SuperSport Schools Plus

Boishaai duik homself tot sege oor Grey-kollege

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-05-21

Puik verdediging asook uitmuntende werk by die afbreekpunte deur sy flank Charl Serdyn was die vernaamste redes hoekom die Hoër Jongenskool Paarl gister op sy tuisveld, Brugstraat, vir Grey-kollege met 28-18 geklop het.

Die wenspan se heelagter, Gianni Lombaard, het na die wedstryd gesê dat sy afrigters se opdrag was dat hulle Grey uit hul stewels moet duik. En dit is presies wat Boishaai gedoen het. Die span het 110 duikslae teenoor Grey se 49 in die wedstryd uitgevoer. 

Grey-kollege se agterlyn het genoeg geleenthede vir drieë regdeur die wedstryd geskep, maar kon weens die verdediging van Boishaai net nie al die geleenthede afrond nie. Boishaai het ook 23 duikslae teenoor Grey se 11 verbrou wat die feit beklemtoon dat Grey die meeste van die speelwerk gedoen het. 

Boishaai behoort na dié sege vir die tweede agtereenvolgende jaar as Suid-Afrika se voorste skolespan af te sluit. Die span van die Paarl spog nou met 31 agtereenvolgende seges op die rugbyveld. Grey was ook nog onoorwonne vanjaar voor die nederlaag.

Die tweestryd tussen die twee spanne se buitesenters, Manny Rass (Boishaai) en Janco van Heyningen (Grey), het vir hope opwinding soos verwag gesorg.

Rass was waarskynlik sy span se beste speler. Hy het ’n hele paar keer deur gapings geglip, terwyl hy ook ’n hand in albei die plaasvervanger-vleuel, Gerdré Ferreira, se drieë gehad het. Van Heyningen het met sy vaart Boishaai se verdediging behoorlik besig gehou.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het met ’n oortuigende sege van 48-14 oor die Hoërskool Waterkloof sy grootste sege in 18 jaar oor Klofies behaal.

Die sterk binnesenter, Louritz van der Schyff, en die haker, Schalk Erasmus, het elk dubbelle driedruk-plesier ervaar.

In die Classic Clash tussen Zwartkop en Eldoraigne was Zwarries met 11-7 baas. Eldoraigne het verlede week ook teen HTS John Vorster met 12-13 die knie gebuig. Centurion het gister vir HTS John Vorster oortuigend met 23-7 verslaan.

In die halfeindronde van die Vrystaatse A-liga het die Hoërskool Sentraal sy beste vertoning van die seisoen opgedis. Tralies het Jim Fouché met 46-0 van die veld gespeel.

Dit is die Bloktruie se grootste sege nog ooit oor JF. Die vorige rekord het aan die span van 2009 behoort wat met 41-3 in die twee spanne se interskole baas was.

Die twee spanne het verlede week met 22-elk gelykop gespeel. Boonop moes Sentraal sonder twee van sy spelers die agtsteman, Roché Roelofse, en stut Willem van Niekerk klaarkom wat weens ’n bakleiery in verlede week se wedstryd geskors is. Die span se senter en hoofseun van die skool, Dirk Cilliers, sou ook die wedstryd weens ’n skorsing misgeloop het, maar daar is appèl teen sy skorsing aangeteken. Hy was een van sy span se sterre in die sege.

Sentraal sal sy titel as Vrystaatse kampioen teen Louis Botha verdedig. Louis Botha het in die ander halfeindstryd vir Fichardtpark met 31-26 geklop.

EG Jansen se losskakel, Ruben Beytell, het met ’n driekuns aan drieë teen Kempton Park sy totaal tot 21 in 12 wedstryde die seisoen opgestoot. Jansies het Kempies met 83-14 boonop hul grootste loesing nog toegedien. Buiten Beytell se driekuns het die vleuel, Dwayne Fourie, ook vier van sy span se 13 drieë gedruk.

Linden se eerste rugbyspan het vir Randburg met 36-0 ’n rugbyles in hulle jaarlikse Classic Clash geleer. Linden se heelagter, Wian de Lange, en stut Zarco Killian het ’n beduidende rol in die oorwinning gespeel.

