SuperSport Schools News

Du Randt volg in sy pa se voetspore

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-06-13

Thian du Randt het genoeg in sy vertoning in die Vrystaatse Akademie-span se wedstryd teen die Griffons van die plaasvervangersbank gedoen vir die keurders om hom in die Vrystaatste finale span vir die 53ste Cravenweek in Durban in te sluit.

Du Randt se pa, Os du Randt, was ook in sy matriekjaar in 1990 in Durban op die Cravenweek in aksie. Dit was ook toevallig die laaste keer wat die gesogte toernooi in Durban aangebied is. Du Randt sr. het ook in 1990 die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal.

Die Vrystaat kom Vrydag in Kimberley teen sy eweknie van die Griffons te staan. Hy sal ook op die jaarlikse Noordvaal Bondedag op Loftus Versfeld in Pretoria in aksie wees. Die Vrystaat sal teen die Blou Bulle se Akademie-span op die dag die stryd aanse.

Die Vrystaatse spanne is: 

Cravenweek o.18: 15 David Kriel (Grey), 14 Rallston Dreyer (Louis Botha), 13 Janco van Heyningen (Grey), 12 Rikus Pretorius (Grey), 11 Gomolemo Mathlo (Louis Botha), 10 Mario Vieira (Grey), 9 Rewan Kruger (Grey),  8 Dian Schoonees (Grey), 7 Juan Venter (Grey), 6 Teboho Rampai (Louis Botha), 5 Kagiso Marumo (Louis Botha), 4 Jaco van Tonder (Grey), 3 Gideo Beukes (Grey – kaptein), 2 Matthew Wessels (Grey), 1 Tristan Spies (Grey). Plaasvervangers: 16 Thian du Randt (Grey), 17 Eddie Davids (Fichardtpark), 18 Naude Naude (Grey), 19 Brentley Marais (Louis Botha), 20 Aya Ntaba (Louis Botha), 21 Keaton Swarts (Louis Botha), 22 Mfezeko Moyo (Louis Botha), 23 Kyle Kermis (Louis Botha).

Akademie-week o.18: 15 Jaden Seekoei (Sentraal), 14 Lehlohonolo Makhamba (Grey-kollege), 13 Henk Cilliers (Grey-kollege), 12 Jaco Wessels (Grey-kollege), 11 Gustav Kok (Louis Botha), 10 Christopher Schreuder (Grey-kollege), 9 Stefan Coetzer (Jim Fouché), 8 M. Burger (Grey-kollege), 7 K Sello (Louis Botha), 6 L Molefe (Grey-kollege), 5 B Molutsi (Louis Botha), 4 M Theunissen (Grey-kollege), 3 WJ Kruger (Grey-kollege), 2 Bradley Heyns (Louis Botha), 1 Dewald de Wet (Louis Botha). Plaasvervangers: 16 Ruhann Greyling (Grey-kollege), 17 W Marais (Grey-kollege), 18 Johan Slabbert (Fichardtpark), 19 J Wilken (Grey-kollege), 20 K Malemo (Jim Fouché), 21 Marvin Ruiters (Louis Botha), 22 T Mei (Sentraal), 23 M. Lottering (Louis Botha).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.