SuperSport Schools Plus

Boland Landbou en Gimmies wys wie’s baas in die Wes-Kaap

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-26 Tags: , , ,

FOTO: Riëtte Marais

Boland Landbou het Saterdag ‘n begeesterde SACS-aanslag op die plaas afgeweer om met 40-27 te seëvier.

Herleef die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

Die besoekers van Kaapstad het uitstekend gevaar om die Boland-manne te laat sweet, maar die boere het oor net té veel skietgoed op hul tuisveld beskik.

Enslin Claasen, die tuisspan se kragtige linkervleuel, het weer aandag getrek met sy aanvallende spel en het twee keer agter die doellyn gaan kuier.

SACS het binne die drie minute eerste bloed getrek toe buitesenter, Imtiaz Abrahams, oorgeduik het vir ‘n drie.

Abrahams is een van die spelers wat eers laat in die week die span gehaal het, na ‘n rits beserings in die SACS-kamp. Qawe Sawuka het ook eers Woensdag uitgevind dat hy vir die eerstespan sou uitdraf, en het homself ewe goed van sy taak gekwyt met ‘n drie in die tweede helfte.

Kort na hul vroeë sukses het nóg ‘n terugslag vir die besoekers getref toe skrumskakel, Max Bester, die veld moes verlaat met ‘n besering. Bester het ingestaan vir kaptein, Seth Bradford, wat die hele seisoen reeds met beserings sukkel. Endi Sidinile het van vleuel oorgeskuif om skrumskakel te speel vir die res van die wedstryd en het die druk uitstekend hanteer.

Die boere het in die eerste helfte reeds hul stempel begin afdruk deur Claasen, Derik du Preez en Chad Meintjies, wat bresse in die besoekers se verdediging geslaan het om ‘n rustydvoorsprong van 19-8 op te bou.

Na die omdraaislag was dit weer SACS wat eerste die verdediging kon ontsluit toe losskakel, Rayaan Solomons, hanteerfoute deur die tuisspan uitgebuit het vir ‘n drie, maar verdere verwoesting deur Claasen, Juan Swart en Boland se brekerflank, Hans Verster, het die uitslag buite bereik van die besoekers geplaas.

Wehan Lume was ook briljant vir Boland op die ander vleuel, terwyl Nic Reynolds weer vir SACS uitgeblink het op buitesenter.

SACS kon in 2017 laas die boere troef, maar kragmetings tussen die twee trotse skole lewer elke jaar vonke op, en as die Engelsmanne kan voortbou op die potensiaal wat hulle tentoongestel het kan volgende jaar se bepaling op die Memorial-veld uitdraai as ‘n hoogtepunt op die rugbykalendar.

Intussen het Paarl Gimnasium in ‘n soortgelyke wedstryd in Riversdal vir Hoër Landbouskool Oakdale met 43-35 die loef afgesteek. – Skakel na die wedstryd

Markus Muller en Nicolas Nel het elk ‘n tweekuns bygedra tot Gimmies se oorwinning op die plaas, tóg het die tuisspan deurentyd vrae gestel aan die Paarl-verdedigers.

Kurt Coetzee en Lee-Winn Pretorius was uitstekend in dié opsig vir Oakdale, maar Muller en die res van die Gimmie-agterlyn het uiteindelik daarin geslaag om hul spelpatrone op die tuisspan af te dwing. Freek de Kock en Chandler Green het albei uitgeblink vir Paarl Gim, maar die Oakdale-pak het vir die Paarl-reuse deurgaans laat sweet voorlangs.

Puntemakers:

Boland Landbou 40 (19) – Drieë: Enslin Claasen (2), Chad Meintjies, Derik du Preez, Juan Swart, Hans Verster. Doelskoppe: Jayden Brits (5). SACS 27 (8) – Drieë: Imtiaz Abrahams, Qawe Sawuka, Rayaan Solomons, Ethan Combrink. Doelskoppe: Rayaan Solomons (2). Strafdoel: Solomons.

Paarl Gimnasium 43 (19) – Drieë: Markus Muller (2), Nicolas Nel (2), Quintin Potgieter, Sebastiaan Ackermann. Doelskoppe: Freek de Kock (5). Strafdoel: De Kock. Hoër Landbouskool Oakdale 35 (7) – Drieë: Reinhardt Viljoen, James Snyman, Kurt Coetzee, Lee-Winn Pretorius, Strafdrie. Doelskoppe: Coetzee (4).

Ander uitslae:

o.19 – Boland Landbou II 22, SACS II 12; Boland Landou III 53, SACS III 24; Boland Landbou IV 36, SACS IV 5; Boland Landbou V 61, SACS V 5; Oakdale II 17, Paarl Gimnasium II 8; Paarl Gimnasium III 22, Oakdale III 14; Paarl Gimnasium IV 10, Oakdale IV 7; Oakdale V 40, Paarl Gimnasium V 14; Oakdale VI 36, Paarl Gimnasium VI 19; Oakdale VII 26, Paarl Gimnasium VII 5.

o.16 – Boland Landbou A 42, SACS A 14; SACS B 15, Boland Landbou B 14; Boland Landbou C 21, SACS C 12; Oakdale A 26, Paarl Gimnasium A 26; Paarl Gimnasium B 52, Oakdale B 0; Paarl Gimnasium C 28, Oakdale C 19; Paarl Gimnasium D 60, Oakdale D 0.

o.15 – Boland Landbou A 25, SACS A 24; Boland Landbou B 9, SACS B 7; SACS C 13, Boland Landbou C 10; Boland Landbou D 19, SACS D 0; Paarl Gimnasium A 17, Oakdale A 10; Paarl Gimnasium B 12, Oakdale B 0; Paarl Gimnasium C 27, Oakdale C 19.

o.14 – Boland Landbou A 33, SACS A 18; SACS B 7, Boland Landbou B 5; SACS C 17, Boland Landbou C 10; SACS D 15, Boland Landbou D 12; Paarl Gimnasium A 24, Oakdale A 3; Paarl Gimnasium B 14, Oakdale B 0; Oakdale C 26, Paarl Gimnasium C 10; Oakdale D 38, Paarl Gimnasium D 0; Paarl Gimnasium E 26, Oakdale E 24.

FOTO: Riëtte Marais
Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.