SuperSport Schools Plus

Eerste Noordvaal seweskampioen Saterdag gekroon

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-10-16

NoordvaalDaar sal vanjaar vir die eerste keer ‘n Noordvaal seweskampioen gekroon word. Die Hoërskool Menlopark in Pretoria bied vanjaar vir die eerste keer ‘n sewestoernooi aan wat sal bepaal wie kampioen van die Noordvaal is. Die Noordvaal  Skolerugby-vereniging (NVSRV) is ook die organiseerders van die Beeldtrofee sowel as die jaarlikse Bondedag. 

Die groepwedstryde word more beslis, terwyl die uitkloprondes van die toernooi Saterdag gespeel word. Die spanne wat in die o.17 sowel as aan die o.15-afdelings van die toernooi in aksie sal wees, moes kwalifiseer om aan die toernooi deel te neem. 

Die gasheer se o.17-span het vroeër vanjaar die Coke-reeks gewen en behoort dus ook ‘n gedugte sewespan te hê. Hy is saam met HTS Middelburg, Waterkloof en Bastion in ‘n groep geloot. 

Die groepe: 

Groep A: Garsfontein, Die Anker, Hoërskool Middelburg, Hans Strijdom. 
Groep B: Monument, Montana, Hoërskool Rustenburg, EG Jansen. 
Groep C: Heidelberg Volkskool, Ben Vorster, Oos-Moot, Helpmekaar. 
Groep D: HTS Middelburg, Menlopark, Waterkloof, Bastion. 

Die bepalings (slegs o.17): 

17 Oktober 2014 

A-veld: 13:00 – Garsfontein vs. Die Anker; 13:20 – Hoërskool Middelburg vs. Hans Strijdom; 13:40 – Heidelberg Volkskool vs. Ben Vorster; 14:00 – Oos-Moot vs. Helpmekaar; 14:20 – Monument vs. EG Jansen; 14:40 – Hoërskool Rustenburg vs. Montana; 15:00 – HTS Middelburg vs. Bastion; 15:20 – Waterkloof vs. Menlopark; 15:40 – Garsfontein vs. Hans Strijdom; 16:00 – Die Anker vs. Hoërskool Middelburg; 16:20 – Heidelberg Volkskool vs. Helpmekaar; 16:40 – Oos-Moot vs. Ben Vorster. 17:40 – Garsfontein vs. Hoërskool Middelburg; 18:00 – Die Anker vs. Hans Strijdom; 18:20 – Heidelberg Volkskool vs. Oos-Moot; 18:40 – Ben Vorster vs. Helpmekaar.

B-veld: 13:00 – Monument vs. Montana; 13:20 – Hoërskool Rustenburg vs. EG Jansen; 13:40 – HTS Middelburg vs. Menlopark; 14:00 – Waterkloof vs. Bastion; 15:40 – Monument vs. Hoërskool Rustenburg; 16:00 – Montana vs. EG Jansen; 16:20 – HTS Middelburg vs. Waterkloof; 16:40 – Menlopark vs. Bastion.   

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.