SuperSport Schools Plus

DStv Challenge: Rustenburg wil op hoë noot afsluit

By Felicia Erasmus , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-07-11 Tags: ,

“Ons span kon vanjaar ál die struikelblokke wat oor ons pad gekom het op só ‘n manier oplos dat ons steeds as ‘n span lief kon bly vir mekaar.”

Aldus Hoërskool Rustenburg se netbalafrigter, Elsa Morris.

“Dié kere wanneer ons wel moedeloos geraak het, het ons liefde en omgee vir mekaar as ‘n span vir ons deurgetrek, en is ons harte en koppe op die beste plek waar dit kan wees.”

Rustenburg het duidelike doelwitte gestel vir hierdie naweek se wedstryde in die eindronde van die DStv Schools Netball Challenge. Hulle wil as wenners in hul poel eindig en sodoende ‘n plek onder die top-agt losslaan. Rustenburg het sewe matrieks wat vir die laaste keer in hul skoolloopbaan vir die span gaan speel, en hulle sal uiteraard die hoofstuk op ‘n hoogtepunt wil afsluit. Hulle wil wegstap met die wete dat elkeen hul harte uitgespeel en aanhou baklei het tot die bittereinde toe.

Vir dié span is elke wedstryd ‘n nuwe begin en ewe belangrik. Een van Rustenburg se taaiste kragmetings is dié teen Hoërskool Secunda, met beide spanne wat alles in hulle vermoë sal doen om te wen.

“Ons weet dit gaan nie maklik wees nie, maar ons is gereed vir die uitdaging wat op ons wag,” voeg Morris by.

Die afrigtingspan bestaande uit Morris en Maritsa Grove stap reeds van o.14 die pad saam met die spelers, en hulle hanteer die afrigting, spanbestuur en motivering van die span. Juanette Labuschagne is die biokinetikus.

Die eerste span bestaan uit:

Marni Lombaard (hulpdoel/doel), Chelize Durie (hulpdoel/doel), Zané Maritz (senter/ aanvallende vleuel), Karla Stieger (verdedigende vleuel, aanvallende vleuel), Kamogelo Molefe (verdedigende vleuel), Carika Arnold (verdediger), Dané Volschenk (hulpdoelverdediger, senter), Anya Matchett (doel), Mianke van der Merwe (aanvallende vleuel), Nina Breedvelt (hulpdoelverdediger/ verdediger).

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.