Donkies bespreek plek in die Die Burger-kompetisie
Die Donkies van HTS Drostdy het Saterdag sy plek in Die Burger se streekkompetisie met ‘n oorwinning van 25-15 oor Hugenote van Wellington bespreek. Drostdy sal danksy die sege die Boland in die Grootskole-kompetisie verteenwoordig.
Die skool van Worcester het vanjaar onder andere reeds vir Helpmekaar-kollege van Johannesburg verslaan. Die span van die Goudstad is die vroeë gunsteling om vanjaar as kampioen van die Virseker Beeldtrofee vir Grootskole gekroon te word.
Boland Landbou het nie veel genade vir DF Malan in hulle kragmeting getoon nie. Die span van die Agter-Paarl het oor te veel vaart vir DF Malan beskik en 17 drieë in sy kuikenmoord van 111-5 gedruk.
Die span se skitterende skrumskakel, Deon Carstens, het 36 van sy span se punte met twee drieë en 13 doelskoppe aangeteken. Die span se vleuel Adriaan Stander is die enigste speler wat daarin kon slaag om ’n driekuns aan drieë in die drieëfees te behaal.
Paul Roos Gimnasium het gesukkel om SACS met 38-34 onder te kry. Nog ’n span wat harder gesweet het vir sy oorwinning as verwag is Jeppe wat hard moes werk om Pretoria Boys’ High met 36-22 onder te kry.
Paarl Gimnasium stoom steeds voort en het gister vir Rondebosch Boys’ High met 48-19 uit die pad gestamp. Gimmies het vanjaar nog net teen Garsies die knie gebuig. Die Hoër Jongenskool Paarl het sy onoorwonne status behou deur op sy tuisveld met Oakdale Landbou (35-21) af te reken. Dit was slegs die besoekers van Riversdal se tweede nederlaag van die seisoen.
Stellenberg se strawwe lys bepalings van die afgelope sewe weke het hom ingehaal deurdat hy naelskraaps met 15-16 teen ’n onderskatte Brackenfell vasgeval het. Brakkies se haker, Donovan Bouwer, en sy heelagter, Siya Ntuntwana, was goud vir hul span werd in die kragmeting.
Die Hoërskool Bellville se senter Dan Aspeling het ‘n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 27-12 oor die Tygerberg-klub behaal. Bellville het teen rustyd reeds ‘n stewige voorsprong van 15-0 opgebou.
Puntemakers:
Hoër Jongenskool Paarl 35 (20) – Drieë: Urgene Johannes (2), Manuel Rass, Gerdré Ferreira, Salmaan Moerat, Francke Horn. Doelskop: Ferreira. Strafdoel: Gianni Lombard. Oakdale Landbou 21 (7) – Drieë: Marko van der Merwe, Zinedine Booysen, Alex Wallace. Doelskoppe: Jay-Cee Nel (3).
HTS Drostdy 25 (20) – Drieë: Timothy Allies, Nicolas Wilkenson, Bron-Lee Mouries. Doelskoppe: Demitri Moffat (2). Strafdoele: Moffat (2). Hugenote (Wellington) 15 (8) – Drieë: Cohen Kiewiet, Michael Goodall. Doelskop: Renaldo Fransman. Strafdoel: Fransman.
Paul Roos Gimnasium 38 (28) – Drieë: Joshua Vermeulen, Colia Louis, Hanré du Toit, Ben-Jason Dixon, Tristan Leitch. Doelskoppe: Vermeulen (4), Damian Willemse. SACS 34 (12) – Drieë: Michael Sutton, David Hayes, Liam Larkan, James Brewer, Lance Steytler. Doelskoppe: Jordy Hop (3). Strafdoel: Hop.
Bishops 38 (21) – Drieë: Seb Prentice (4), Tristan Hermans, Rob Macdonald. Doelskoppe: Harry Makin (4). Wynberg Boys’ High 7 (7) – Drie: Labib Kannemeyer. Doelskop: Dominic Coetzer.
Paarl Gimnasium 48 – Drieë: Ryno Boonzaaier (2), Theo Boshoff, Christopher Willemse, Muller du Plessis, Muller Uys, Henco Martins, Janus Swart. Doelskoppe: Boshoff (4). Rondebosch Boys’ High 19 – Drieë: Mike Mavovana, Dane Stevens, Donald Falconer. Doelskoppe: Sam Cragg (2).
Boland Landbou 111 (73) – Drieë: Adriaan Stander (3), Louis Frylinck (2), Luther Mackay (2), Durin Nasson (2), Heinrich Brendel (2), Deon Carstens (2), Henlo Marais, Janlu Steenkamp, Francois du Toit, Stefan Alberts. Doelskoppe: Carstens (13). DF Malan 5 (5) – Drie: Tasriq Mynhardt.
