SuperSport Schools Plus

Bothaville en Riebeeckstad gunstelinge in Sandveld-liga

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-04-21

DIE eerste rugbyspanne van Bothaville en Riebeeckstad is die spanne wat vanjaar in die Sandveld-liga se A-afdeling geklop moet word. Bothaville is die verdedigende kampioen en het Hennenman 56-5 Saterdag verslaan. Riebies het vir Wessel Maree van Odendaalsrus ‘n drag slae van 65-14 toegedien.

Geen wedstryde in die Griffons se A-liga is die naweek weens swaar reën en sopnat velde beslis nie. Dié naweek se bepalings sal nou eerskomende Donderdag beslis word.

Vir Bothaville het sy flank Wikus Lourens ?n uitmuntende vertoning gelewer. Agterlangs het dié span se losskakel, Jeandré Kleinhans die spel dikteer. Die senter, Heinrich Hoops ka nook tevrede met sy vertoning voel. Vir Hennenman het sy skrumskakel, Marco Pretorius suiwer diens aan sy agterlyn van agter die oond gegee. Hy het ook ?n hele paar vlymskerp breekslae ingekry. Voorlangs het die flank Didier Botes nooit moed opgegee nie, terwyl die linkervleuel

Kammi Sethlana saam met hom met hulle rotsvaste verdediging beïndruk het.

Riebeeckstad se linkervleuel, Johan Engelbrecht het ‘n driekuns aan drieë in sy span se weghol-sege behaal. Hoewel dit

‘n spanpoging was, was die kaptein en agtsteman JM Uys weer aan die spits van sy span se vertoning. Uys het self twee keer gaan druk en ook vyf doelskoppe oorgeklits vir ‘n persoonlike bydrae van 20 punte in die kragmeting.

Hy is goed deur sy twee flanke Morné Nortjé en Zander Bester voorlangs geondersteun. Agterlangs was Engelbrecht, die losskakel Siegie van Wyk en heelagter Wanga Schumi uitstaande. Vir Wessel Maree het Jean-Luc Blignaut ?n alleenstryd gevoer.

In die Oos-Vrystaat het Reitz sy rieme teen Vrede vasgeloop. Vrede het met sy oorwinning van 39-0 gewys dat hy nog in vanjaar se wedloop om die titel as kampioen in die Riemland is. Vrede het die vorige week teen die verdedigende kampioen, Wilgerivier van Frankfort verloor. Wilgerivier het verlede week ‘n loslootjie gehad.

Paul Erasmus van Senekal is ook nog onoorwonne na hy Saterdag vir Ficksburg 19-7 getroef het. In die Sandveld B-liga het Sandveld sy twee oortuigende sege in soveel weke behaal deur Harmony 64-0 af te ransel.

Die Hoërskool Kalahari van Kuruman gaan vanjaar gewis een van die kragte in die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) wees. Kalahari het Hoërskool Upington Saterdag 25-18 uitoorlê. Die tuisspan het rustyd reeds 20-10 voorgeloop.

Landboudal het danksy ?n reuse terugveg poging in die tweede helfte ‘n seldsame sege van 23-22 oor Hoërskool Duineveld in Upington behaal. Duineveld het op sy tuisveld teen lemoentyd ‘n stewige voorsprong van 22-6 opgebou. Dit het toe reeds geblyk of alles vir die span van Jacobsdal verlore was, maar dié besoekers het veggees en durf in die tweede helfte gewys. Lanties het in die tweede helfte die bal hope lug gegee. ?Albei spanne het goeie rugby gespeel en ek ding ons manne wou dit op die ou einde net meer gehad het, het Cassie Carstens, afrigter van Landboudal na die tyd gesê.

Vir Duineveld het die binnesenter Brendan-Lee Faro en losskakel Cobus van Niekerk agterlangs meer as hul deel gedoen. Terwyl die agtsteman, Junior Burger voorlangs sy span se beste speler was.

De Aar was naelskraaps 13-12 in hulle ligawedstryd teen Hartswater baas. Prieska het Douglas ‘n les geleer en 51-10 as oorwinnaars uit die stryd getree. Douglas se vleuel, Nicolas de Bruin is vroeg in die kragmeting met ?n rooikaart van die veld gejaag.

Puntemakers: 

Bothaville 56 (36) – Drieë: Sakkie Bester (2), Ayrton Veira (2), Derek Beeslaar, Wikus Lourens, Sakkie Wessels, Armand van der Merwe, Jeandré Kleinhans. Doelskoppe: Kleinhans (4). Strafdoel: Kleinhans. Hennenman 5 (0) – Drie: Andries Germishuizen.

Riebeeckstad 65 (36) – Drieë: Johan Engelbrecht (3), JM Uys (2), Wanga Schumi (2), Siegie van Wyk (2), Teboho Pesa, Kobus Scheepers. Doelskoppe: Uys (5). Wessel Maree 14 (0) – Drieë: Chris Norton (2). Doelskoppe: Evert Grobbelaar (2).

Vrede 39 – Drieë: JP Burger (2), Charl du Toit, Abrie Wessels, Jason Bloem. Doelskoppe: Johan Esterhuizen (4). Strafdoele: Esterhuizen (2). Reitz 0.

Paul Erasmus 19 (12) – Drieë: Michael Brown, Reirotele Mosia, Katlego Moahloli. Doelskoppe: Edwin Gower (2). Ficksburg 7 (0).

Sandveld 64 – Drieë: Michael Marx (2), Reinhardt Lennox (2), Jaco Groenewald, Johan Fick, Naledi Madungwa, Mpho Manesi, Victor Mhlakaza, Nyakalo Moketsi. Doelskoppe: Monwabesi Mexico (7). Harmony 0.

Kalahari 25 (20) – Drieë: Dylan du Plessis, Andrew Byleveldt, Jandré de Klerk. Doelskoppe: Clinton Toüa (2). Strafdoele: Toüa (2). Hoërskool Upington 18 (10) – Drieë: Jasper Wiese, Jonathan Steenkamp. Doelskop: DJ van den Heever. Strafdoele: Van den Heever.

Landboudal 23 (6) – Drieë: Zach Janse van Vuuren (2), Henroux Benadé. Doelskop: Morris Rossouw. Strafdoele: Rossouw (2). Duineveld 22 (22) – Drieë: Rayno Nel, Jan-Hendrik van Wyk, Coenie Lampbrecht. Doelskoppe: Attie Brits, Christiaan du Plessis. Strafdoel: Brits.

Prieska 51. Douglas 10 – Drie: Rikus Nel. Doelskop: Morné Morolong. Strafdoel: Morolong.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.