SuperSport Schools Plus

Bok-breier deel sy kennis by Monnas se kursus

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-02-22

Master CoachAs jy jou kennis van rugby-afrigting wil verbeter, is Monument se jaarlikse Mastercoach Vrydag en Saterdag beslis die regte geleentheid om jou kennis te verbreed.

Die hoogtepunt van dié kursus sal waarskynlik die sessie Vrydag om 14:00 wees wat deur die Springbokke se voorspeler-afrigter, Johann van Graan, gelei word.

Van Graan is tot dusver die enigste afrigter van Heyneke Meyer se afrigtingspan wie se kontrak deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) verleng is.

Saru se Nico Serfontein en Warren Adams sal onderskeidelik sessies oor die unie se hoë-prestasie-program en kondisionering hou.

’n Voormalige Springbok-stut Attie Strauss sal vanjaar skrumwerk hanteer.

Kobus Neethling en die legendariese Springbok-losskakel Naas Botha sal oor kreatiewe rugby gesels en nog ’n oud-Boklosskakel Braam van Straaten sal verdediging bespreek.

Die kursus se fokus is op die praktiese toepassing van basiese beginsels, sowel as nuwe tendense in rugby.

Dit sal ook ’n ideale geleentheid bied aan afrigters om hulself voor te brei en op te skerp vir die 2016-seisoen.

Slegs ’n beperkte aantal afrigters kan die kursus bywoon. Die koste beloop R 1700 per persoon en sluit tee/koffie, alle etes, ’n gholfhemp en ’n DVD oor kursus in.

Vir meer besonderhede kontak vir Hans Coetzee per e-pos by hans@monnas.co.za of by 083-459-0903.

 

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.