SuperSport Schools Plus

Garsies draf Klofies kaf

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-05-19

Die eerste span van die Hoërskool Garsfontein het Waterkloof Saterdag op sy tuisveld met 44-19 kafgedraf.

In die eerste helfte was daar net een span op die veld en Garsfontein het met die omdraaislag met 27-9 voorgeloop. Die span se slot Le Roux Roets se werkverrigting het met rasse skrede verbeter en met sy stormlopies het hy sy span kort-kort oor die voordeellyn gekry. Die flank Ruan Ackermann was ook ’n doring in Klofies se vlees. Hy is die seun van Johan Ackermann, die Leeus se breier en voormalige Bok-slot.

Die ster van die sege was egter Embrose Papier, skrumskakel, wat vanjaar moeilik uit die nasionale skolespan gehou gaan word. Papier het ’n drie vanuit sy eie kwartgebied van ’n skrum af gedruk. Hy het ook ’n hele paar keer soos ’n warm mes deur botter deur Klofies se verdediging gesny.

Klofies se ysterman langs die kant van die skrum, Juandré Michau, is vroeg in die eerste helfte met ’n rooi kaart van die veld gestuur. Dit het Klofies duur te staan gekom en net die geleerde skopskoen van Tinus de Beer, losskakel, het die skade beperk.

Jan-Henning Campher, Garsies se haker, het ’n uitstekende vertoning gelewer. Hy het ’n

hele paar keer soos ’n wafferse senter bresse in die tuisspan se verdediging geslaan. Franco Naudé, senter, PJ Toerien, flank, en Henk Esterhuizen, heelagter, kan ook baie tevrede met hul vertonings voel.

Aan Klofies se kant verdien die vleuel Corné Schoeman, De Beer en Stedman Gans ’n klop op die skouer.

Herman Brits, Garsfontein se agtsteman, en JP Wegner, losskakel, is in die tweede helfte koelkas toe gestuur. Garsies was in dié tyd drie keer agter Waterkloof se doellyn.

) Centurion het verras deur Menlopark met 35-32 die loef af te steek. Die wenspan se kantman Denver Robertson, Cornel Jacobs, agtsteman, en Hendrik Mulder, los­skakel, was hul span se uitblinkers.

Die HTS Middelburg het sy ENB Classic Clash teen die
Hoërskool Middelburg met 44-12 gewen. Barend Smit, heelagter, het 19 van sy span se punte aangeteken. Hy het twee drieë gedruk, drie doelskoppe oorgeklits en ook met ’n strafdoel geslaag. Stephan Enslin, skrumskakel, was die Rooi Bulle se speler van die wedstryd.

) Helpmekaar het die Hoërskool Pietersburg ’n drag slae van 73-5 toegedien. Die Bruin Masjien se voorryman Gihard Visagie het 23 van sy span se punte aangeteken. Hy het een van sy span se 11 drieë gedruk en nege daarvan verdoel.

) Die Hoër Afrikaanse Seunskool van Pretoria het sy Premier Interschools-wedstryd teen King Edward (KES) met 38-15 gewen en daarmee sy onoorwonne status teen KES behou.

Eduan Keyter, heelagter, was weer een van sy span se staatmakers. KES se slot Dorian Botha het die wenspan probleme in die lynstane besorg.

BLOU BULLE

Garsfontein 44 (27): Drieë: Embrose Papier (2), Lyle Maart (2), Conree Poole, Shakeel Fredericks, Henk Esterhuizen. Doelskoppe: JP Wegner (2), Fredericks. Strafdoel: Wegner. Waterkloof 19 (9): Drieë: Wilbri Günter, Runan Venter. Strafdoele: Tinus de Beer.

Centurion 35 (18): Drieë: Gavin Pienaar, Shane Erasmus, Cornel Jacobs, Denver Robertson. Doelskoppe: Hendrik Mulder (3). Strafdoele: Mulder (3). Menlopark 32 (12): Drieë: Tiaan Pienaar, Jeandré van der Walt, Willem Hofmeyr, Arnold Gerber. Doelskoppe: Marco Dönges (3). Strafdoele: Dönges (2).

Affies 38 (14): Drieë: Vic Meyer, Jan van der Merwe, Henco Jordaan, Rohan Roelofse, ­Eduan Keyter. Doelskoppe: Eddie Fouché (5). Strafdoel: Fouché. King Edward VII 15 (3): Drie: Naas du Plessis. Doelskop: Tony de Zorzi. Strafdoel: De Zorzi.

