Fichies en De Aar onoorwonne op Despatch
FICHARDTPARK se eerste rugbyspan het nie ‘n enkele punt op die jaarlikse Despatch Sportfees afgesteen nie. Fichies het Vrydag teen DF Malherbe ‘n oortuigende sege van 41-0 behaal.
Die span van die Rosestad se senter, Dewald Coetzee het drie van die wenspan se sewe drieë gaan druk. Die kragmeting was slegs 50 minute lank. Die haker Zandré Nortjé, slot Wieghardt Hattingh en losskakel Stefan Kloppers het goeie vertonings in die wedstryd gelewer.
Saterdag het Fichies vir Otto du Plessis 22-0 tot oorgawe gedwing. Coetzee, Kloppers en Eckhardt Khun en heelagter Francois van Rooyen was die uitblinkers in die oorwinning.
Fichies het ook Dinsdag teen Voortrekker van Bethlehem gespeel en toe 17-31 die onderspit gedelf. Die Trekkers het rustyd 12-10 voorgeloop danksy vier strafdoele deur sy losskakel Tokkie van Zyl.
Die span van Bethlehem se twee vleuel Tiisetso Madonsela en Lethole Mokoena het hope vaart en het elk in die tweede helfte gaan druk. Albei was saam met Van Zyl skitterend agterlangs. Van Zyl het slegs een poging na die pale skeefgetrek. Voorlangs was die loskopstut, Helgard van Heerden ‘n yster. Fichies se losskakel Kloppers het ses strafdoel pogings na die pale toe skeef gekorrel.
Vir die verloorspan kan Kuhn, die agtsteman Pieter Coetzee en stut Jaco Potgieter tevrede oor hulle vertonings in die wedstryd voel.
De Aar het ook Despatch se Sportfees bygewoon. Die span het twee sege behaal deur HTS Port Rex (25-0) en Westering (17-12) te klop.
Wilgerivier van Frankfort was te sterk vir Leeuwenhof Akademie op sy jaarlikse sportdag in die Oos-Vrystaat. Die gasheer het die kragmeting 27-3 gewen. Reitz het self ‘n goeie sege die week behaal deur Generaal Smuts 27-5 te klop. Reitz neem deel aan die Pukke se aandreeks waarvan die wedstryd deel is.
Paul Erasmus van Senekal het Wessel Maree van Odendaalsrus 59-0 afgeransel.
Puntemakers:
Reitz 27 – Drieë: Paul Terblanche (2), Hannes Aucamp, NP Linde, Adriaan Davel. Doelskop: Linde. Generaal Smuts 5.
Voortrekker 31 (12) – Drieë: Boeta Vermaak, Tiisetso Madonsela, Lethole Mokoena. Doelskoppe: Tokkie van Zyl (2). Strafdoele: Van Zyl (4). Fichardtpark 17 (10) – Drieë: Erhard Smith, Wieghardt Hattingh. Doelskoppe: Stefan Kloppers (2). Strafdoel: Kloppers.
Fichardtpark 41 – Drieë: Dewald Coetzee (3), Zandré Nortjé, Wieghardt Hattingh, Francois van Rooyen, Rikus Munnik. Doelskoppe: Stefan Kloppers (3). DF Malherbe 0.
Fichardtpark 22 (8) – Drieë: Zandré Nortjé (2), Dewald Coetzee. Doelskoppe: Stefan Kloppers (3). Otto du Plessis 0.
Wilgerivier 27 (13) – Drieë: Jahn Workel (2), Ricardo Frade. Doelskoppe: Gerrie Muller (3). Strafdoele: Muller (2). Leeuwenhof Akademie 3 (3).