SuperSport Schools Plus

Gaan Minnie se Bloudruk genoeg wees vir Diamonds om septer te swaai

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-05-10 Tags: ,

NewsGMorneMatthewsonDie tafel is gedek vir ‘n opwindende interskole tussen Noord-Kaap en Diamantveld in Kimberley. Die kragmeting is ‘n FNB Classic Clash en word saam met al die wedstryde op die A-veld regstreeks via Diamantveld TV op DigiTV.co.za uitgesaai.

Albei spanne se afrigters sou na die eerste dag van die Wildeklawer-toernooi gevoel het dat hulle op ‘n goeie plek is, maar pakslae op die laaste dag sou albei weer terug aarde toe gebring het.

Diamantveld het in ‘n opwindende openingswedstryd die knie net-net teen ‘n gedugte Stellenberg (19-22) gebuig. Noord-Kaap het in sy eerste wedstryd ‘n roemryke sege van 34-33 oor Helpmekaar-kollege behaal.

Die Hoërskool Outeniqua se afrigter, Abré Minnie, het ‘n reuse guns aan Diamantveld se afrigter, Jaco Dames, bewys. Minnie het vir Dames in sy span se sege van 50-7 oor Noord-Kaap presies gewys hoe jy te werk moet gaan om Northerns se gevaarlikse agterhoede hok te slaan.

Griekwas se voorlopige Cravenweek-span se agterlyn bestaan uit Northerns se agterlyn, terwyl meeste spelers in die Poubloues se agttal gewoontlik in ‘n hemelblou-trui uitdraf.

Diamantveld se sukses sal afhang of sy kaptein en agtsteman, Stefan Swart, sy troepe binne die spelpatroon kan hou. Hy sal ook met sy kraglopies moet sorg dat sy span gereeld die voordeellyn oorsteek.

Northerns se gevaarlike heelagter en kaptein, Elzandro Fredericks, sal hok geslaan moet word indien Diamonds ‘n sege wil behaal. Die regtervleuel, Jacquin van Wyk, beskik oor hope vaart en het vanjaar die 100m vanjaar al in 10.66 sekondes afgeblits.

Al die netbalwedstryde van die interskole op Baan A word ook regstreeks op DigiTV.co.za gebeeldsend. 

Die spanne is:

Hoërskool Noord-Kaap: 15 Elzandro Fredericks, 14 Jacquin van Wyk, 13 Keano Windvogel, 12 Jesse-Owen Denation, 11 Moemagare Molete, 10 Seanrique Daniels, 9 Alnino Lorten, 8 Jessie Bester, 7 Kayle Maritz, 6 Duvan van der Merwe, 5 Jean Engelbrecht, 4 Franco Stassen, 3 Jessy Thomas, 2 Devin Steenkamp, 1 Tlotlo Mokomele. Plaasvervangers: 16 Ryno Rinkwest, 17 Elrique Davids, 18 Ashraaf Muhammed, 19 Bradley Human, 20 Corné du Plessis, 21 Revano Muller, 22 Johan Oberholzer, 23 André Hanekom.

Hoërskool Diamantveld: 15 Keenan Beckett, 14 Charl Burger, 13 Hugh Murray, 12 Sean Harding, 11 Cole Arnoldus, 10 Morné Matthewson, 9 Dennie Ludick, 8 Stefan Swart, 7 Ryno van Rensburg, 6 Sello Maketlo, 5 Niel Swartz, 4 Llewellyn Stadler, 3 Rudolph Steinmann, 2 Louis Vermeulen, 1 Anrich Rosenstrauch. Plaasvervangers: 16 Jan Potgieter, 17 Janrico Malan, 18 Jayden van Rooyen, 19 Jano Badenhorst, 20 Hennie Ludick, 21 Shakeel Rosen, 22 Brendon Greyling, 23 Danie Botha.

Skeidsregter: Jaco Kotze (Free State Referees Association)

Vorige Uitslae:

 
2018Diamantveld22Noord-Kaap16
2017Noord-Kaap26Diamantveld19
2016Noord-Kaap32Diamantveld17
2015Diamantveld16Noord-Kaap10
2014Diamantveld24Noord-Kaap12
2013Noord-Kaap27Diamantveld19
2012Noord-Kaap22Diamantveld15
2011Noord-Kaap27Diamantveld20
2011Noord-Kaap44Diamantveld7
2010Noord-Kaap21Diamantveld12
2009Noord-Kaap24Diamantveld13
2008Noord-Kaap27Diamantveld24
2007Diamantveld28Noord-Kaap0
2007Diamantveld17Noord-Kaap11
2006Diamantveld48Noord-Kaap16
2006Noord-Kaap11Diamantveld10
2005Diamantveld26Noord-Kaap18
2004Noord-Kaap13Diamantveld10
2004Noord-Kaap22Diamantveld20
2003Diamantveld24Noord-Kaap22
2003Noord-Kaap18Diamantveld13

[powr-comments id=”7d0b290b_1557492626559″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.