Fichardtpark se Clover Sportdag bepalings vir 2014
Hoerskool Fichardtpark se eerste rugbyspan sal teen Hoerskool Grens van Oos-Londen in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Clover Sportdag in Bloemfonteintein te staan kom. Die sportdag is sonder twyfel die grootste in Suid-Afrika met nie minder as 30 skole se eerste rugbyspanne wat op die dag in aksie sal wees nie. Die sportdag vind vanjaar op 8 Maart plaas.
Fichies se breier, Dirkie Groenewald sal voor die kragmeting reeds sy kombinasies deeglik beproef het. Die span van Bloemfontein speel eerskomende Maandag in sy eerste wedstryd van die seisoen teen Hoerskool Diamantveld van Kimberley, waarna hy op Brandfort se sportdag teen die Afrikaanse Hoerskool Kroonstad sake sal uitspook.
In die vernaamste voorwedstryd op die hoofveld sal Grey-kollege teen Potchefstroom Gimnasium kragte meet. Die wedstryd sal Grey se eerste van die seisoen wees. Die voorste rugbyskool in die land sal egter met skaduspanne op Landboudal in Jacobsdal se sportdag en ook op die Hoerskool Staatspresident Swart se sportdag op Brandfort te sien wees. Albei die sportdae vind op 1 Maart plaas.
Die kragmeting tussen Louis Botha en Diamantveld behoort ook vir heelwat opwinding te sorg. Diamantveld word vanjaar deur die Griekwa-senter, Jean Stemmet gebrei. Louis Botha het heelwat Vrystaatse Cravenweek-spelers met die senter Ali Mgijima die spits van die groep. Die span het ook die dienste van die Suid-Afrikaanse Skole-haker van 2013, Joseph Dweba bekom. Dweba is vanjaar o.19 so sal dus nie vir die Vrystaatse Cravenweek-span oorweeg kan word nie. Van Louis Botha se Cravenweek-spelers van verlede jaar wat weer die toernooi vanjaar kan bywoon is die skrumskakel Sharwin Cupido, slot Victor Maruping en senter Dale Koopman.
Die Bepalings:
Clover A-veld
07:00 – Fichardtpark III vs. Sentraal III
08:00 – Witteberg vs. Landboudal
09:10 – Goudveld vs. Upington HS
10:20 – Duineveld vs. Welkom Gimnasium
11:30 – Louis Botha vs. Diamantveld
12:40 – AHS Kroonstad vs. Cherries
13:50 – Sentraal vs. Hentie Cilliers
15:00 – Grey College vs. Potchefstroom Gimnasium
16:10 – Central Nissan Fichardtpark vs. Grens HS
Fichardtpark B-veld
08:00 – Fichardtpark II vs. Grens HS II
09:10 – De Aar vs. HTS Kimberley
10:20 – Hoopstad vs. Hendrik Potgieter (Reddersburg)
11:30 – Brandfort vs. Hangklip
12:40 – Aliwal-Noord vs. Hennenman
13:50 – Zastron vs. Riebeeckstad
15:00 – Koffiefontein vs. Hoerskool Middelburg (Oos-Kaap)
16:10 – Kimberley Boys’ High vs. Burgersdorp
- Oakdale impresses as King Price Derby Series delivers exciting entertainment - 2025-06-09
- BOYS | School Hockey Results – 7 June 2025 - 2025-06-07
- GIRLS | School Hockey Results – 7 June 2025 - 2025-06-07