DP is die Vrystaat se nuwe generaal
MIDDELBURG. – ’n Yslike-terugslag het die Vrystaat getref voor die 51ste Cravenweek-rugbytoernooi vir hoërskole wat vandag hier begin.
Die losskakel Dwayne Wessels kon nie betyds van ’n besering herstel het wat hy onlangs in die Vrystaat se sege van 31-21 oor die Blou Bulle op die jaarlikse Noordvaal Bondedag in Sasolburg opgedoen het nie.
Hy word deur die ewe belowende DP de Lange vervang.
Die Vrystaters moet reeds sonder die blitsige vleuel Llewellyn Hein (enkel) klaarkom wat ook beseer is.
Wessels, wat vanjaar goeie spel vir Grey gelewer het, het tot Donderdag kans gekry om van sy besering te herstel voordat Sentraal se De Lange nadergeroep is.
De Lange het in 2012 die nasionale o.16-oefengroep gehaal. Hy was ook verlede week in Worcester vir die Vrystaters op die nasionale Akademie-week in aksie.
• Gelukkig vir die Vrystaters kan hulle die week steun op die 17-jarige Louwtjie Steenkamp se skopskoen.
Sy skopafrigter Bertus Pretorius het aan Volksblad gesê hy verwag dat Steenkamp binnekort met ’n poging van 60m sal slaag. “Sy skopwerk is baie afgerond en gedissiplineerd. Hy oefen ook baie hard en deeglik en hy sal daardie 60m skop sink,” het Pretorius gesê.
Steenkamp se vinnige opsomming van waar ruimte op die veld is, vaart en vaardighede maak hom volgens Pretorius ’n giftige aanvaller.
“Daar is baie min van hulle. Op heelagter is hy eenvoudig net opwindend, maar hy is ook ’n betroubare losskakel. Hy word gemotiveer deur prestasie, en sal altyd baklei teen die “odds”.
“Ek weet want ek rig hom al vier jaar af. Hy sal nooit ophou om beter te word nie – en dit is wat hom so opwindend maak.
“Hy is so ingesteld op ektra en meer … partykeer moet ’n mens hom briek.”
- Standard Bank Festival Season to showcase tomorrow’s stars - 2025-03-27
- School Rugby Results – 22 March 2025 - 2025-03-22
- Grey-kollege bo in stiergeveg met die Wit Bulle - 2025-03-22