Dis derby-tyd in Kroonstad
KROONSTAD. – Die eerste rugbyspan van Hoërskool Kroonstad sal vandag met hope durf en waagmoed vorendag moet kom indien hy nie sy grootste loesing nog teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad op sy tuisveld op die lyf wil loop nie. Blouskool het die afgelope drie jaar maer jare. Die span van 2013 het wel beter vertoon as sy voorganger, maar Rooiskool se span van 2013 vaar ook vanjaar beter as sy voorganger.
Rooiskool het verlede jaar in die twee spanne se ENB Classic Clash die grootste oorwinning nog oor sy aartsvyand behaal toe hy 45-0 baas was.
Vorige uitslae tussen die twee spanne wys egter dat daar nooit vooraf te gemaklik voorspellings oor die wenner gemaak kan word nie. Dit is heel waarskynlik die 15 000 toeskouers wat die wedstryd jaarliks bywoon en die druk van die wedstryd saam met die verwagtinge van die onderskeie skole wat die spelers op hulle breë skouers wat ‘n invloed op die spelers se spel het.
Vir Blouskool sal ‘n spanpoging deur sy losvoorspelers die kaptein Neels van Schalkwyk en Erlo Kleinhans.
Goudveld-Hoërskool se losskakel, Shaun Reynolds staan breed in Welkom-Gimnasium se pad in die twee spanne se Classic Clash vandag. Reynolds was die voorste puntemaker op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole vroeër vanjaar in Polokwane. Hy sal die tuisspan se sleutelspeler vandag wees.
Gimmies is egter steeds die gunstelinge om ‘n sege in die derby te behaal. Die span in die swart truie se haker Brummer Marais en flank Retief Marais se verstandhouding in die lynstane in een van die span se sterkpunte. Marais vorm ook saam met die agtsteman Riaan Vermeulen en die kaptein Albert Brummer ‘n gedugte lostrio.
Reynolds speel gewoontlik op binnesenter vir sy skoolspan, maar die span se losskakel Eric Herbert is beseer.
Vandag se bepalings (tuisspanne eerste vermeld):
13:00: Hoërskool Kroonstad t. AHS Kroonstad; 13:00: Goudveld-Hoërskool t. Welkom Gimnasium; Noordwes-stadion – 13:00: Bothaville t. Hennenman (Sandveld-eindstryd);
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16