) Ander – Makro-skole: Eerste spanne: Wonderboom 20, Montana 17. o.16: Wonderboom 36, Montana 7; Menlopark 64, Centu­rion 3. o.15: Wonderboom 22, Montana 22; Menlopark 34, Centurion 3. o.14: Montana 25, Wonderboom 0; Menlopark 51, Centurion 0. Groot skole: Eerste spanne: Pretoria-Noord 22, Wagpos 15. o.16: Pretoria-Noord 10, Wagpos 10. o.15: Pretoria-Noord 26, Wagpos 5. o.14: Pretoria-Noord 22, Wagpos 5.

Medium skole – Eerste spanne: Die Wilgers 24, Midstream-kollege 17. o.16: Die Wilgers 19, Midstream-kollege 7. o.15: Midstream-kollege 12, Wilgers 7. o.14: Midstream-kol-lege 8, Die Wilgers 7.

LEEUS

Linden 29: Drieë: Kyle Lues (2), Brandon Lizamore, Bredon Schutte. Doelskoppe: Lues (3). Strafdoel: Lues. Dinamika 0.

Helpmekaar 73: Drieë: Justin Taylor (2), Christo Saayman (2), Frank Francis (2), Heinrich Slabber, Mel Mathieson, Tjaart Eygelaar, Gihard Visagie, Nico Erasmus. Doelskoppe: Visagie (9). Hoërskool Pietersburg 5.

Monument 64 (33): Drieë: Francois Naudé (2), Josh Swanepoel (2), Henry Lloyd (2), Armand Grobler, Reinhardt Nothnagel, Ashley Carr, Steph Fitzgerald. Doelskoppe: Wikus van Biljon (7). St. Benedict-kollege 21 (7).

Jeppe Boys’ High 10: Drieë: Emanuel Maruwana, Tshepo Thulo. Pretoria Boys’ High 9.

) Ander – Groot skole: Eerste spanne: Linden 38, Bastion 24; Linden 29, Riebeeckrand 19. o.16: Linden 55, Bastion 3; Linden 37, Riebeeckrand 0. o.15: Bastion 15, Linden 0; Riebeeckrand 24, Linden 3. o.14: Linden 27, Riebeeckrand 5; Linden 49, Bastion 7.

LIMPOPO

Frikkie Meyer 27 (15): Drieë: Willem Beukes, Adriaan de Lange, Danian Strauss, Jason Dye, Cornis Swanepoel. Doelskop: Benhard Janse van Rensburg. Hans Strijdom 5 (5): Drie: PJ van Vuuren.

Ben Viljoen 21: Drieë: Snyman Thessner, Louis du Plessis, Chris Jenkinson. Doelskoppe: Nicky Thessner (3). HTS Tom Naudé 12.

Nylstroom 22: Drieë: Mohale Moshisi, Lerato Keagilo, Riaan du Toit, Tsepo Phabo. Doelskop: Jarrik van der Walt. Warmbad 20.

) Ander: Eerste spanne: Stanford Lake 37, Eric Louw 13; Ellisras 31, Piet Potgieter 12. o.16: Stanford Lake 12, Eric Louw 7; Piet Potgieter 17, Ellisras 12; Hans Strijdom 23, Frikkie Meyer 20; Ben Viljoen 43, Tom Naudé 12; Warmbad 22, Nylstroom 22. o.15: Eric Louw 38, Stanford Lake 0; Ellisras 37, Piet Potgieter 15; Frikkie Meyer 12, Hans Strijdom 10; Ben Viljoen 40, Tom Naudé 5; Warmbad 14, Nylstroom 5. o.14: Piet Potgieter 17, Ellisras 7; Frikkie Meyer 62, Hans Strijdom 7; Ben Viljoen 38, Tom Naudé 0; Nylstroom 34, Warmbad 5.

LUIPERDS

Hoërskool Klerksdorp 27: Drieë: Riaan Scholts (2), Desmond Waldeck, Erick Hough. Doelskoppe: Hough (2). Strafdoel: Hough. Potchefstroom Gimnasium 28.

Lichtenburg 27: Drieë: Michael Wolmarans, Heinrico Maree, Okkie Ackerman. Doelskoppe: JG Cate (3). Strafdoele: Cate (2). Potchefstroom Volkskool 21.

) Ander – Groot skole: o.16: Potch Gimmies 13, KHS 12. o.15: Potch Gimmies 10, KHS 5. o.14: Potch Gimmies 44, KHS 0.

Eerste spanne: Bergsig 8, Brits 7; Schoonspruit 60, Wolmaransstad 30; Hoërskool Rustenburg 25, Ben Vorster 19. o.16: Brits 31, Bergsig 5; Potch Volkies 7, Lichtenburg 6; Schoonspruit 29, Wolmaransstad 28. o.15: Brits 7, Bergsig 5; Lichtenburg 26, Potch Volkies 15; Schoonspruit 12, Wolmaransstad 10. o.14: Bergsig 34, Brits 0; Lichtenburg 19, Potch Volkies 8.

