SuperSport Schools Plus

Diamonds beindruk op Fichardtpark Clover-sportdag

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-03-07

NewsG DuineveldGeen span het meer beïndruk op die 15de jaarlikse Fichardtpark sportdag as die Hoërskool Diamantveld van Kimberley se eerste rugbyspan nie.

Diamonds het Goudveld-Hoërskool met 61-5 kafgedraf. Gouties het glad nie na die span gelyk wat verlede week teen Landboudal goed vertoon het nie.

Die span van die Diamantstad se twee senter, Etdeon Greyvenstein en De-an Ackerman, kan indien hulle op hul puik vertoning Saterdag kan voortbou nog baie spanne vanjaar probleme in die middelveld besorg. Die twee het amper na willekeur gapings in Gouties se verdediging gevind. Diamonds se losskakel, Charles Williams, verdien ook lof vir sy balverspreiding en hoe hy die spel bestuur het. Hy het 21 van sy span se punte aangeteken.

Voorlangs het die agtsteman, Jacques Ackerman, en slot Bernard Jansen goeie vertonings gelewer. Diamonds het Donderdag met 10-15 teen Monument van Krugersdorp in ’n kragmeting sonder stelskoppe op Loftus Versfeld verloor.

Welkom Gimnasium was ook Donderdag op Loftus in aksie en het Waterkloof met 25-15 getroef. Gimmies het Saterdag vir Noord-Kaap van Kimberley met 32-5 ’n drag slae toegedien. Die span van die Diamantstad het sonder oemf in die kragmeting voorgekom.

Gimmies se agtsteman, Gift Dlamini, en sy senter Lubabalo Mteyisi en heelagter, Andrew Kota, het goeie vertonings gelewer. Die stut, Neo Mohapi, het ook goeie spel gelewer en moes self tien minute in die koelkas deurbring na die skeidsregter, JH Stoltz, gevoel het dat ’n duikslag van homte hard na sy smaak was. Daar was egter niks fout met Mohapi se tegniek in die betrokke laagvat nie.

Jim Fouché het sy kragmeting teen Duineveld van Upington met 19-17 gewen, maar die span se spelers en afrigters sal nie te tevrede met die vertoning wees nie. JF het feitlik al die balbesit en gebiedsvoordeel in veral die eerste helfte geniet, maar kon slegs ’n voorsprong van 7-0 teen lemoentyd daarvoor wys.

Die hele span van Duineveld verdien egter lof vir die hoeveelheid duikslae wat elk van die spelers in die wedstryd moes uitvoer. Die span het amper danksy sy verdediging daarin geslaag om op die ou einde ’n sege deur te trek.
JF se losskakel, Henco Venter, het heeltyd vrae aan die Velties se verdediging gevra, terwyl die haker, Werner Stoffberg, ook inklimspel gelewer het.

Sentraal kon nie sy vloek teen Marlow Landbou verbreek nie. Die Wolramme het met 25-13 as oorwinnaars van die veld gestap. Die wenspan se losskakel, Vaughn Isaacs, het sy span op die voorvoet gehou en was ook die groot planmaker agterlangs.

Vir Tralies die slot GW Buhrman en die stut Willem van Niekerk moedige vertonings gelewer. Marlow het gewis die oorhand voorlangs gehad.

Die Hoërskool Reitz het op sy sportdag naelskraaps met 5-6 teen Parys die knie gebuig. Paul Erasmus van Senekal was ook op die sportdag in aksie en het teen Belvedere met 17-19 vasgeval.

Bothaville het geen genade in sy interskole-wedstryd teen Hoërskool Bloemfontein gehad nie. Bothaville het met 71-5 koning gekraai. Die haker, Stefan Bester, het ’n driekuns aan drieë behaal, terwyl die senter Carlo Kleynhans 26 punte tot sy span se totaal bygedra het.

Kleynhans het ook Dinsdag met drie drieë en vier doelskoppe ’n totaal van 23 punte tot sy span se sege van 48-0 oor Orkney op Schoonspruit van Klerksdorp se sportdag bygedra.

Puntemakers: 

Marlow Landbou 25 (10): Drieë: Vivian Kapp, Lourens Oosthuizen, Shawn Snyman. Doelskoppe: Vaughn Isaacs (2). Strafdoele: Isaacs (2). Sentraal 13 (5): Drieë: Francois Pieterse, Vian Slabbert. Strafdoel: Jacques Mulder. 

Jim Fouché 19 (7): Drieë: Henco Venter (2), Ulrich Stander. Doelskoppe: Venter (2). Duineveld 17 (0): Sebastiaan Jobb, NJ Steyn, Johan Geldenhuys. Doelskop: Adri du Plessis. 

