Blou Bulle bied op 3 Maart ‘n rugbydag aan
Die Blou Bulle gaan op Donderdag – 3 Maart ‘n rugbyaand op Loftus Versfeld aanbied. Daar kan verwag word dat die Blou Bulle Prestige Hoërskole Rugbyaand in die toekoms net kan groei. Die Hoërskool Waterkloof van Pretoria sal in die hoofwedstryd van die aand teen die Griffons se kampioen van 2015, Welkom Gimnasium te staan kom.
Die kragmeting tussen die Leeus se voorste skolespan van 2015, Monument van Krugersdorp, en die voorste span vanuit Griekwaland-Wes, Diamantveld, sal die vernaamste voorwedstryd vir die hoofmaal van die dag wees. Monnas het verlede jaar in die halfeindstryd van die Beeldtrofee vir Makroskole teen die uiteindelike kampioen, Garsfontein, vasgeval. Garsies sou ook aan die Blou Bulle se aan deelgeneem het, maar weens hul belangrike kragmeting in die Tuks-reeks op Saterdag, 5 Maart teen Menlopark kon die span hom nie beskikbaar vir die fees van rugby stel nie.
Die stryd wat ook vir hope vuurwerk kan sorg is die een tussen EG Jansen van Boksburg en Jeppe Boys’ High. Spanne sal toegelaat word om 26 spelers per wedstryd op ‘n rolling sub-basis in te span. Wedstryde sal 25 minute aan ‘n kant wees met geen stelskoppe wat toegelaat sal word nie.
Die dag sal dus op dieselfde grondslag as die jaarlikse Nuweland Rugbydag vir skole in die Wes-Kaap gespeel word. Die Nuweland Rugbydag vind vanjaar op 15 Maart plaas.
Die bepalings vir die Blou Bulle Prestige Hoërskole Rugbyaand is:
Merensky vs. Pretoria THS
Oos-Moot vs. Montana
Ben Vorster vs. Potchefstroom Gimnasium
EG Jansen vs. Jeppe Boys’ High
Monument vs. Diamantveld
Waterkloof vs. Welkom Gimnasium