Brackenfell 16 (9) – Drie: Jean Sinclair. Doelskop: Branden de Kock. Strafdoele: De Kock (3). Stellenberg 15 (8) – Drieë: Angelo Davids (2). Doelskop: Ruben Scholtz. Strafdoel: Scholtz.
De Kuilen 23 (9) – Drieë: Aidan Carelse, Keanu Johnston. Doelskoppe: Dylan Mawona (2). Strafdoele: Mawona (3). Strand 22 (7) – Drieë: Abdul Rhoda, Marnes Gouws, Urchwin Schuma. Doelskoppe: JJ Stover (2). Strafdoel: Stover.
Durbanville 28 (10) – Drieë: Lenel van Niekerk, Muller van der Westhuizen, Duo Lureman. Doelskoppe: Reynier van Rooyen (2). Strafdoele: Van Rooyen (3). Tygerberg 0.
Hoërskool Bellville 27 (15) – Drieë: Dan Aspeling (3), Marchant Prins, Llewellyn du Plessis. Doelskop: Aspeling. Tygerberg-klub 12 (0) – Drieë: Dylan Gertsen (2). Doelskop: Rosco Syster.
HTS Bellville 32 (20) – Drieë: Gilmour Buys, Keegan Morkel, Marlon Olifant, Nathan Alezxander, Dean de Wee. Doelskoppe: Buys, Carlo Jantjies. Strafdoel: Buys. Milnerton 0.
Hottentots-Holland 47 (19) – Drieë: Lee-Mondré Benjamin (2), Walied Smith, Zuko Katase, Malwande Mtshotsliesa, Dylan Scholtz, Weshley Hendricks. Doelskoppe: Schotz (6). Monumentpark 14 (7) – Drieë: Usher Olyn (2). Doelskoppe: Sibu Mhlom (2).
Parel Vallei 22 – Drieë: Sheldon van Rensburg, Timothy Lange, Galen Joseph, Muneer Khan. Doelskop: Emile Booyens. Fairmont 18 – Drieë: T Ncube, J Kroll. Doelskop: B Erasmus. Strafdoele: Erasmus (2).
Ander uitslae:
o.19A: Hawston 32, Gansbaai 5; Paulus Joubert 41, Hawston 6.
o.19B: HJS Paarl 32, Oakdale 3; Paul Roos 43, SACS 17; Bishops 31, Wynberg 6; Rondebosch 13, Paarl Gim 25; Landbouskool Boland 78, D.F. Malan 3; Brackenfell 7, Stellenberg 42; Strand 12, De Kuilen 14; HS Tygerberg 30, Durbanville 15; Tygerberg-klub 22, HS Bellville 12; Milnerton 17, HTS Bellville 14; HHH 17, Monumentpark 10; Parel Vallei 33, Fairmont 19; Hugenote 28, HTS Drostdy 24.
o.16: HJS Paarl 20, Oakdale 12; Paul Roos 38, SACS 7; Bishops 22, Wynberg 39; Rondebosch 3, Paarl Gim 19; Landbouskool Boland 16, D.F. Malan 5; Brackenfell 0, Stellenberg 20; Strand 50, De Kuilen 3; HS Tygerberg 0, Durbanville 15; Tygerberg-klub 0, HS Bellville 43; Milnerton 12, HTS Bellville 11; HHH 17, De Kuilen 19; Parel Vallei 19, Fairmont 36; Hugenote 10, HTS Drostdy 36; Hawston 20, Gansbaai 0; Paulus Joubert 16, Hawston 12.
o.15: HJS Paarl 21, Oakdale 7; Paul Roos 52, SACS 8; Bishops 12, Wynberg 17; Rondebosch 12, Paarl Gim 30;Landbouskool Boland 57, D.F. Malan 5; Brackenfell 0, Stellenberg 28; Strand 20, De Kuilen 5; HS Tygerberg 0, Durbanville 41; Tygerberg-klub 19, HS Bellville 7; Milnerton 19, HTS Bellville 10; HHH 19, , Monumentpark 13; Parel Vallei 22, Fairmont 0; Hugenote 7, HTS Drostdy 57; Hawston 29, Gansbaai 25; Paulus Joubert 12, Hawston 5.
o.14A: HJS Paarl 56, Oakdale 0; Paul Roos 26, SACS 7; Bishops 12, Wynberg 3; Rondebosch 5, Paarl Gim 64; Landbouskool Boland 51, D.F. Malan 3; Brackenfell 7, Stellenberg 47; Strand 29, De Kuilen 10; HS Tygerberg 10, Durbanville 58; Tygerberg-klub 10, HS Bellville 5; Milnerton 36, HTS Bellville 0; HHH 56, Monumentpark 0; Parel Vallei 7, Fairmont 5; HTS Drostdy 80, Hugenote 3.




