SuperSport Schools Plus

Duineveld bewus van die sterk kompetisie by DStv Schools Challenge

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2023-07-20 Tags: ,

Die opgewondenheid is tasbaar soos netbal-entoesiaste gereed maak vir die hoogs verwagte DStv Schools Challenge, wat van 21 tot 23 Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort, plaasvind.

Die toernooi is bekend vir sy intense kompetisie, wat die beste netbalspanne van regoor die land bymekaar bring. Onder hulle staan Hoërskool Duineveld, die heersende kampioene van die netballiga in die Noord-Kaap.

Nadat Duineveld die gesogte titel verwerf het, is Duineveld deeglik bewus daarvan dat die DStv Schools Challenge ‘n heel nuwe balspel is.

Duineveld se grootste uitdaging is die gedugte opponente, die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria.

Nie te min, spog Duineveld met besonderse talent, die sterspeler Joané Visser wat uitstaan as ‘n krag om mee rekening te hou.

Joané se insluiting in die Telkom Netball Championship 0/18 Top 35 oefengroep, demonstreer haar bekwaamheid op die baan.

Sy sal ook ‘n ongelooflike mylpaal bereik tydens die DStv Schools Challenge, wanneer sy haar 100ste wedstryd vir Duineveld se 1ste span speel.

Aan die hoof van stuur is hul bekwame hoofafrigter, Madré Steyn en die ervare afrigter, Riana Becker, staan haar by.

In die poelfases bevind Duineveld hulself in poel F saam met mededingers, insluitend Bainsvlei, Makgafe, Afrikaans Hoër Meisieskool, Nelspruit en Khanyo.

Duineveld skop Vrydag hul eerste wedstryd  af teen Bainsvlei om 10:00, gevolg deur ‘n kragmeting teen Khanyo om 13:20 en  Makgofe om 17:20.

Saterdag se hoogtepunt vir Duineveld is ongetwyfeld hul ontmoeting teen die gedugte Affies om 11:20.

 

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.