SuperSport Schools Plus

Blou Bulle laat Loubser weg uit voorlopige CW-span

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-05-19

BlouBulleDie Blou Bulle se voorlopige Cravenweek-span kom vandag om 19:15 teen sy eweknie van die Pumas in ‘n opwarmingswedstryd op Middelburg te staan. Die keurders het die Suid-Afrikaanse Skole-speler, Andell Loubser, uit die span gelaat. Hy sal in die Akademie-span teen die tweede span van die Pumas in aksie wees. Die span van die Pumas is die voorlopige Stedelike Akademie-span. 

Die ander SA Skole-speler in die Ligbloues se geledere die skrumskakel, Embrose Papier, sal wel teen die Pumas sy staal toon. Affies se losskakel, Eddie Fouché, het sy skool se wegholsege van 94-0 teen King Edward VII weens ‘n besering misgeloop en sy skoolmaat, Ruan de Swardt, sal ook teen die Pumas die generaal wees. Fouché behoort egter die Ligbloues se tien-trui in Stellenbosch op die Cravenweek te dra. 

Die flank, Phillip Krause, is die seun van die voormalige Blou Bulle, Leeus en Griekwa-kantman, Piet Krause. 

Die span is: 

15 Abner van Reenen (Garsfontein), 14 Runan Venter (Waterkloof), 13 Stedman Gans (Waterkloof), 12 Louritz van der Schyff (Affies), 11 Austin Davids (Garsfontein), 10 Ruan de Swardt (Affies), 9 Embrose Papier (Garsfontein), 8 Eduan Lubbe (Affies), 7 Brendan Heymans (Eldoraigne), 6 Phillip Krause (Affies), 5 Ruben van Heerden (Affies), 4 PJ Steenkamp (Garsfontein), 3 Mornay Smith (Eldoraigne), 2 Schalk Erasmus (Affies), 1 Luyolo Qinela (Southdowns College). Plaasvervangers: 16 Carl Wijburg (Centurion), 17 Tiny Mokhari (Pretoria Boys’ High), 18 Devon Gouws (Centurion), 19 JP Alberts (Oos-Moot), 20 Stean Pienaar (Menlopark), 21 Wayne van der Bank (Menlopark), 22 Snowy Zondani (Southdowns College). 

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.