PUMAS

HTS Middelburg 44: Drieë: Barend Smit (2), Lohan Bennet, Liaan Prinsloo, Chrisjan Steynberg, Erich Basson, Ruan Ludick. Doelskoppe: Smit (3). Strafdoel: Smit. Hoërskool Middelburg 12.

Hoërskool Nelspruit 27: Drieë: George Muller (2), Ideon van der Merwe. Doelskoppe: Wessel Muller (3). Strafdoele: Muller (2). HTS Witbank 7.

Secunda 41: Drieë: Christiaan Naudé (2), Righ Potgieter, Neo Letsing, Bongeka Mhlanga, Coenie Dysel, Dillen Erasmus. Doelskoppe: Naudé (2), Potgieter. Generaal Hertzog 0.

Standerton 38: Drieë: Muller Boshoff, JP de Klerk, Mfundo Ndlovu, Thato Thwala, Karlo Els. Doelskoppe: Riaan Groenewald (2). Strafdoele: Groenewald (3). Volksrust 23: Drieë: Chris van der Merwe, Schalk van Rooyen. Doelskoppe: SW van Wyk (2). Strafdoele: Van Wyk (3).

Ermelo 24: Drieë: Pieter Bekker, JG Serfontein, Jooste Nienaber. Doelskoppe: Bekker (3). Strafdoel: Bekker. Hoogenhout 12: Drieë: Ashley Mathula, Philani Nkosi. Doelskop: Mathula.

) Ander – Makro-skole: o.16: HTS Witbank 19, Nelspruit 10; HTS Middelburg 79, Middelburg 0. o.15: Nelspruit 27, HTS Witbank 5; HTS Middelburg 66, Middelburg 0. o.14: Nelspruit 59, HTS Witbank 0; HTS Middelburg 19, Middelburg 12.

Groot skole – Eerste spanne: Oosterland 25, Rob Ferreira 20. o.16: Secunda 24, Hertzog 10; Rob Ferreira 46, Oosterland 3; Volksrust 20, Standerton 19; Ermelo 48, Hoogenhout 24. o.15: Secunda 50, Hertzog 0; Rob Ferreira 26, Oosterland 11; Standerton 25, Volksrust 5; Ermelo 32, Hoogenhout 21. o.14: Secunda 13, Hertzog 7; Rob Ferreira 43, Oosterland 8; Standerton 42, Volksrust 10; Hoogenhout 27, Ermelo 12.

VALKE

EG Jansen 33 (19): Drieë: Delano Kotze (2), Edwin Jansen, Xander Crause, Juan Botha. Doelskoppe: Kotze (4). Kempton Park 27 (12): Drieë: Christopher Schimper (2), Juandré van der Walt, Marnus Gruber. Doelskoppe: Gruber (2). Strafdoel: Gruber.

Vereeniging Gimnasium 40 (17): Morné Labuschagné (2), Donovan Venter, DC du Plessis, Stuart de Lacey. Doelskoppe: Erjee Hee­nop (3). Strafdoele: Heenop (2). Skepdoel: Heenop. Jeugland 15 (15).

) Ander – Makro-skole:

o.16: EG Jansen 16, Kempton Park 15; Ver­eeni­ging Gimnasium 27, Jeugland 0. o.15: Kempton Park 19, EG Jansen 19; Vereeniging Gimnasium 74, Jeugland 0. o.14: Kempton Park 31, EG Jansen 0; Gimnasium 26, Jeugland 5.

Groot Skole – Eerste spanne: Hugenote 59, Springs Boys High 5; Benoni High 49, Elspark 24; Hans Moore 15, Oosterlig 13; Transvalia 48, Driehoek 21.

o.16: Hugenote 45, Springs Boys High 5; Benoni High 13, Elspark 0; Oosterlig 21, Hans Moore 19; Transvalia 68, Driehoek 0. o.15: Hugenote 60, Springs Boys High 0; Elspark 10, Benoni High 7; Oosterlig 20, Hans Moore 8; Transvalia 33, Driehoek 5. o.14: Hugenote 53, Springs Boys High 0; Benoni High 10, Els­park 3; Oosterlig 22, Hans Moore 7; Transvalia 101, Driehoek 0.

Medium skole

Eerste spanne: Stoffberg 62, Delmas 5; HTS Sasolburg 27, Carel de Wet 15.

o.16: Stoffberg 15, Delmas 0. o.15: Stoffberg 39, Delmas 5. o.14: Stoffberg 17, Delmas 3.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.