malherbe (2), Fanie Vermaak, JL Carry-Smith, Danie Hendricks. Doelskoppe: Carry-Smith (5). Hoërskool Kroonstad 12 (12) – Strafdoele: Reinhardt Kleinhans (4).

Witteberg 40 – Drieë: Tsepi Mofokeng (2), Louis Spershott, Aristeo Desiderio, Gerhard van Huysteen, Reinhardt Chapman. Doelskoppe: Spershott (5). HTS Welkom 11 – Drie: Jaco Jooste. Strafdoel: Thato Rakoata. Skepdoel: Rakoata.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.