Fichardtpark Sportdag steeds grootste in die land
Die Hoërskool Fichardtpark se jaarlikse Clover Sportdag sal vandag weer sy reputasie as Suid-Afrika se grootste skole-sportdag gestand doen. Altesaam 28 eerste rugbyspanne sal op dié dag in aksie wees, met die gasheer wat vir Hentie Cilliers van Virginia in die hoofwedstryd die stryd sal aansê.
Die laaste keer wat die twee spanne mekaar op dié sportdag ontmoet het, was Fichies oortuigend met 29-0 in 2007 baas. Die gasheer se enigste Springbok tot op hede, Lionel Mapoe, was aan die spits van daardie oorwinning.
Fichies sal vandag ook as gunsteling op die veld draf na Henties se nederlaag van 20-14 teen die Hoërskool Kalahari van Kuruman op Brandfort se sportdag.
Die span van Fichies wat deur Dirkie Groenewald gebrei word, het self verlede week teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (24-14) in die stof gebyt.
Die tuisspan se twee losvoorspelers, die agtsteman Hugo Maartens en flank, Eckhardt Kuhn, sal sleutelrolle vir hulle span vertolk.
Die wedstryd tussen Sentraal en Diamantveld beloof om dié wedstryd van die dag te wees. Diamonds het vroeër in die week vir Hoërskool Vryburg met 52-23 die loef afgesteek. Daar kan wel nie veel uit dié sege gelees word nie.
Boonop is daar glo heelwat spelers van die span van Kimberley wat met lastige beserings sukkel, volgens die span se breier, Jean Stemmet.
Diamonds se Cravenweek-heelagter, Keaton Gordon, sal fyn agterlangs dopgehou moet word. Die baljagter, Janco Cloete, behoort Tralies by die afbreekpunte hoofbrekens te verskaf.
Die stryd tussen Louis Botha en Landboudal van Jacobsdal sal sonder twyfel een van die mees fisieke stryde van dié dag te wees. Die span van die Rosestad se twee slotte, Austin de Bruin en Kian Skippers, is woelig in die los, maar staan nie ‘n tree in die fisieke aspekte van die spel terug nie.
Grey-kollege het twee proefspanne wat mekaar op die sportdag pak. Die land se voorste rugbyspan skop sy seisoen volgende Saterdag in Kimberley teen Diamantveld af. Grey se afritgter, Wessel du Plessis, behoort na vandag ‘n goeie idée te hê oor hoe sy span vir die seisoen sal lyk en oor watter diepte hy beskik.
Die spanne is:
Fichardtpark vs. Hentie Cilliers:
Fichardtpark:
Hentie Cilliers: 15 Rico le Roux, 14 Thebe Letsholo, 13 Ruben Pretorius, 12 Michael Kitching, 11 Vernon Wolstenholme, 10 Domenic Smit, 9 Jovanian du Preez, 8 Berend Vermeulen, 7 Gift Dlamini, 6 Nico Nyantumba, 5 Jaco van der Walt, 4 Hendrik Strauss, 3 Jason Howlett, 2 Brenden Britz, 1 Winrich Kennedy.
Sentraal vs. Diamantveld:
Sentraal:
Diamantveld:
Louis Botha vs. Landboudal:
Louis Botha: 15 Kyle Kermis, 14 Azakhiwe Afrika, 13 Luciano Jones, 12 Rallston Dreyer, 11 Siyabonga Mzantsi, 10 Jeandré Christian, 9 Qhama Masiza, 8 Yamnkelani Ngodwana, 7 Siyabonga Luwaca, 6 Ayabonga Ntaba, 5 Kian Skippers, 4 Austin de Bruin, 3 Kanya Gela, 2 Bradley Heyns, 1 Lixhanti Tame.
Landboudal: 15 David du Plessis, 14 Schalk van der Merwe, 13 DJ Jacobs, 12 Francois Marais, 11 Willie Mans, 10 Tiaan van Wyk, 9 CD Wilke, 8 Jhuan Bezuidenhout, 7 Michael Pienaar, 6 Willem Scholtz, 5 Jokie Brits, 4 Teubes Brits (captain), 3 Simbulele Mnweba, 2 Hendré du Plessis, 1 Pieter Botha.
Noord-Kaap vs. Welkom Gimnasium:
Noord-Kaap: 15 Wilfred Bowers, 14 Gladwin Niewenhuysen, 13 Zayne Farmer, 12 Howard Lottering, 11 Cameron Hufke, 10 Cleo Adams, 9 Brandon de Melim, 8 Gerhard Holtzhausen, 7 Thulani Njenje, 6 Duan Steenkamp, 5 Algurnand Heyns, 4 Riaan Kotze, 3 Stefan Smit, 2 Jahnu Pieterse, 1 Schalk Smit.
Welkom Gimnasium: 15 Ezrick Alexander, 14 Benji Muller/Richmon Gora, 13 Richmon Gora/Ronaldo Fortuin, 12 Danie Hendriks, 11 Triston Rothman, 10 Ronaldo Fortuin/Luan James, 9 Jason Olivier, 8 SJ Malherbe, 7 Zander Wasserman, 6 Byron Ferreira, 5 Jacques Henning, 4 Karabo Rantacko, 3 Lincoln Jordaan, 2 Andries Engelbrecht, 1 Fanie Vermaak.
Goudveld-Hoerskool vs. Marlow Landbou:
Goudveld-Hoerskool:
Marlow Landbou:
AHS Kroonstad vs. Upington:
AHS Kroonstad: 15 Marinus Aucamp, 14 Divan Daniels, 13 Charl du Plessis, 12 Gerald Ekron, 11 Rowland Mollentze, 10 Louis Steyn, 9 Duncan Horak, 8 Stephan du Plessis, 7 Erik de Jager, 6 Christo van den Berg, 5 Ettiene O’ Donovan, 4 Mechiel Bosman, 3 Jan Heyns/Erian Badenhorst, 2 Harold Hills, 1 Corné Cooper.




