SuperSport Schools News

Dansende Damons vuur Garsies tot klinkende sege oor die Donkies

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-03-25

NewsG Garsfontein SkolerugbyDie Hoërskool Garsfontein se Michail Damons was die vonk in die kruitvat wat sy span tot ‘n oortuigende sege van 67-0 oor HTS Drostdy aangevuur het.

Die twee spanne het mekaar op die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi op Affies se veld in Pretoria die stryd aangesê. 

Damons was op sy stukke en het met sy flinke voetwerk deur gapings geseil om etlike meters vir sy span op die aanval te wen. Hy het amper ‘n hand in elk van Garsies se drieë gehad met ‘n lopie vooraf om die aanvoorwerk te doen. 

Damons het twee van sy lopies self afgerond. Garsies se senterpaar, Dimitre Erasmus en Calven Scott, het ook daarin geslaag om heelwat spasie in die middelveld te skep. 

Die Garsies het met dié sege die spook van verlede jaar se nederlaag op die einste veld teen Paarl Gimnasium (0-84). 

Die Bere was met ‘n voorsprong van 31-0 teen rustyd reeds stewig in die saal. Die agtsteman, Maynard Kleynhans, was ook uitstaande. Hy het met sy vaart en krag heelwat probleme vir die Donkies se verdediging besorg.  

Sy kaptein, Anrich Engelbrecht, en sy flankmaat, Abri van der Westhuizen, het ook die veld vol gespeel. Garsfontein kom Maandag in sy tweede wedstryd van die toernooi teen die Hoër Jongenskool Paarl te staan. 

Vir die Donkies kan sy agtsteman, Luke Bock, sy kop omhoog hou na hy meer as kant in die vastelos asook by die afbreekpunte gebring het.

Die Hoërskool Nelspruit se heelagter, Ethan van der Westhuizen, was met ‘n skitterende drie die verskil tussen sy span en Pretoria Boys’ High.

Die Rhinos het die kragmeting met 20-13 gewen, maar Van der Westhuizen se drie vanuit sy eie kwartgebied na ‘n swak skop dwars oor die veld deur Pretoria Boys’ High het die telling kort voor rustyd op 13-elk gelyk getrek. 

Daar was in die tweede helfte heelwat minder wind in Pretoria Boys’ High se seile. 

Die span van Pretoria se kaptein en slot, Lilitha Matsiliza, het voorlangs inklimspel gelewer. Hy het voorlangs die fisieke stryd gelei, terwyl die agtsteman, Jason van der Merwe, ook ‘n klop op die skouer verdien. 

Nelspruit se plaasvervanger-haker, Duard Diechmann, het in die tweede helfte oor die doellyn gebeur om die sege met sy drie te beklink. Die voorrymanne, Stefan Kleynhans en Ryan Venter, kan ook tevrede met hul vertonings voel. 

Kleynhans het ‘n heel paar keer die bal goed gedra asook op die verdediging ‘n paar harde duikslae uitgevoer. 

Puntemakers: 

Garsfontein 67 (31) – Drieë: Jason Hugo (2), Michail Damons (2), Anrich Engelbrecht, Maynard Kleynhans, Luan Taylor, Abrie van der Westhuizen, Zander Lourens, Pieter Coetzer, Liam Dick. Doelskoppe: Nicallen Gabrielsen (5), Tireque Appollis. HTS Drostdy 0.

Hoërskool Nelspruit 20 (13) – Drieë: Francois Odendaal, Ethan van der Westhuizen, Duard Diechmann. Doelskop: Danny van Staden. Strafdoel: Van Staden. Pretoria Boys’ High 13 (13) – Drieë: Litha Mkunqwana, Lilitha Matsiliza. Strafdoel: Justin Tattersall.

[powr-comments id=”2636d42d_1648218561470″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.