SuperSport Schools News

Gauteng skole lewer naelbyt-netbal

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-06-19

IMG 6876Die afgelope naweek se Gauteng Netbalkampioenskappe vir Senior Sekondêre skole het netbal uit die boonste rakke gelewer.

Die toernooi, wat by Hoërskool Dr. E.G. Jansen in Boksburg plaasgevind het, het die top spanne van o.14 tot o.19 uit Tshwane, Ekurhuleni, Johannesburg en Sedibeng ingesluit en meer as 280 wedstryde is oor twee dae gespeel.

Soos verwag het die Pretoria skole goed gevaar, veral in die o.19 ouderdomsgroep waar hulle die top 5 posisies beklee het na afloop van die finale rondte.

Hoërskool Menlopark se o.19-span het onoorwonne uit die stryd getree nadat hulle die semi-finaal teen die Afrikaanse Hoër Meisieskool in die doodsnikke gewen het met ‘n finale telling van 18-17.

Menlopark het die eerste kwart oorheers en het 7-3 voorgeloop na die eerste 10 minute. Daarna moes Affies Meisies hard werk om die agterstand in te haal, maar hulle het eers in die laaste kwart werklik daarin geslaag om druk op Menlo Park te sit.

Vir meeste van die finale kwart was daar nie meer as een punt verskil tussen die twee spanne nie, en die telling was gelykop (17-17) met slegs 10 sekondes oor op die horlosie. Menlopark het kalm gebly en die druk baie goed verwerk. Met spoed en uitstekende hantering het hulle die bal by die doele gekry om die wedtryd met 18-17 te wen.

Die oorwinning het baie vir Menlo Park beteken, aangesien hulle met slegs een doel in ekstra tyd teen Affies Meisies verloor het in hul liga-wedstryd vroeër die seisoen.

Die ander semi-finaal is deur Eldoraigne gewen toe hulle 31-27 met Zwartkop afgereken.

In die o.19 finaal tussen Menlopark en Eldoraigne was Menlopark weereens vining uit die blokke en loop 8-5 voor aan die einde van die eerste kwart. Die tweede kwart is ook deur Menlo Park oorheers, en met ‘n halftydtelling van 15-8 het dit gelyk of hulle waarskynlik die wedstryd in die sakkie het.

Eldoraigne het egter ander planne gehad en het Menlopark beperk tot slegs vier doele in die derde kwart, terwyl hulle self sewe aangeteken het. Die meisies van Centurion het in die laaste kwart op hul veggees voortgebou en die telbord het op 23-23 gestaan met slegs ‘n minuut se speeltyd oor. Weereens het Menlo Park se meisies gewys dat hulle kan kophou onder druk en het hulle die wendoel in die laaste minuut aangeteken.

Die stryd vir derde en vierde plek is ook met slegs een doel bepaal toe Affies met 30-29 teen Zwartkop geseëvier het. Die skole se fokus verskuif nou na die Nasionale Kampioenskappe wat 4 en 5 Augustus 2017 ook by Dr. E.G. Jansen plaasvind.

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool het al die ander ouderdomsgroepe oorheers, met die skole van Johannesburg wat veral in die o.14 en o.16 ouderdomsgroepe sterk kompetisie vir die Pretoria skole was. Die finale ranglyste per ouderdomsgroep lyk soos volg:

o.14

1. AHMP
2. Helpmekaar
3. Monument
4. Zwartkop
5. Dinamika
6. Volkskool
7. Dr. E.G. Jansen
8. Dr. Malan
9. Garsfontein
10. Linden
11. Menlo Park
12. Cornwall Hill
13. Kempton Park
14. Trinity
15. Maragon
16. Fourways
17. Marais Viljoen

o.16

1. AHMP
2. Waterkloof
3. Dinamika
4. Noordheuwel
5. Monument
6. Helpmekaar
7. Eldoraigne
8. Garsfontein
9. Menlo Park
10. Florida
11. Jeugland
12. Kempton Park
13. Vereeniging Gim
14. Driehoek
15. Linden
16. Dr. E.G. Jansen
17. Randpark

o.17

1. AHMP
2. Volkskool
3. Waterkloof
4. Garsfontein
5. Monument
6. Menlo Park
7. Helpmekaar
8. Noordheuwel
9. Zwartkop
10. Dr. E.G. Jansen
11. Marais Viljoen
12. Linden
13. KHS
14. Hans Moore
15. Dr. Malan
16. Kempton Park
17. Randpark

o.19

1. Menlo Park
2. Eldoraigne
3. AHMP
4. Zwartkop
5. Garsfontein
6. Dr. E.G. Jansen
7. Helpmekaar
8. Linden
9. Kempton Park
10. Edenvale
11. Riebeeckrand
12. Noordheuwel
13. Vereeninging Gim
14. KHS
15. Marais Viljoen
16. Dr. Malan
17. Monument

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.