Al die uitslae: 

NOORDVAAL

Blou Bulle: Affies 48, Waterkloof 14; Centurion 23, HTS John Vorster 7; Zwartkop 11, Eldoraigne 7; Montana 34, Wonderboom 27; Pretoria-Noord 22, Overkruin 3; Oos-Moot 22, Die Wilgers 5; Hoërskool Tuine 26, Midstream College 23; Wagpos 35, HTS Tuine 8; Curro Hazeldean 21, Hendrik Verwoerd 21; Erasmus 35, Pretoria THS 29; Cornwall Hill College 32, Akasia 12; Gerrit Maritz 20, Uitsig 5; Southdowns College 50, Uplands College 12.

Leeus: Monument 40, Hoërskool Rustenburg 7; Noordheuwel 24, Die Anker 12; Helpmekaar 24, Garsfontein 17; Jeppe Boys’ High 39, St. Alban’s College 10; Linden 36, Randburg 0; Fochville 35, Queens High 0; Bekker 38, Leeuwenhof 10; Maragon 24, St. Peter’s College 0; St. John’s College 27, St. Stithian’s College 22; St. Benedict’s College 54, Pretoria Boya’ High 13. 

Limpopo: Hoërskool Pietersburg 57, HTS Tom Naudé 0; Ben Vorster 72, Frikkie Meyer 5; Hans Strijdom 29, Nylstroom 3; Merensky 8, Frans du Toit 6; Ben Viljoen 33, Piet Potgieter 21; Curro Heuwelkruin 48, Louis Trichardt 10. 

Luiperds: Potchefstroom Gimnasium 27, Wesvalia 16; Lichtenburg 20, Hoërskool Klerksdorp 10; Vryburg 54, Bergsig Akademie 14; Hartbeespoort 22, Matlosana 10; Zeerust 36, Schweizer-Reneke 28; Brits 22, Schoonspruit 11. 

Pumas: Hoërskool Nelspruit 43, HTS Middelburg 29; Secunda 69, Bergvlam 10; Lydenburg 12, HTS Witbank 10; Hoogenhout 21, Piet Retief 17; Ermelo 24, Volksrust 5; Ligbron 66, Standerton 0; Penryn College 43, Oosterland 12; Rob Ferreira 40, Generaal Hertzog 23; Kanonkop 17, Barberton 7; Kriel 60, Patriot 5; Steelcrest 24, Witbank High 5. 

Valke: EG Jansen 83, Kempton Park 14; Vereeniging Gimnasium 37, Oosterlig 18; Heidelberg Volkskool 28, Hugenote (Springs) 25; Dr. Malan 16, Driehoek 15; Brandwag (Benoni) 36, Delmas 13; Stoffberg 22, Elspark 0; Hans Moore 17, Birchleigh 17; Balfour 23, Rhodesfield 10; Parys 28, Generaal Smuts 5; Springs Boys’ High 22, Benoni High 17.

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Sentraal 46, Jim Fouché 0; Louis Botha 31, Fichardtpark 26; Diamantveld 52, Hoërskool Upington 9; Noord-Kaap 24, Duineveld 24; Wilgerivier 25, AHS Kroonstad 24; Goudveld-Hoërskool 36, HTS Sasolburg 0; Voortrekker 60, HTS Welkom 0; Welkom Gimnasium 31, Hentie Cilliers 23; Witteberg 46, Hoërskool Kroonstad 14; Bothaville 31, Wessel Maree 17; Hennenman 41, Riebeeckstad 7; Hendrik Potgieter (Reddersburg) 54, Tsoseletso 0; Zastron 18, President Steyn 7; Ficksburg 29, Paul Erasmus (Senekal) 12; Harrismith 54, Ladybrand 5; Kalahari (Kuruman) 25, Kathu 14.

OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

Selborne College 26, St. Andrew’s College 17; Kearsney College 31, Maritzburg College 14; Kingswood College 49, HTS Port Rex 20; Grey PE 52, Graeme College 14.

WES-KAAP

Hoër Jongenskool Paarl 28, Grey-kollege 18; Outeniqua 34, Stellenberg 27; Oakdale Landbou 65, Langenhoven Gimnasium 3; SACS 82, Tygerberg 14; Bishops 50, Durbanville 10; Brackenfell 43, DF Malan 7; Rondebosch Boys’ High 19, Hoërskool Bellville 6; Swartland 39, Charlie Hofmeyr 36; Worcester Gimnasium 46, Hermanus 20; Hoërskool Strand 36, Strand Sekondêr 10; Parow 25, President 17.

 

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.