DStv Schools Challenge: Affies vat die beker huistoe
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) het as oorwinnaars uit die stryd getree toe hulle die gesogte titel as kampioene van DStv Schools Challenge verower het.
Van die land se beste netbalspanne het die afgelope naweek aan die driedaagse-netbaltoernooi, wat van 21 tot 23 Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort, plaasvind het, deelgeneem.
Die eindstryd was ‘n ware skouspel waar Affies ‘n oorwinning van 25-18 oor hul gedugte teenstanders, Paarl Gimnasium, verseker het.
Affies het reeds aan die begin van die wedstryd hul oorheersing getoon en in die eerste kwart ‘n vroeë voorsprong van 7-3 teen Paarl gehad.
In die tweede kwart het Affies hul voorsprong voortgebou, met hul aanval wat ‘n indrukwekkende vertoning gelewer het en drie agtereenvolgende doele aangeteken het.
Paarl het egter nie toegelaat dat die agterstand hul gemoed demp nie en het teruggeveg met vier doele.
Affies se verdediging en onderskeppings was egter die deurslaggewende faktor wat hulle in staat gestel het om elke geleentheid te benut en hul voorsprong tot 17-7 na die tweede kwart te bring.
Die span het ‘n verstommende tien doele in dié kwart aangeteken.
Met die begin van die derde kwart, het Paarl tekens van ‘n potensiële terugkeer getoon en twee deurslaggewende doele aangeteken. Affies het vinnig enige hoop op ‘n ommekeer uit die weg geruim en hul vermoë en krag bewys toe hulle die punteverskil vergroot het na ‘n indrukwekkende 22 vir Affies en 12 vir Paarl.
Paarl het hul veggees ten toon gestel en ses doele aangeteken terwyl hulle net drie afgestaan het.
Affies het egter reeds ‘n onoorkomelike voorsprong opgebou en verseker dat hulle tot die eindfluitjie in beheer bly.
Doelspelers Jaime Matfield en Izelle Grabe het ‘n groot rol gespeel in Affies se reis na die titel.
Izaan Snyman, kaptein van Affies, sê hulle het nie eenkeer ophou baklei vir die titel en het hul harte uitgespeel tot die eindfluitjie geblaas het. Sy het egter beklemtoon dat elke lid van die span tot hul sukses bygedra het.
As kampioene dra Affies nie net die kroon van oorwinning nie, maar kry ook die geleentheid om die Protea-netbalspan by die Wêreldbeker in Kaapstad in aksie te sien en hulle te ontmoet.
In die toernooi se derde-en-vierde-uitspeelwedstryd het Menlopark en Paarl Girls’ High teen mekaar te staan gekom.
Paarl Girls’ High het na die eerste kwart met een doel voorgeloop (5-4) en deurgaans hul voorsprong behou en 23-16 gewen. Hulle het die derde plek verseker, wat Menlopark in die vierde plek laat.
Hlabi keer terug na die wennerspodium van die DStv Schools Challenge in die Ubuntu-stroom, nadat hulle die eerste keer die kompetisie in 2021 gewen het
Al die uitslae:
Eindstryd: Affies 25, Paarl Gimnasium 18.
Uitspeelwedstryde – 3/4: Paarl Girls’ High 23, Menlopark 16.
Halfeindstryde: Paarl Gimnasium 28, Menlopark 16, Affies 29, Paarl Girls’ High 28.
Kwarteindstryde: Paarl Girls’ High 20, Oranje 18, Paarl Gimnasium 25, Potchefstroom Gimnasium 8, Menlopark 27, Rustenbrug 17, Affies 24, Helpmekaar 23.
Groep A: Eunice 29, Gelofte 23; Vosloorus 25, Friersdale 11; Potchefstroom Gimnasium 32, Gelofte 18; Vosloorus 20, Oasis 10; Potchefstroom Gimnasium 18, Eunice 18; Oasis 16, Friersdale 6; Gelofte 39, Vosloorus 14; Potchefstroom Gimnasium 46, Oasis 0; Eunice 37, Vosloorus 10; Potchefstroom Gimnasium 32, Vosloorus 12; Gelofte 23, Friersdale 12; Potchefstroom Gimnasium 43, Friersdale 1; Eunice 52, Oasis 8; Gelofte 46, Oasis 8; Eunice 45, Friersdale 7.
Groep B: Oranje 26, Shaymoya 19; Secunda 28, Joe Slovo 7; Manzomtom 19, Tsoloso 14; Oranje 39, Joe Slovo 2; Secunda 39, Tsoloso 7; Shaymoya 35, Joe Slovo 7; Secunda 16, Sahymoya 14; Oranje 58, Tsoloso 4; Oranje 29, Secunda 11; Manzomtom 21, Joe Slovo 11; Shaymoya 33, Tsoloso 5; Secunda 26, Manzomtom 11; Shaymoya 29, Manzomtom 12; Tsoloso 21, Joe Slovo 8; Oranje 50, Manzomtom 6.
Groep C: Sentraal 35, Kgapamadi 3; Paarl Gimnasium 34, Despatch 9; Sentraal 32, Sempapa 3; Paarl Gimnasium 59, Sempapa 1; Despatch 39, Kgapamadi 11; Phahama 19, Sempapa 16; Despatch 38, Sempapa 16; Sentraal 33, Phahama 11; Paarl Gimnasium 44, Phahama 3; Kgapamadi 19, Phahama 13; Paarl Gimnasium 21, Sentraal 17; Despatch 37, Phahama 16; Sempapa 21, Kgapamadi 20; Paarl Gimnasium 50, Kgapamadi 7; Sentraal 33, Despatch 15.
Groep D: Hoërskool Pietersburg 36, Thakamiso 8; Paarl Girls’ High 30, Hoërskool Pietersburg 11; Framesby 48, Ikeletso 18; Thakamiso 20, Ikeletso 18; Hoërskool Pietersburg 52, Curro Shoshanguve 4; Paarl Girls’ High 32, Framesby 13; Ikeletso 29, Curro Shoshanguve 10; Thakamiso 25, Curro Shoshanguve 4; Paarl Girls’ High 57, Ikeletso 5; Framesby 28, Hoërskool Pietersburg 20; Framesby 40, Curro Shoshanguve 5; Paarl Girls’ High 53, Thakamiso 11; Hoërskool Pietersburg 33, Ikeletso 11; Paarl Girls’ High 51, Curro Shoshanguve 4; Framesby 45, Thakamiso 4.