Welkom Gimnasium 32 (10): Drieë: Lubabalo Mteyisi, Gift Dlamini, Andrew Kota, Byron Smit. Doelskoppe: Kota (3). Strafdoele: Kota (2). Noord-Kaap 5 (5): Drie: Juandré Smit. 

Diamantveld 61 (33): Drieë: De-an Ackerman (2), Etdeon Greyvenstein (2), Lambert Cronjé, Anton van Romberg, Charles Williams, JC Lewis, Wian van Rensburg. Doelskoppe: Williams (8). Goudveld-Hoërskool 5 (0): Drie: Tristan September. 

Bothaville 71 (24): Drieë: Stefan Bester (3), Carlo Kleynhans (2), Reinhardt Grobler (2), Morné Dodds (2), Marnus Klopper (2). Doelskoppe: Kleynhans (8). Hoërskool Bloemfontein 5

Bothaville 48 (29): Drieë: Carlo Kleynhans (3), Morné Dodds (2), Reinhardt Grobler (2), Willem van der Merwe. Doelskoppe: Kleynhans (4). Orkney 0.  

Fichardtpark 46 (22): Drieë: Kyle du Bruyn (2), Lohan Zeelie, Wejaen Viljoen, Myburgh van Zyl, Ashwell Botha, Jevaun Botes. Doelskoppe: Botes (4). Strafdoel: Botes. Landboudal 7 (7): Drie: Tiaan van Wyk. Doelskop: Jac Lambrechts. 

Marlow Landbou 25 (10): Drieë: Vivian Kapp, Lourens Oosthuizen, Shawn Snyman. Doelskoppe: Vaughn Isaacs (2). Strafdoele: Isaacs (2). Sentraal 13 (5): Drieë: Francois Pieterse, Vian Slabbert. Strafdoel: Jacques Mulder.

Jim Fouché 19 (7): Drieë: Henco Venter (2), Ulrich Stander. Doelskoppe: Venter (2). Duineveld 17 (0): Sebastiaan Jobb, NJ Steyn, Johan Geldenhuys. Doelskop: Adri du Plessis.

Louis Botha 55 (19): Drieë: Siyabonga Luwaca (2), Rallston Dreyer (2), Keaton Swarts, Rethabile Mzamo, Martin Lottering, Gela Kanya, Jabulani Mtshatsheni. Doelskoppe: Mzamo (4), Swarts. Witteberg 0.

Welkom Gimnasium 32 (10): Drieë: Lubabalo Mteyisi, Gift Dlamini, Andrew Kota, Byron Smit. Doelskoppe: Kota (3). Strafdoele: Kota (2). Noord-Kaap 5 (5): Drie: Juandré Smit.

Hoërskool Upington 20 (15): Drieë: Byron Coetzee, Johannes Terblanche, Ettienne Noeth. Doelskop: Ivan Lombaard. Strafdoel: Lombaard. AHS Kroonstad 13 (0): Drie: Wayne Engelbrecht. Doelskop: Marinus Aucamp. Strafdoele: Aucamp (2).

Diamantveld 61 (33): Drieë: De-an Ackerman (2), Etdeon Greyvenstein (2), Lambert Cronjé, Anton van Romberg, Charles Williams, JC Lewis, Wian van Rensburg. Doelskoppe: Williams (8). Goudveld-Hoërskool 5 (0): Drie: Tristan September.

Hoërskool Kalahari (Kuruman) 23 (20): Drieë: Erik Kies, Mpho Molaolwa, Pierre van der Walt. Doelskop: Johnny Hollenbach. Strafdoele: Hollenbach (2). Hentie Cilliers 5 (0): Drie: Winrich Kennedy.

President Steyn 14: Drieë: Luandré Nel, Janco Nel. Doelskoppe: Niel Smith (2). Hangklip 54. 

Koffiefontein 26: Drieë: Lerico Seeco (2), Delano Marais, Patwill Pondemali. Doelskoppe: Austin Meintjies, Gabriel le Roux, Demaine Teise. Fichardtpark III 17.

Riebeeckstad 5: Drie: Nathan Fourie. Brandfort 30. 

Hennenman 3 (0): Strafdoel: Albie Venter. Burgersdorp 29 (19).

Bothaville 71 (24): Drieë: Stefan Bester (3), Carlo Kleynhans (2), Reinhardt Grobler (2), Morné Dodds (2), Marnus Klopper (2). Doelskoppe: Kleynhans (8). Hoërskool Bloemfontein 5.

Bothaville 48 (29): Drieë: Carlo Kleynhans (3), Morné Dodds (2), Reinhardt Grobler (2), Willem van der Merwe. Doelskoppe: Kleynhans (4). Orkney 0. 

 

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.