SuperSport Schools Plus

Garsfontein troef Boishaai op dag een van jaarlikse o.15-rugbyweek

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-04-03

NewsBoishaaiu15Die Hoerskool Garsfontein se o.15-rugbyspan het sy eweknie van Paarl Boys’ High in die hoofwedstryd van die eerste dag van Boishaai se jaarlikse o.15-rugbyweek met 12-5 uitoorle. Garsies sal vandag ook behoorlik getoets word. Die span van Pretoria kom teen Grey-kollege van Bloemfontein te staan. 

Die span van die Rosestad sal behoorlik omgekrap wees na hy Saterdag met 5-45 sy rieme behoorlik teen Paarl Gimnasium styfgeloop het. Gimmies kom vandag teen Monument van Krugersdorp te staan. Monnas het op die eerste dag in ‘n taai stryd vir Paul Roos Gimnasium met 17-12 verslaan. 

Die gasheer kom teen Menlopark op die tweede dag te staan. Menlopark het self ‘n gedugte span en het Saterdag vir Framesby met 48-19 getroef. 

Al die uitslae van die eerste dag: 

Garsfontein 12, Paarl Boys’ High 5; Paarl Gimnasium 45, Grey College 5; SACS 16, Westville Boys’ High 5; Oakdale Landbou 36, HTS Middelburg 20; Rustenburg 10, Stellenberg 5; Menlopark 48, Framesby 19; Monument 17, Paul Roos Gimnasium 12; Florida 27, Secunda 7.

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.