SuperSport Schools Plus

Fichies sal moet hard werk om onoorwonne status teen Trekkers te behou

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-05-25

FOTO: Willie Kruger

Fichardtpark en Voortrekker pak mekaar hierdie Vrydag om 14:30 in Bloemfontein aan in hul laaste wedstryd van die kwartaal.

Die Wesgrow Sentrale Sportreeks bepaling word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou.

Verlede jaar het die Trekkers gemaklik met 40-17 gewen in Bethlehem, maar die Fichardtparkspan sal sake wil regstel in Bloemfontein hierdie naweek.

Die Fichie Leeus beleef ‘n droomseisoen tot dusver. Hulle is nog onoorwonne in hul 13 wedstryde die seisoen, met die enigste twee wedstryde wat hulle nie kon wen nie wat gelykop geeindig het teen Hoërskool Pietersburg (31-elk) en Hoërskool Trio (17-elk).

Hulle het laas naweek ‘n groot 43-0 sege oor hul buurskool, HTS Louis Botha, behaal en sal uitsien daarna om om die kwartaal op ‘n hoë noot af te sluit en terselftertyd op te maak vir die vorige jaar se nederlaag teen Voortrekker.

‘n Paar van die Fichardtpark spelers steek hierdie seisoen hul hand op vir die Craven-week span, soos hul blitsige vleuels, Edward Mpinga en Janco Mollentze en hul spelbreker skakelpaar van Dailen Geldenhuys (losskakel) en Devanté Claassen (skrumskakel).

Voorlangs is dit hul kaptein, Jaco Grobbelaar (slot), wie die leisels neem en gereeld die voordeel in sy span se guns laat swaai met sy werk in die losgemaal.

Die Trekkers het meer van ‘n gemengde seisoen, maar kom van twee groot seges in belangrike wedstryde af na hulle eers vir Witteberg in die Bethlehem derby met 24-16 kon oorkom in hul FNB Classic Clash, en toe verlede naweek teen Hentie Cilliers van Virginia ook baas was met 38-13 in hul groot interskole.

Die besoekers het definitief ook die wind in hul seile, en Arnold Ras (haker), Kaneng Komane (vleuel), Kamohelo Moses (vleuel) en Thumi Khoza (heelagter) is tans op topvorm en kan ‘n handvol vir die tuisspan se verdediging wees.

Die Rosestad bied dan ook Saterdag lekker baie rugby aan, met Jim Fouché wat vir Landboudal aanpak, HTS Louis Botha en Sentraal wat kragte meet, en Hoërskool Bloemfontein wat hul kwartaal sterk sal wil eindig teen Zastron.

Die spanne is:

Fichardtpark t. Voortrekker , Vrydag, 26 Mei, om 14:30

Fichardtpark: 15 Rubin Visagie, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Erick Klopper, 7 Wian Pienaar, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Jaco Grobbelaar, 3 Nathan Swanepoel, 2 Luhan du Plessis, 1 Zaine van Zyl.

Bethlehem Voortrekker Hoërskool: 15 Thumi Khoza, 14 Kamohelo Moses, 13 Hein Smith, 12 Craig Mann, 11 Kaneng Komane, 10 Tiaan van Rooyen, 9 Alexander Maree, 8 Archie Gertenbach, 7 Juan Duminy, 6 Jayden de Jesus, 5 Harry Kymdell, 4 Alberto Argentino, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francios Maree.

Jim Fouché t. Landboudal, Saterdag, 27 Mei, om 12:20

Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Wiandro Wiese, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Triston van der Walt, 8 Calvin Bolt, 7 Ruan Heymans, 6 CJ Raath, 5 SW van der Merwe, 4 Stefan van Rooyen, 3 Stean Marais, 2 Stefan Venter, 1 Bernard Labuschagne.

Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Barry Pretorius, 13 Jan Louis Nel, 12 Franz Homsek, 11 Robin van der Walt, 10 Vuyani Moore, 9 Coenraad Pretorius, 8 Juhan van der Westhuizen, 7 AJ Burger, 6 Juhan Swanepoel, 5 Dylan Janse van Rensburg, 4 Franke Fourie, 3 Wianco Ludicke, 2 Bielie Davel, 1 Loffie Ackerman.

HTS Louis Botha t. Sentraal, Saterdag, 27 Mei, om 12:20

HTS Louis Botha: 15 Kutlo Seyoko, 14 Ayanda Qinisa, 13 Phiwe Mkunjana, 12 Phelile Katse, 11 Phumelela Banti, 10 Sipho Dzingwa, 9 Oratile Maphile, 8 Kwanda Tokwe, 7 Mogomotsi Mokunyane, 6 Neo Mothibeli, 5 Ofentse Tholometsi, 4 Sakhekile Mzamo, 3 Daniel Tjimbundi, 2 Indiphile Mabilwana, 1 Tshiamo Senoamadi.

Sentraal: 15 Pat Cloete, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Hanco Smith, 12 Reece van Rooyen, 11 Ruan van Niekerk, 10 Hendrik Jonker, 9 Johan van der Merwe, 8 Sarel Taljaard, 7 Stephan de Lange, 6 Chris Kachelhoffer, 5 Steven Smith, 4 Damian van Zyl, 3 AJ Senekal, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

Hoërskool Bloemfontein t. Zastron, Saterdag, 27 Mei, om 11:30

Hoërskool Bloemfontein: 15 Kananelo Molelengoane, 14 Thabile Mokwatlo, 13 Kenslyn Collins, 12 Merlique May, 11 Caydon Ontong, 10 Waylon Cedras, 9 Arthur Maasdorp, 8 Brandon Erasmus, 7 Karabo Loke, 6 Nico Kleynhans, 5 Frans Goliath, 4 Nyiko Thai, 3 Mosa Dipoko, 2 Duan Visagi, 1 Lefa Maino.

Zastron: 15 Kuthle Mdladlamba, 14 WG Rautenbach, 13 Mawethu Maqudela, 12 Kamo Masiloane, 11 Brady Randall, 10 Reinico Nel, 9 Lecha Leballo, 8 JP van Rooyen, 7 GD Bruwer, 6 Jean Pierre Steenkamp, 5 Rico Botha, 4 Marcus Allerston, 3 Jan Adrian Grobler, 2 Christin du Toit, 1 Frans Botha.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.